Man ernstig gewond ná mislukte kaping

Foto: ER24

ʼn Motoris (50) was Donderdagmiddag in ʼn ernstige toestand nadat hy verskeie kere geskiet is tydens ʼn mislukte kaping in Rhodesweg in Glenwood, Durban.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die man het drie skietwonde aan sy been opgedoen.

“Ons het die ernstig beseerde man op die sypaadjie aangetref. Ons het hom op die toneel gestabiliseer en daarna met hom na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man is deur drie aanvallers geskiet wat gepoog het om sy voertuig te kaap. Hy was glo steeds in die motor ten tyde van die voorval.

“Hy het skietwonde aan sy linkerbeen opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Gwala gesê.

Dit is nie duidelik hoekom die kapers nie daarin geslaag het om die man se voertuig af te neem nie. Niks is tydens die voorval gesteel nie.

Sake van poging tot kaping en poging tot moord is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leahim ·

Die man moes terugbaklei het soos die vrou wat terugbaklei het en die kapers met hulle eie crowbar gejaag het die klomp lyk vir my is meestal lui lafaards wat staatmaak op die vrees van hulle slagoffers.

Mags ·

Leahim. Jy was nog nie in so situasie nie. Glo my jy skrik jou alie af en probeer kalm bly.
Het ook heeltyd gebid
Ek wens dit niemand toe nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.