Man gee homself oor ná 15-jarige se skietdood

Betogers Dinsdag by die vragmotor se wrak. Foto: Verskaf

ʼn 46-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat ʼn 15-jarige seun Dinsdagoggend tydens ʼn gewelddadige betoging in Lichtenburg in Noordwes doodgeskiet is.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die man het homself omstreeks 22:00 in die teenwoordigheid van sy prokureur oorgegee. Mokgwabone het gesê die man sal na verwagting Donderdag in die Lichtenburg-landdroshof op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord verskyn.

Peet du Plessis, die man se regsverteenwoordiger, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy kliënt, ʼn inwoner wat buite die dorp bly en in die boubedryf is, is in aanhouding by die Lichtenburg-polisie.

“Ek kan nie te veel oor die voorval uitbrei nie, aangesien dit sub judice is. Ons gaan probeer dat hy vandag [Woensdag] in die hof verskyn om sy kant van die saak te stel, maar het ingestem om die polisie tyd te gun om hul aanvanklike ondersoek te doen,” het Du Plessis gesê. Die man se naam mag nie bekend gemaak word alvorens hy in die hof verskyn het nie.

Volgens onbevestigde gerugte is die man se voertuig glo met klippe bestook en het hy skote afgevuur om homself en sy kind te verdedig.

Die polisie het intussen die 15-jarige seun as Spencer Tshukudu van Blydeville geïdentifiseer.

Maroela Media het vroeër berig Tshukudu, vermoedelik een van die betogers, is Dinsdag omstreeks 08:00 op die Boikhutso/Lichtenburg-pad geskiet.

“Die bestuurder van ʼn wit voertuig het naby Shukran op betogers geskiet en die seun noodlottig gewond. Twee mense, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, is gewond en na ʼn hospitaal geneem,” het Mokgwabone toe gesê.

Die voorval volg nadat ʼn groep inwoners van Blydeville vroeër die oggend die dorp se strate ingevaar, verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor aan die brand gesteek het. Die inwoners betoog glo oor ʼn tekort aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Die spanning in die dorp het vererger nadat nuus oor die seun se dood versprei het. Van die paaie is steeds vir verkeer gesluit en motoriste moet van alternatiewe roetes gebruik maak.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die dade van openbare geweld veroordeel en die publiek versoek om nie eiendom te beskadig of reg in eie hande te neem nie.

“Ons versoek lede van die gemeenskap om kalm te bly en die polisie toe te laat om albei voorvalle te ondersoek. Ons wil dit ook duidelik maak dat geen geweld geduld sal word nie. Die polisie sal nie huiwer om teen enige persoon op te tree wat nie die wette van die land respekteer nie,” het Motswenyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Leon ·

As hulle sy voertuig met klippe bestook het, terwyl sy seuntjie by hom in die voertuig was, was hul lewens in gevaar, en het hy die reg om hul te beskerm! Dis sekerlik selfverdediging. Tensy ‘n persoon nou nie meer die reg tot selfverdediging het nie!

Selfbeskikking ·

Ons soek n land waar ons onsself MAG verdedig! Kom ons begin onderhandel vir ons eie land NOU!

Herman ·

By was wit dis al waaroor dit gaan,dis jammer dis hoe dit gaan in die gemors land van ons

SjN ·

Hoop en vertrou die saak word uit gegooi, moet jy net staan en kyk hoe jou lewe in gevaar gestel word.

Ronel ·

Wat soek ‘n 15 (en 17)jarige in elk geval by die betogings?
Die man in die bakkie het hom en sy seuntjie net beskerm. Of mag mens dit nie meer doen nie?

michelle ·

Hy was seker oppad skool toe petro, baie mense was laat vir hul kinders se skool agv die betoging. Hy bly buite die dorp so hy moet inry skool toe om sy kind te kom aflaai.

