ʼn 57-jarige man van Pretoria het homself Sondag aan die polisie oorgegee nadat hy glo sy 48-jarige vrou vermoor en sy 21-jarige dogter aangeval het.
“Die Schurveberg-polisie is Sondagoggend omstreeks 04:00 na ʼn toneel ontbied waar ʼn 48-jarige vrou dood aangetref is,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Haar liggaam is met ʼn duvet-oortreksel bedek. Haar 57-jarige man het haar na bewering aangeval.”
Die man het na bewering ook sy 21-jarige dogter met ʼn skerp voorwerp aangeval. “Sy is in die Brits-hospitaal opgeneem,” het Selepe bygevoeg.
Die man het glo met sy agtjarige seun gevlug. Hy het die kind later by familievriende gelaat.
“Hy het aan die familie gesê hy sal homself aan die polisie oorgee, en hy het intussen by die polisie aangemeld,” het Selepe gesê.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.
Die vrou se naam word nog weerhou om seker te maak dat al die naasbestaandes eers van haar dood in kennis gestel word, het Selepe aan Maroela Media gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Hierdie is n baie baie hartseer en tragies skokkend nuus wat ek ontvang het. Ken haar en hul familie al baie jare. Ek is so jammer. Rus in vrede vriendin, jy sal altyd onthou word. Het die man se drug verslawing hierin n rol gespeel? Die dogter is uit haar vorige huwelik gebore en hul 9jarige seun het als aanskou! My innige simpatie aan jul familie.
Sterkte en simpatie aan die kinders.