Man gaan op ‘moordtog’ ná meisie verhouding beëindig

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 35-jarige man van Noordwes staan tereg op aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord glo as gevolg van sy vriendin wat hul verhouding beëindig het.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte, James Maluleka van die Legonyane-dorpie naby Brits, het glo Saterdagaand met sy 28-jarige vriendin in ʼn rusie betrokke geraak waarna sy die verhouding beëindig het.

“Daar word vermoed dat die beskuldigde na buite gegaan het, met ʼn hamer teruggekeer en sy vriendin en haar 62-jarige ma daarmee oor hul koppe geslaan het.” Die vriendin is op die toneel dood. Haar ma is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.

“Op sy pad uit het hy op sy vriendin se 25-jarige suster afgekom en haar glo met ʼn panga op haar kop geslaan. Sy is ook na ʼn hospitaal gehaas en is reeds ontslaan.”

Die gemeenskap het die polisie ontbied, Maluleka is opgespoor en dieselfde aand in hegtenis geneem.

Maluleka het Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn. Die saak is tot 7 Desember uitgestel wanneer hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GES ·

Wat kan ‘n mens sê….. Vir sekere mense is ‘n lewe nikswerd nie. Moord is vir hulle so normaal soos asemhaal.

leilanie ·

Diere probeer mekaar red, mense moor mekaar uit. Dan probeer die mensdom my oortuig die mens is slim? Mens lewe is die kosbaarste, geen een het die reg om dit weg te neem nie.

Johann Marx ·

Leilanie? Hoe kan die mens”dom” jou probeer oortuig die mens is “slim”? Die naam sê dit tog al klaar vir jou? “Mensdom!!!”

Nico K ·

En die ironie is dat die meisie is dood en hy sal na so paar jaar uit die tronk uitstap en kan aangaan met sy lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.