Man gee hom oor ná moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die man wat na bewering Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte doodgeskiet het, het hom Maandag aan die polisie oorgegee.

Sers. Mthokozisi Ngobese, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het hom by die Alexander-polisiestasie in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger oorgegee. Volgens Ngobese sal die verdagte Dinsdag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

Die verdagte het senior supt. Pumla Dlamini op 14 Januarie glo verskeie kere geskiet by die verkeersdepartement se hoofkantoor in Washingtonweg. Dlamini is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling, maar het kort hierna aan sy wonde beswyk. Hy is Saterdag in Durban ter ruste gelê.

Nqobile Madonda, woordvoerder van die Msunduzi-munisipaliteit, het kort ná die voorval gesê ʼn arbeidsgeskil het moontlik tot die skietery gelei. Sy het gesê die skieter is glo ʼn junior beampte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hoe Edel ·

Hoe Edel klink jy nou. Egter nie sonder regshulp nie. Dit gaan my verstand te bowe dat sulke mense iewers ‘n klomp geld het en net kan uithaal as hulle nou hul speletjie klaar gespeel het. Dit is regtig vir hulle ‘n speletjie, Maak dood, kry regshulp, speel mal (ontoerekeningsvatbaar). Hoe kan jy ‘n ander gesin van hul broodwinner, ‘n verkeerstak van sy leier ontneem en dink jy is nou edel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.