Man gee homself oor ná verkeersbeampte sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motoris van Limpopo wat Sondag in Tzaneen glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, is in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig die 40-jarige verkeersbeampte, deel van die Groter Tzaneen-munisipaliteit se Mopani-distrik, was op die R36 naby die Macdonald-varsproduktemark aan diens toe ʼn motor hom gestamp en die motoris weggejaag het. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het ongeveer 15:30 plaasgevind.

“Die motief vir die ongeluk is nog nie bekend nie, die ondersoek duur voort,” het Ngoepe gesê.

Volgens hom het die motoris homself Sondagaand by sy naaste polisiestasie oorgegee.

Die verdagte verskyn Dinsdag in die Tzaneen-landdroshof op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Wat se strafbare manslag. Die verkeersbeamte is dan dood m.a.w. dit moet mos nou ‘n moord saak wees???? —– Of is iemand nou weer besig met iets wat stink.

Jo ·

Ek is nie ‘n kenner van al die regte wettiese terminologie nie, maar is dit nie moord wanneer daar met voorbedagte rade iemand doodgemaak word en wanneer so iets gebeur wat nie beplan was nie, word dit strafbare manslag genoem nie? As die motoris die verkeersbeampte met opset doodgery het omdat hy dit beplan het, sal dit moord wees.

Vra maar net ·

Jan maak ‘n plan, Ek stem. Saam en dit nogal ‘n tref en weg ry. Ek ruik ‘n rot!

Speedguard ·

Vra ek ook , hul kyk seker vir rem merke op die pad oppervlak sonie was dit doelbewus , hoe nou, wat nou, waar?

Tiger ·

Ons van agter deur ‘n persoon met ‘n Land Cruiser getref toe my man wou regsdraai op ‘n grondpad by ‘n boer se plaas pad in.DIe stof op die dag wat ons motor opgeskop het omdat dit in die winter was en die pad poeier gery is was erg.Ek was 42 dae in ICU en 4 maande in die hospitaal.My man is net lig beseer want hy ons voertuig is aan die linker helfte getref.Die Land Cruiser het omgeslaan agv sy spoed tydens die botsing.3 jaar later en ek leer nou weer loop agv van die brein besering wat ek opgedoen het.Ek sal nooit weer kan doen wat ek altyd kon nie want my een hand werk ook nie.Die bestuurder van die Land Cruiser het ‘n R500 afkoop boete betaal vir roekelose of nalatige bestuur 4 dae na die ongeluk terwyl ek nog in ‘n koma was.Is dit regverdig?

Karolis ·

Daar is Prokuruers wat spesialiseer in hierdie rigting en groot sukses behaal. Eise teen die padongelukfonds is traag maar redelik die moeite werd.

Maggie van Zyl ·

http://www.mfv.co.za – Munro Flowers & Vermaak prokureurs spesialiseer in hierdie tipe sake. 011 327-5418 – hulle werk op ‘n kommissie basis, wat die proses baie minder “pynlik” maak.

CHRISTOFFEL ·

Joann. Ek ken die verkeersbeampte wat aandiens gesterf het persoonlik. Hy was ‘n man met integriteit. Hy wou ‘n jaagduiwel wat nie by ‘n drierigtingstop gestop het nie, en verskeie voertuie op die R36 oor ‘n dubbelsperlyn verbygesteek het, voorkeer. Hy was per radio ingelig en was defnitief nie aan die slaap nie. Die jaagduiwel is die seun van die staatsaanklaer, en sal defnitief borg kry. Gee hierop kommentaar en wys jou integriteit deur aan die verkeersbeampte se naasbestaandes verskoning en simpatie te bied.

CHRISTOFFEL ·

Joann. Die verkeersbeampte wat aandiens gesterf het, was persoonlik aan my bekend. Hy was ‘n man van integriteit. Hy het per radio opdrag gekry om ‘n jaagduiwel, wat nie by ‘n drierigtingstop gestop het en verskeie voertuie op die R36 pad by dubbelsperlyne verby gesteek het, voor te keer. Hy was defnitief nie aan die slaap nie! Die jaagduiwel is die seun van die staatsaanklaer en sal sekerlik borg kry. Wys jou integritei en vra die verkeersbeampte se naasbestaandes om verskoning en bied jou simpatie aan.

Eben Kitching ·

Die land se wette werk mos soos volg: As n witmens ‘n swarte per ongeluk dood, dan is dit moord en as n swarmens n witmens per ongelyk dood maak, dan is dit strafbare manslag. En as jy verstaan wat ek sê, dan is jy ‘n rassis.

m ·

Hoe ry jy iemand om en jaag net weg. Het niemand meer iets soos ‘n gewete nie. Die feit dat die persoon hom nou oorgegee het maak niks reg nie. Die arme man se familie moet nou prober cope met wat gebeur het….

Nico ·

Sterkte aan die verkeersbeampte se familie speuders van n ander dorp moet saak ondersoek as jy iemand raak ry en wegjaag dan moet daar dan iets fout wees jy sal nie wegjaag as jy weet dit is nie jou fout nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.