Man ernstig ná hy 8 meter ver val

Die pasiënt word op die toneel gestabiliseer nadat hy 8 meter ver geval het Foto: ER24 (verskaf)

Die pasiënt word op die toneel gestabiliseer nadat hy 8 meter ver geval het Foto: ER24 (verskaf)

ʼn 25-jarige man is in ʼn ernstige toestand nadat hy 8 meter ver in ʼn sloot op ʼn konstruksieperseel in Waterval naby Hillcrest, KwaZulu-Natal, geval het.

“Die man het buite die sloot gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man se kollegas het rondom hom gestaan. Hulle het die man glo uit die sloot gehaal.”

Volgens Meiring is die man in ʼn ernstige toestand en hy het kop-, nek- en rugbeserings opgedoen. “Hy is na die Hillcrest-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.”

Die is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar die betrokke dienste was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.