Man gee hom oor na wag omgery is

‘n Skermskoot uit die video toon hoe die veiligheidswag voor die bakkie staan. (Video: Intelligence Bureau SA)

ʼn Agt‑en‑dertigjarige man het hom Woensdagoggend by die Stellenbosch-polisiekantoor oorgegee in verband met die voorval waar ʼn veiligheidswag in ʼn parkeerarea van ʼn winkelsentrum in Stellenbosch raakgery is.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sal die man Vrydag op aanklag van poging tot moord in die hof verskyn.

ʼn Video van die voorval het vroeër die week opslae op sosiale media gemaak. Dit wys hoe ʼn wit Corsa-bakkie die parkeerarea binnekom en in ʼn parkeerplek intrek. Die beeldmateriaal spring dan na waar die voertuig ʼn ruk later uit dié parkeerarea trek.

Die veiligheidswag lê bewegingloos op die grond nadat die voertuig oor hom gery het. (Skermskoot: Intelligence Bureau SA)

Die veiligheidswag probeer die verkeer reguleer en staan effens voor die motor. Die motor ry dan oomblikke later oor die veiligheidswag wat vermoedelik nie uit die pad wou beweeg nie.

Sosialemediagebruikers het met skok en afgryse op die video gereageer.

Die voorval het op 30 April tussen 14:30 en 15:00 plaasgevind.

Die wag is na ʼn nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem. Sy toestand en die aard van sy beserings is in dié stadium onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
RN

Dit lyk vir my of die karwag iets in sy hand het. Wou dalk die windskerm was. Die bestuurder het dit dalk van die hand gewys, en die wag aangehou en nie pad gegee nie. Wat verwag hy dan?? dit lyk nie na ‘n sekuriteitwag nie. Ek kan verkeerd wees. Video maar oeserig.

Wonner

Die golf kom ook van die verkeerde kant van die eenrigting ingery???

Wielspore

Daar is te min inligting om te weet wat gebeur het, vandag se elektroniese media gaan oor “copy and paste” en die leser moet “asume”.

Kallimaari

@Wonner : So? Wat daarvan?

Riaan

Die karwag wou nie toelaat dat die persoon in ‘n “one way” opry nie. Wow – As hy dit probeer doen in die straat gaan daar 20 taxi’s oor hom ry in 3 minute hier in Pretoria