Didi ·

HOU OP KLIP GOOI en ander mense se lewens in gevaar stel dan sal daar nie lewensverliese wees nie. Vreemd dat die protesgangers wat trokke uitbrand en menigmaal die arme bestuurders aanrand of selfs doodmaak NOOIT vervolg word nie, maar moet jouself NET NIE teen die klipgooiende massa verdedig nie .. dan sal jy aangekla word vir moord. WAT SOEK DIE KIND DAAR? My simpatie vir protesgangers wat seerkry het heeltemal getaan, want die onskuldige mense wat aangeval en gedood word en hulle eiendom vernietig word se aanvallers kom SKOTVRY daarvan af. Dis tyd dat die REGSTELSEL in SA bietjie bykom .. As jy my lewe bedreig in my huis of in my kar of waar ookal MOET ek myself kan verdedig.

Lynette ·

Ons almal is siek en sat vir swak dienslewering, maar jy vaar nie net die strate in en brand alles af wat jy kry nie.
Dit is verskriklik as mens toegesluit word wanneer jy jouself verdedig – maak mens siek.

christa ·

Mooi so die man het reg gedoen. Almal raak op ‘n stadium moeg vir die betoog vir alles om hulle sin te kry. Hulle wil amal en alles ontwrig want hulle mag mos. Waar is die polisie, dat hulle ‘n bietjie kan inklim tussen hulle.

Tammy ·

Gedink Mr Mbalula gaan n daadwerklike verskil maak aan die misdaad, maar ek kon tot nou nog geen daadwerkike poging sien nie. Wonder wat sy kommentaar is oor die ontwrigting op ons snelwee en sekondere paaie??? Hy het mos die titel so hy moet wys wat hy werd is.

thelsa ·

Gegewe die historiese verloop van vorige soortgelyke voorvalle, is die kans skraal dat die man nie vervolg sal word nie. Die gebrek aan donker pigmente in sy vel maak hom ‘n uitstekende kandidaat vir vervolging in hierdie land.

Theresa B ·

Hier gaan ook weer die dam onder die eend uitgeruk word. Kyk maar………………………..

Melanie ·

Waar is jou reg as pad verbruiker om ongehinderd by jou bestemming tekom bv werk of skool.Hoekom moet alles af gebrand word en jy as onskuldige pad verbruiker met klippe bestook word (as jy ontevrede is or swap diens)Net my opinie sluit die betogers toe en laat hulle vir skade betaal bv gemeenskaps diens doen as jy nie kan betaal,hulle mors belastingbetalers se geld.

siek en sat ·

Die Polisie sal nie huiwer om op te tree teen die wat die wet oortree nie, nou hoekom word daar klippe gegooi na onskuldige mense, dan doen hulle mos nie hulle werk nie. Hoekom word daar onskuldige mense se goed afgebreek en gebrand waar is die Polisie?? Hulle staan en kyk hulle tree nie op nie. By die vorige stakings in Coligny is ‘n hele dorp afgebreek en vernietig maar die Polisie tree nog nie op nie, so wanneer mag hulle dan optree? Hoekom word hulle met vuurwapens uitgeryk as hulle dit nie mag gebruik nie? Ryk hulle dan eerder maar met paintball guns uit.

Louise ·

Sjoe weet julle ne, ek kan ongelukkig nie saam julle stem nie!
Dis net n kind en bly net n kind, betogings kom nie van gister af nie.
Om bloot net in n betoging in te ry en dink niks gaan gebeur nie. Is vir nonsense soek.
Hy moes van beter geweet het, waarskuwing skoot, draai om en verander rigting.
Maar nee self verdediging hulle het my kar beskadig, het my gat gewip en begin skiet! Skaamteloos laat ons mense wat van beter weet dink dis die antwoord op nonsense in ons land. Ek kan net ongelukkig nie die dood van hierdie arme kind reg praat nie. Al was die kinders nie waar hulle hoort nie.

DW ·

Liewe Louise
Was jy daar?
Het hy geweet van die betoging? Het hulle hom nie dalk “ge-ambush” nie – Was hy nie dalk net rustig op pad iewers heen nie en toe ewe skielik is hy binne in die gemors en word sy motor met klippe bestook nie?
Moes hy nie vinnig reageer om hom en sy kind se lewe te beskerm nie? Het hulle nie dalk probeer om sy wapen van hom af te neem nie en hy het nie kans gehad om n waarskuwingskoot af te skiet nie?

