Man gee hom oor ná hy boer glo doodslaan

Rick Lovelock is glo met ’n broodkrat doodgeslaan. Foto: Facebook

ʼn Werknemer van ʼn nasionale broodbakkery moet tot vroeg volgende jaar in aanhouding bly nadat hy hom aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op ʼn varkboer van Lydenburg.

Rick Lovelock (59) het die Shoprite in De Qlercqstraat op die dorp op 9 November omstreeks 10:00 besoek om ou brood vir sy varke af te haal, sê brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga.

Terwyl Lovelock, wat onlangs van Newcastle in KwaZulu-Natal na Lydenburg verhuis het, met ʼn winkelwaentjie vol brood op pad uit die winkel was, het hy blykbaar gesien hoe die verdagte, Pete Khanye (36), sy voertuig skraap met die vragmotor waarmee hy brood afgelewer het.

“Lovelock het die bestuurder genader en hom gevra waarom hy sy voertuig geskraap het,” sê Hlathi.

ʼn Rusie het ontstaan en Lovelock is met ʼn broodkrat oor die kop geslaan, wat hom op die grond laat val het. ʼn Ambulans het gekom, maar Lovelock is op die toneel dood verklaar.

Volgens die polisie het Lovelock vir Khanye na bewering twee keer met die vuis bygedam voordat hy met die krat geslaan is.

Khanye het ná die voorval op die vlug geslaan, maar het hom verlede Maandag aan die polisie oorgegee en Dinsdag vir die eerste keer in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy moet in polisie-aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 10 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

tom ·

Ja nee daar sal nou weer gese word die moordenaar is eerste aan geval .Die boer is mos nou dood ek hoop daar is kameras.

Iemand ·

Baie mans gaan dood in vuisgevegte. Seuns moet geleer word om nie driftig te reageer nie, en ten alle tye beskaafd en koelkop te bly. Om om te draai en weg te hardloop voor n vuisgeveg ontstaan is ook. OK

Opsetlik ·

Nou gaan hy om VERSKONING vra en niks gaan hiervan kom nie, hy gaan se die boer het hom die k woord toegesnou en daar stap hy vry uit die hofgebou uit en leef verder voort…

Dela ·

Sjoe, dis so hartseer….die lewe het net so ongelooflik wreed geword. Baie sterkte aan die familie, en of die man wat hom vermoor het nou gaan boet daarvoor of nie….hy gaan nie eendag verby ons Maker kom nie.

Stan ·

Tipies, slaan van agter af en met n wapen!!! Ek verstaan nie hoekom sekere mense so bo die wet verhewe is nie?!! Dis maklik, hy het my die k-woord genoem en ek kom van swaar kinderjare af…… En daar stap jy!!!

Hans ·

Die sekuriteitskamera beeld behoort in die saak aangevra word

swanna ·

Na bewering. Dit is die moordenaar wat beweer dat hy twee mal met die fuis geslaan is en die dooie is nie daar om hom te verdedig nie. Wat ‘n klomp twaak. Nou gaan dit nog selfverdediging ook wees. Bollie.

Hoe nou....... ·

Hy hom homself seker verdedig met n broodkrat……mooi man! Die man gaan nie n vonnis kry nie…..hoor my lied!

TLC ·

Nou gaan dit weer self verdedeging wees
Genugtig jy het iemand vermoor omdat jy skuldig was aan beskadeging aan n man se eiendom
Mag dit wat jou toekom in die selle ontvang
Want jy het klaar die gereg aan jou kant
Sterkte aan familie en friends

pieta ·

Leer die mense dan nooit…waarom die man konfronteer? Neem sy nommer, kry getuies, bel polisie, ens, ens. Moenie probeer Rambo wees nie. Jou lewe is meer werd.

Chris Ws ·

Pieta jy was duidelik nog nooit in so soortgelyke situasie nie.Talk is cheap.

pieta ·

Dit gaan oor keuses. Chris. Niemand het gese dis maklik nie…die resultaat in hierdie geval was die dood.

Catherine ·

Ondersoek jou eie hart. In alle nasies is daar goed en sleg. As jy oordeel weet jy in watter groep jy val.

Lana ·

Wat jy sê is deels waar.
Onthou net – daar is ‘n groot verskil tussen oordeel en opstaan teen verkeerde dinge.
Die tyd van alles wat sleg of verkeerd is net los, is lankal verby.
SA het mense nodig wat standpunt inneem teen die verkeerde/slegte.

Boet ·

Lyk my die polisie was daar voor die voorval gebeur het want die polisie sê die boer het die ou met die vuis geslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.