Man gee hom oor ná hy glo vrou met mes steek

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

ʼn Man van Port Elizabeth het hom Maandag aan die polisie oorgegee nadat hy na bewering sy vrou met ʼn mes gesteek het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Martin Stevens (47) het hom Maandagoggend in die teenwoordigheid van sy prokureur by die Mount Road-polisiestasie oorgegee. Die polisie was sedert Woensdag na Stevens op soek nadat sy vrou, Anne-Marie, in haar motor voor haar huis met ʼn mes gesteek is. Sy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

Janse van Rensburg het gesê Stevens sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Die egpaar was glo op ʼn slegte voet en aan’t skei toe die voorval plaasgevind het. Anne-Marie is Stevens se tweede vrou.

Volgens Janse van Rensburg is Stevens se eerste vrou dood nadat hy haar en ʼn vriend in 2000 geskiet het. Hy het daarna homself geskiet, maar dit oorleef. Stevens is destyds vrygespreek nadat die hof bevind het dat hy ʼn sielkundige ineenstorting gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

kan jy nou meer ·

Hoe jammer dat so n persoon toegelaat is om n tweede keer n vrou se lewe te vernietig. Hoop hy word hierdie keer permanent uit die samelewing verwyder.

Bloues ·

Sielkundige probleme of nie, sluit toe en gooi sleutel weg.

Theresa ·

Liewe aardetjie. Dames bly asseblief weg hier………………………………….!!!!!

pop ·

Elsie dis geen rede om n lewe te neem nie. Rondloper vrou of te not. Dis al die hoeveelste keer dat ons dieselfde soort ding lees. Vorige veroordeelde wat dit weer doen. Doodstraf is al wat help vir n herhaling

Poplap ·

Ek stem saam, Pop. Ons het ‘n siek kultuur van slagofferskuld in plaas daarvan om die skuld vierkantig op die skouers van die aanvaller te pak. Dit is een van die redes waarom huishoudelike geweld so ‘n groot probleem is.

Sumari ·

Eerste vrou is geskiet en tweede een met ‘n mes gesteek. Hoop nou hy word vir lank toegesluit as ‘n mens een keer so iets gedoen het sal hulle beslis dit weer ‘n keer doen.

Aster ·

Ja nee, lyk my die mannetjie het waaragtig ‘n klap van die windmeel weg. Mag sy gewete hom pla tot in lente van dae!

Frikkie ·

VAT julle al weer die oordeling uit God se hande?? Dalk het hy gedink dis was ‘n inbreeker wat in die kar gesit het om die kar te KAAP!Wat sou jy dan gedoen het ??sy verlede foute gaan soek?? Ek sê maar net.

johanette ·

Dit is mos soos mense is maak droog en as hulle gevang word dan se hulle net wel my kop raas.
Hy is n probleem hierdie mens wat soek hy nog hy hoord in n inrigting.

Zhara ·

Moet arme Oscar met alle krimenele vergelyk word? Kom by asb, die saak het niks met Oscar eers te vergelyk nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Gooi hom in a hok en sliut hom toe hy hoort nie in die samelewing nie .Die vorige regter het a vout begaan

Eva ·

So dan neem ek an sy eerste vrou het ook op hom verneuk???? Verneuk of nie, waar steek jy jou vrou net met n mes.

Johan ·

Ek wonder of die mense wat so kommentaar lewer ooit ‘n gedagte gee aan die provokasie waaraan mans uitgelewer word. En provokasie is nie ‘n oortreding nie. Verpes enige mens genoeg, aanhoudend en berekend. Wie is die vark in die verhaal?

Ruby ·

Johan, verwyder jou dan van die omstandighede.

Nie die vark nie maar stupid om in ‘n aankomende trein in vas te loop, jy sien mos die chaos kom.

Jakoba ·

Elsie hulle was besig om te skei. Regtig wil jy nou sy poging tot moorsd verskoon. Wat Sy ook al gedoen het of nie gedoen het nie gee hom nie die reg om haar met n mes te sterk nie. Wat is met jou denkwyse verkeerd?

Ruby ·

“…..sielkundige ineenstorting……” Hy moes nog steeds geboet het vir sy dade.

Die regter was verkeerd en het hierdie rammetjie net die groen kaart gegee om nog vrouens af te maai.

Hoop hy sit lank en kry hulp vir sy humeurtjie.

Naomi ·

Arme slagoffer Anne-Marie Stevens, hoop dat jy volkome sal herstel en dat die lewe vorentoe beter sal wees. Baie sterkte.

Lynette ·

Ek vermoed hy het gedink hy sal weer wegkom daarmee, sy sal dood wees en die hele ding word geblameer op die geweld in SA. Moontlike mislukte kaping. Toe word sy vinnig gevind en hospitaal toe geneem en lewe steeds. Dis seker waarom hy sy prokureur gaan sien het en saam polisie toe is.

Lynette ·

Ek vermoed hy het gedink hy sal weer wegkom daarmee, sy sal dood wees en die hele ding word geblameer op die geweld in SA. Moontlike mislukte kaping. Toe word sy vinnig gevind en hospitaal toe geneem en lewe steeds. Dis seker waarom hy sy prokureur gaan sien het en saam polisie toe is.

Strussbob ·

Hoekom dink soveel vrouens dat “hy” nie met my so sal maak soos met sy 1ste vrou nie? “Ek sal hom verander” se gat man-

Poplap ·

Wonder of hy met poging tot moord sou weg kom indien hy die vrou deur ‘n toiletdeur gesteek het.

Miné ·

eks nie lelik nie maar die lank van ons is in sy glory in!!!!!!!!!!!!!!!! waar in die lewe sien jy n man wat n vrou slaan? daai tyd sou daar oorlog gewees het as dit gebeur het… nou isdit n sport vir die mans…. en nog n ding, dalk nie dieselfde onderwerp nie maar watter siek vrouens en mans kry jy wat jou baba sal dood slaan of soos die potch meisies jou kleintjie in n asblik gooi? na jy 9maande aan daardie kind gedra het wat nie gevra het om hier te wees nie… bring dan die kinders vir my…. mense moet regkom die Here straf hard

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.