Die arme kind het dalk nie verwag om geskiet te word nie, net soos die arme man dalk nie beplan het om by n betoging in te ry nie.

Parakiet ·

Jy praat snert. Dit was die ou se gewone roete skool toe met sy kind, so hoe moes hy sy kind skooltoe neem?? . Wie is jy om vir hom voor te skryf waar hy moet ry? Wie was verkeerd? Die protesgangers, daar is kinders so klein soos 9 wat al ander mense vermoor het. Die feit dat die kind (wat jy nou so jammer kry) ‘n baksteen gegooi het na ‘n kar en die man en sy kind in gevaar gestel het probeer jy REGVERDIG omdat hy ‘n kind is? Janee jy praat die OPTREDE van die OORTREDER reg, maar as die sogenaamde kind die kind in die motor doodgegooi het met ‘n baksteen, wie se kant het jy dan gevat?

Jaco ·

So n mens moet maar net hoop en bid hulle brand nie jou, jou kind in jou kar uit nie? So ons mag met klippe bestook word? Dis juis sulke mentaliteit waarvoor ek moeg is….

LB ·

Louise, ek dink nie jy het al in ‘n gevaar situasie gewees waar jy skielik onverhoeds tussen ‘n gillende skreeuende massa mal mense beland nie. Hulle soek bloed en elkeen wat in die pad kom is ‘n teiken. jy het sekondes om te besluit wat nou … die pad is toe en jy moet vlug vir jou lewe en dit is heel waarskynlik wat gebeur het. skote gevuur om mense uitmekaar te jaag om te kan vlug nie sy gat gewip en ‘n onskuldige seuntjie gedood nie. Dink bietjie verder man, viualiseer jou in daardie omstandighede. Die probleem is gesonde denke is nou uit die mode.

Stofskoen ·

In Afrika is ‘n 15 jarige wat klipgooi glad nie meer ‘n kind nie, dis bog.

Hy het besluit om die klip op te tel en geweld daarmee te pleeg.

Ek wonder wat jy sal doen Louise as jy onskuldige kind by jou gehad het en die 15 jarige en sy trawante hom met klippe bedreig het.
Seker mooi aan hom verduidelik dit is nie mooi om so iets te doen nie?

Ek weet wat ek sal doen, maak nie saak wat hulle daarna met my doen nie.

Sê maar net1 ·

Ons grootste probleem is ons mense wat soos Louise dink. Verdedig altyd die skuldige party en sê jou eie sleg.

SW ·

Nee Louise, jy was duidelik nog nie in sulke konfrontasie nie. Hierdie is die regte wereld, nie n cartoon strokiesprent nie.

Heinrich ·

Louise…
Jy praat nonsens. My voorruit van my vragmotor was al uitgegooi met n klip… N klip is n moordwapen. . . Ouderdom tel nie as jy my aanval ga ek terugbaklei. Ek wonder wat sal jy se as hul jou man of kind met n klip teen die slaap gooi en hy is dood of le in intensief vir maande, ga jy dan nog se , dis net n kind?
Kom by daar is geen verskoni g vir die geweld wat hul gebruik nie, maar geen.

Hendrik ·

Kom ons wag vir die man se naam. Ek glo as dit Jan of Pieter of Steve of Gert was sou ons al geweet het. Ek dink sy naam is dalk Sipho of Moses of Sameul of Philemon daarom moet ons wag tot more toe! My opinie.

Tessa ·

Hierdie is ‘n baie ou strategie van hulle! Tydens die onluste in die apartheidsjare het hulle ook die kinders en vroue as skuld gebruik en hulle in die voorste linies geplaas!

