Man gebyt, met mes gesteek op plaas

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Man van Noordwes sterk in die hospitaal aan nadat hy Woensdagaand in ʼn huis op ʼn plaas naby Vryburg deur twee verdagtes oorval en met ʼn mes gesteek is.

Alta Swart, die plaaslike streekskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn plaas in die Tlakgameng-gebied gebeur.

Volgens Swart bly ʼn familielid van Alwyn Smit in die huis op die betrokke plaas, maar niemand was Woensdagaand tuis nie. Die alarm van die huis het afgegaan en Smit en sy vrou, wat naby dié plaas woon, het gaan ondersoek instel.

Toe Smit die huis binnegaan, is hy deur twee verdagtes oorval. Volgens Swart is Smit verskeie kere met ʼn mes gesteek en hy het ook talle bytwonde opgedoen. Smit was met sy vuurwapen gewapen en skote is in die proses afgevuur. Een van die verdagtes is gewond.

Swart het bygevoeg daar was baie vinnig boere van die omgewing op die toneel en die twee verdagtes is vasgetrek.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is in hegtenis geneem. Moleko het gesê die 18-jarige verdagte is in sy maag en skouer gewond en sterk tans onder polisiebewaking in die hospitaal aan.

Moleko het bygevoeg die twee verdagtes is vroeër op borgtog vrygelaat nadat hulle op aanklagte van moord en huisroof in hegtenis geneem is. Bykomende aanklagte van aanranding en huisbraak sal nou teen hulle aanhangig gemaak word.

Smit sterk tans in die hospitaal aan en hy is in ʼn bevredigende toestand, aldus Swart. Sy vrou is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Boland ·

Hoe kan hulle borgtog kry vir poging tot moord.O ja hulle is nie wit nie.Wanneer gaan hier dubbel standaarde stop.

Lolla ·

Wonder wat was die borgtog bedrag en wie het dit betaal? EFF?

Wouter ·

Wie is die Bodem wat hulle op borg vrygelaat het. Kla hom ook aan

Irene ·

Alweer op borgtog loop hul vry vir moord nou gaan hul verder en doen dit weer ons regstelsel darem die kis ouens moet sit ai ai ai

Komaan ·

Dis belangrik om te weet watter kleur is die verdagtes want dit is altyd belangrik om te weet watter kleur ‘n BOER is. Wanneer gaan hierdie verskriklike injustice teenoor minderhede einde kry? Wanneer gaan aanvallers by die kleur uitgeken word soos boere by hulle kleur uitgeken word? Wanneer gaan ons op gelyke vlak meeding?

Alki ·

HOE OP DEES AARDE WORD VERDAGTES OP BORGTOG VRYGELAAT WAT WEENS MOORD GEARRESTEER IS WIL EK GRAAG WEET???????????????. HULLE IS ‘N GEVAAR VIR DIE SAMELEWING!!!!!!!!!!!!

Annie ·

Ja ons reg stelsel is regtig uiters swak – die 2 skuldiges – nou gaan wet hulle ook seker nog beskerm en se hulle is nog kinders shame !!!- is op borgtog vrygelaat vir huisbraak en moord en wat gaan staan die 2 b……. en doen weer dieselfde ding. Jammer die een het nie beswyk aan sy wonde nie – hoop hulle word goed gestraf die keer.

Di ·

Op borgtog vrygelaat teen aanklagte van moord en huisroof en klaar weer besig om misdaad te pleeg, Nee rerig!!!!!! Gaan seker nou weer borgtog kry?

Tanzie ·

Hoe word jy borg toegestaan as jy aanklag van moord in die gesig staar? Ek dink elke dag dat ek nou alles gelees het, maar ek word elke dag meer en meer verstom!

B-man ·

Ek word so ontsteld ek oordeel sommer dat die regter wat borgtog aan die skarminkels toegestaan het ook sommer aangekla moet word, maar dis verkeerd om te oordeel…

SjN ·

Hoekom het hul borgtog gekry in die eerste plek. Sterkte aan die gesin.

