Man gee homself oor ná Brits-moord

Louw du Plessis. Foto: Facebook

Louw du Plessis. Foto: Facebook

Die man wat homself aan die polisie oorgegee het ná die moord op Louw du Plessis (68) in Brits, Noordwes, verskyn Dinsdag weer in die plaaslike landdroshof.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Paulus Letawane (45) het homself sowat drie weke ná die moord aan die polisie oorgegee.

Maroela Media het vroeër berig Du Plessis se liggaam is op 27 Mei in sy huis in Voëltjiedorp in Brits gevind. Daar was ooglopende beserings aan sy liggaam en sy hande was met skoenveters vasgemaak.

Du Plessis se selfoon en ʼn kluis met ʼn vuurwapen daarin was ná die moord uit die huis vermis. Sy Nissan NP200-bakkie was ook vermis, maar is later verlate in die Letlhabile-nedersetting gevind met waatlemoene agterop.

Mokgwabone het destyds gesê Du Plessis is die laaste keer saam met twee van sy werknemers gesien, maar die werknemers is sedertdien soek. Hy het bevestig dat die man wat homself aan die polisie oorgegee het, een van Du Plessis se werknemers was.

Nog inhegtenisnemings word verwag. Enigiemand wat die polisie kan bystaan met meer inligting word gevra om sers. Leonard Thoboka by 071 674 8763 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

snoefie ·

hier kom alweer n loon/mishandeling/molestering dispuut wat geweldadig gedraai het en die arme werknemers was gedwing om geweldadig op te tree. siestog fooitog fooitog.

sarie van heerden ·

En dan wil mense weet hoekom ons simpatie opdroog vir mense in afgebrande plakkerskampe

Ben Prinsloo ·

Mooi gestel Sarie, inteendeel geen simpatie van my af nie, jammer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.