Johan ·

Louise, jy weet nie waarvan jy praat nie, jy was nie daar nie!! Dit is baie maklik om op die “sideline” te sit en kommentaar lewer!! Waar was die polisie toe die man beskerming nodig gehaat het? As hy nie opgetree het nie, kon hy ook dalk vandag net nog n statistiek gewees het. Dink jy regtig n 15-jarige kind is nie in staat om jou ernstig te beseer of selfs dood te maak nie? Kinders hoort op skool en nie in die strate nie, wat soek hy daar?

anonieme lafaard ·

Ek sien parallele tussen die waarskynlike verweer hier en die van Oscar. ‘n Persoon wat sê hy het vas geglo sy lewe was in gevaar, ‘n klomp skote blindelings in die rigting van die gevaar afgevuur en nou is iemand dood. In Oscar se geval was hy skuldig aan moord.

JJVR ·

Louise, ek bly in Lichtenburg en het eerste handse ervaring van die betogings nou asook 6 maande terug. Die “kinders” waarna hier verwys word betoog saam met die volwassenes, plunder, dreig en vernietig en skroom nie om onskuldiges aan te val nie. Hulle het geen gewete nie. Gesels eers met die mense wat aan die ontvang kant is van hierdie “kinders” en kry ‘n beter perspektief voordat jy jou skaar by sulkes. Daardie man het ‘n verantwoordelikheid gehad om sy eie kind veilig te hou, en hoe weet jy of het hy ‘n waarskuwings skoot afgevuur al dan nie…..as dit jou kind wat die “kinders” in gevaar gestel het….so jy dan nogsteeds so geoordeel het??

Stofskoen ·

Ek sien nie sogenaamde parallele nie. Oscar het eers ‘n deur met ‘n krieket kolf probeer oopbreek om by die “gevaar” uit te kom en toe hy nie kon nie vier skote geskiet deur een badkamer deur. Soos ek verstaan, was dit in die geval, Oscar wat die gevaar was.

Johan. H. ·

Die man is my Hero, Dankie maat, waar kan ek bydrae vir jou regskoste, want die rowers gaan jou nou probeer kaal uittrek,, Vasbyt!!!

frenchpeteers ·

Louise, ek kan nie meer met jou saam stem nie. Wanneer gaan die wit mense ophou arrogant dink oor hierdie dinge en begin met hierdie mense kommunikeer en laat ons saam die land opbou. Hulle weet nie beter nie en as ons wat soveel beter opvoeding het nie begin om hierdie mense op die regte pad te bring gaan ons nerens kom nie. As jy al die kommenteaar hier lees dan is dit so aanvallig oor die kind wat nou kamtig nie daar moes wees toe hierdie persoon met opset tussen die klomp inry en begin skiet nadat hulle sy voertuig met klippe gooi. Ons land val uit mekaar en een van die grootste redes is oor die mense wat eerder op hulle kniee moet gaan en dankie moet se vir hulle verlede, die omstandighede in die land die swakste hanteer. Wil alles net reg omkoop of skiet. Die optrede van die verlede gaan ons nerens bring nie mense. Ons bly nou in hulle land, kom ons werk saam en maak ‘n sukses van die land. Al is dit net vir ons kinders se onthalwe.

Stofskoen ·

Daar is ander maniere om te betoog wat nie geweld insluit nie.

As jy bereid is om ‘n klip op te tel en daarmee te betoog, moet jy bereid wees om geweld terug te ontvang.

Heinrich ·

French as jy wakker word is jou koffie koud en jou familie verkrag gemartel en geroof, maak net buetjie jou oe oop en kyk wat om jou aangaan. Jy kan nie met so n skare onderhandel nie. Asb as daar weer sulke voorvalle is gaan wys ons hoe jy tussen hulle instap en hul “ophef” ek wil dit sien…

Belastingbetaler ·

Hulle land? Wie is hulle? As dit nie witmense se land is nie, hoekom betaal ek dan nog belasting? Jy is deurmekaar.