Mads ·

…..maar dit keer hulle nie om (weer!) te moor as die geleendheid hom voordoen nie…. REGTIG??? Ons flippen regstelsel is so korrup soos ons regering!

Johan ·

Die feit dat hulle op borgtog uit was pla my glad nie. As dit nie daarvoor was nie was een van hulle nie nou gewond nie.
Selfs wanneer hulle nie op bogtog uit is nie roof, moor en verkrag hulle so wat maak dit nou regtig saak.

marous ·

Hoop die landdros , aanklaer , prokureur en ander wat hulle op borg uitgelaat het sien moontlik nie die langnaweek in April nie…

Hettie ·

Hoekom is hulle vrygelaat???? Nee, dit is glad nie reg dat hulle vrygelaat is nie en hulle moet by tronk bly want hulle het vir boer met mes gesteek!

Peet J ·

Die antwoord is baie eenvoudig die twee is op borg vrygelaat om met hulle kriminele aksies te kan voortgaan met ander woorde streng gesproke kan ‘n mens sê die wet is nie eintlik bekommerd oor hulle doen en late tydens borgvoorwaardes nie.

Helene ·

Nee regtig, die Regstelsel is ‘n grap in dié land van ons!! Genade!!

Joker ·

Sjoe 18 en 19…..genade nee sluit hul toe vir altyd daar is nie salf te smeer aan hulle nie!

Stop borgtog ·

Die wereld moet stop om die moordenaars meer regte as die onskuldiges te gee. Stop borgtogte nou!

Johan. H. ·

Kriminele vervolging vir die sogenaamdes wat hulle op borgtog vrygelaat het , niks minder asb,,Hulle is mos nou ook tegnies aandadig aan misdaad, die gespuis..

Jacques Venter ·

Dis n storie wat homself herhaal en herhaal. Moordenaars word op borg vrygelaat om weer te moor

PJC ·

Teen hierdie tyd weet ons mos al wat transformasie besig is om op alle vlakke van die regstelsel aan te rig. Om hierdie rede moet ons baie beter opgelei wees om ons self te verdedig en ook baie goeie veligheidstelsels in plek hê.

Michelle ·

Hoekom word hulle nou net aangekla vir aanranding ȇȠ huisbraak! Hoekom nie poging to moord en huisbraak? Aanranding °̩s mos iets heel anders as om iemand met n mes aan te val n mes °̩s n wapen dus poging tot moord?

Piet Pompies Aanklaer ·

Hulle moet die landros wat die twee borgtog gegee het siviel aankla.

Fred ·

Maak die persone wat vir hul borg verantwoordelik was se name bekend aan die publiek!

Heinrich ·

Mense as julle so iemand vang moet hulle nie weer die son sien opkom nie dis al.

AFRIKANER ·

Hier gebore, die goeie ou dae geken, gesien hoe die land weggegee word, grense oopgegooi word vir misdadigers, onskuldige grondeienaars en voedselproduseerders geteiken word, wanvertolkings deur regslui en mediahuise alledaagse praktyk word en onregverdige hofbeslissings alles wat vroeër reg was nou as verkeerd voorhou en anders-om. Soos die wyse man in die heilige Skrif tereg opmerk: “ek het slawe ter perd gesien, terwyl konings met die voet loop”. Hoe lank moet ons nog gadeslaan hoe ons volksgenote uitgemoor en verneder word onder ‘n klomp goddeloses met geen agting vir mens, wet of ordentlikheid nie? Afgesien daarvan dat ons moet bid en terugkeer tot God, is daar niemand wat vir óns kan opstaan nie? Ek stel voor dat ons as ‘n volk iemand afvaardig (soos Steve bv.) wat ons saak met welsprekende patriotisme kan gaan stel in die VVO en ook by die Amerikaanse Senaat in teenwoordigheid van mnr. Trump. Kom mense, kom ons vorm ‘n verenigde front teen hierdie georkestreerde volksuitwissing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.