Man gee hom oor ná hy glo ANC-jeugligaleier skiet

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die skietery waarin Boy Mamabolo, die ANC-jeugligaleier in Limpopo, en drie vriende gewond is.

“Die verdagte was deur sy regsverteenwoordiger vergesel toe hy homself in die vroeë oggendure aan die polisie oorgegee het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagte sal Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn en sal tereg staan op vier aanklagte van poging tot moord. Mulaudzi het gesê Mamabolo is in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal. Sy drie vriende is reeds ontslaan.

Die skietvoorval het omstreeks 21:00 Sondagaand by Waterworld plaasgevind, tydens ʼn geleentheid wat deur Metro FM aangebied is. “ʼn Man het op die slagoffers losgebrand,” het Mulaudzi gesê. “

Mamabolo is ʼn voormalige vriend van Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga en tans leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).
Mamabolo staan tereg op 72 aanklagte van bedrog wat verband hou met sy voorsitterskap van die provinsie se geografiese naamkomitee.

Hy was ook verlede jaar in ʼn hofstryd met Malema gewikkel oor ʼn SMS-dreigement wat hy na bewering aan Malema gestuur het. Hy het glo in die SMS geskryf hy gaan Malema se ma se liggaam opgrawe en haar oorskot sy ouma se huis in Seshego neem. Dit was glo uit weerwraak vir Malema nadat die EFF-leier glo van sy bondgenote gestuur het om Mamabolo se meisie te verlei. Die saak is verlede jaar voorlopig van die hofrol geskrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elfie ·

Haai ek dag mens mag nie die woord “boy” gebruik dit het rassistiese konnotasies he Maroela? Dis nou net ‘n grappie hoor, ek weet sy NAAM is Boy! Sy ma was seker ‘n rassis om hom so te noem. Ag en plaas maar my kommentaar wat, ons moet tog lag ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.