Gys ·

As die polisie daar was om die skarre mense te beheer sou dit nie gebeur het nie. Blameer die polisie vir wat gebeur het. Hulle moet saam met die man in die hof verskyn en verduidelik hoekom hulle nie die publiek beskerm het nie soos hulle werk mos is.
Dit is self verdediging , hy het sy kind en sy eie lewe beskerm.soos die wet dit toelaat

De Villiers ·

Wat ek tot nou toe nog nie kon verstaan nie, is waarom hulle hul altyd wend tot die vernietiging van eiendom wanneer hulle griewe het. Wat op Aarde het eiendom met hulle woede te doen. Nog meer onverstaanbaar is wanneer hulle die eiendom beskadig en afbrand van ‘n instansie vir wie hulle kwaad is, maar afhanklik is van die eiendom, soos busse, passasierstreine en klasse by universiteite. Absolute barbaarsheid. Maar sodra hulle onskuldige mense se eiendom begin beskadig, soos hierdie geval, moet hulle weerstand terug verwag, soos wat nou gebeur het. ‘n Mens sal verwag dat daar hard teenoor die vandaliste opgetree moet word deur die owerhede, maar ongelukkig het baie van hulle dieselfde gedoen op hul jonger dae. Catch 22.

Johan. H. ·

Jan Alleman, ons dink die selfde. Almal kan Bla Bla , Tot dit met jouself gebeur, My humeur is egter bietjie korter…Hierdie was iets wat gewag het om te gebeur Niemand maar Niemand moet nou kla nie.. As jy iemand wil seermaak asg, van jou neandertal opvoeding moet jy nie kla nie, TaTa.

Dirk ·

Mbalula het net ‘n groot mond en is ‘n flambojante leuenaar. Alles gaan vir hom oor sy selfbeeld. Hy het dan nou die weermag gevra om te help met misdaad bestryding.

Zane ·

Ek wonder hoekom daar nog geen berigte is oor die gebeure Maandagaand naby Welkom toe ‘n Greyhound bus onder betogers deurgeloop het. Die betogers het die bus bestorm, die passasiers aangerand, beroof en toe die bus aan die brand gesteek. Nêrens in die Hoofstroom Media is daar oor die gebeure berig nie, of het ek dit net gemis?

jan_alleman ·

want jy bly in n land waar die kommunistiese regering vir die media voorskryf wat hulle mag se en wat nie

Ebs ·

Kinders behoort gearresteer te word as hul;e betoog. Dit is ‘n vuil truuk wat die ANC en EFF gebruik om lafaards te beskerm. Waar is die polisie om sulke dinge te voorkom?

maureen van wyk ·

Ons bly buite Licthenburg. Moet ‘n ompad ry om in die dorp te kom. Kinders van so klein as 5 jaar het takke in die pad gegooi en aan die brand gesteek. Ek sou ook geskiet het as my voertuig met klippe gegooi word en ‘n kind in die kar gehad het. ‘n Kind van 15 jaar hoort in die skool nie in die pad om voertuie met klippe te gooi nie. So julle wat oordeel bly nie in Lichtenburg nie. Ons het al hierdie pad geloop.

broos ·

jammer vir die kind se dood MAAR wat het hy daar gesoek???? 15 jariges hoort op skool 08:00 in die oggend en nie in die strate nie! die man het net gedoen wat hy gedink het reg is om sy kind te beskerm. hou op kinders gebruik vir die betogings – julle hele lot betogers het net soveel skuld aan daai kind se dood.

sarel ·

wel ek dink dit het gewag om te gebeur so mbalula moet nie huil nie jy is al gewaarsku en jy luister niks ek weet dit gaan nou net meer gebeur en as betogers my lewe in gevaar stel sal ek my weg oop skiet deur betogers want hulle het nie n reg om te betoog nie hulle moet gaan werk vir dit wat hulle wil he so in werklikheid is dit n misdryf as jy betoog en moord want jy het die betoging beplan en geweet die kanse is 90%dat iemant dood sal gaan
en ons wet se as dit beplan is is dit moord

W ·

Indien die betogers toegelaat word om op openbare paaie en plekke ander mense se lewens in gevaar te stel is dit wat hier gebeur het’n gegewe. Mense is bang en paniekbevange. Hoe lank gaan dit nou al so aan. Die President van die land, die regering en die betogers self is konstruktif medepligtig in hierdie geval en behoort as sodanig saam met die skieter aangekla te word.

Rentia ·

As jy wil uitdeel moet jy kan vat ook. Meneer jyt niks verkeerd gedoen nie. Inteendeel moet sulke gevalle meer gebeur.

Louise ·

Jammer ek staan by my punt.
Maak nie saak wat die ras is nie. N kind het nie nodig om in geweld te sterf nie.
Die man het kans gekry om sy geweer uit te haal en te skiet, maar nie om weg te ry nie.
Dis jammer ek stem dat kinders betrokke raak by hierdie tiepe betogings. Maar om bloot net los te trek en te begin skiet, is net nie die antwoord nie.
Hom ge-ambush, mag wees. kinders 9jaar met vuurwapens is seker die toekoms van die land en ja ek was nie daar nie. Maar mag ek nooit myself eendag in n posisie bevind wat ek moontlik kon verander en die lewe van n kind eindig nie. Ek sal nooit met myself kan saam lewe nie. Ek verstaan mense raag keelvol vir die omstandighede in die land, maar ons moet regtig ons kop en nie emosies gebruik nie.

Heinrich ·

Ai Louise,
Ek bid weer dat dit wel met jou sal gebeur, miskien kan jy dan uitklim en na hul toe stap en mooi vir hul vertel, jinne jong, jy maak nie nou mooi nie, jy is nou baie stout, luister nou mooi vir die tannie, sit jou klippies neer, draai om gaan huistoe en asb gaan sommer en doen jou huiswerk ook, jy is mos in die skool of hoe.

A Kellerman ·

Louise,nou vertel ons hoe ons onsself en ons eiendom moet beskerm,of mag ons nie?Daar is al meer as een geval waar klipgooiers motoriste gedood het.
Om openbare paaie te versper en motoriste te terroriseer is tog sekerlik onaanvaarbaar?

SD ·

Louise bly jy in Lichtenburg? Ken jy die area? Die man bly NET buite die dorp, daar is nie ‘n ander manier om in die dorp te kom nie. Maklik om te oordeel as jy nie al die feite het nie!

Deon ·

Die man het ook sy werkers op sy bakkie gehad, dus was hy verandwoordelik vir hulle lewens ook. Die betogers sou hulle aangerand het omdat hulle werk toe gaan en nie saammet hulle staak nie. Nadat hulle die trok vol hoenders vroegoggend uitgebrand het, moes die polisie mos geweet het daar kom moeilikheid. Hoe maak dit in elk geval sin dat privaat eiendom gebrand word as dienslewering die probleem is? Dan moet hulle mos by die munisipaliteit betoog? Moet jy dan eers vir ‘n betoger vra hoe oud is hy voor jy jouself beskerm?

Hans ·

Brand vragmotors, gooi voetuie met klip en tree barbaars op. Geen saak gemaak vir brand stigting nie. Geen saak gemaak vir poging tot moord om mense wat binne n voertuig gesit het, hulle voertuie met klip te gooi nie. Beskadiging van private eiendom, geen saak is gemaak nie. Waar was die SAP toe? Vis en chips geeet. Wit man tree uit self verdediging uit op, skielik kan die vis en chips was, daar is n wit man wie ons moet toe sluit. Pateties!

Alida ·

Die sogenaamde “kind” betoger klipgooier hoort in die skool of die tronk!

Belastingbetaler ·

Ditsem. Stel my in gevaar, dan val jy pa. Kind se dinges. Op 15 word daar lankal gebrand, geroof en verkrag.

Susan ·

So is lekker ons lewe mag verwoes word en so moet ons ” kalm” waar trek mens die lyn en sê dis nou genoeg!??!!??!? Of gaan ons maar vir die res van ons lewe maar kalm bly en agter oor sit en sien hoe als vernietig word deur hulle.

Manie ·

Die wet het vir jare net die betogers, brandstigters en diewe wat onder die vaandel van betogings almal in die land”ransom”gehou. Ek het al lankal gedink dit wat nou gebeur het gaan plaasvind. As hulle my of my familie bedreig dan tree ek dieselfde op.

ben ·

nee nie vis en tjips nie seker berral KFC dis wat staat amptenaare koop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.