
Die gesin Egiptiese ganse steek Adderleystraat by die Groote Kerk (agtergrond) oor, oomblikke voor die bestuurder van die motor regs van hulle na bewering voet neergesit en twee van die babaganse doodgery het. Foto: DBV Kaap die Goeie Hoop via Facebook
Klagte is aanhangig gemaak teen die motoris wat blykbaar doelbewus oor ʼn gesin kolganse gejaag en twee van die babagansies doodgery het in die Kaapse middestad.
Belinda Abrahams, woordvoerder van die Kaap die Goede Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV), het bevestig die motoris is geïdentifiseer en dat die DBV klagte ingevolge die Dierebeskermingswet by die Kaapstad-polisiestasie aanhangig gemaak het.
“Ons wag nou om van die polisie te hoor of die motoris al in hegtenis geneem is. Ons glo daar is genoegsame bewyse om voort te gaan met die saak.”
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig klagte is aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Kapenaars het ontstoke gereageer op die voorval Vrydag op die hoek van Spin- en Adderleystraat. Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, was een van die verbygangers wat dit sien gebeur het.
Die DBV het vroeër gesê hulle is in kennis gestel van die “hartelose” daad waarin die babaganse blykbaar met opset doodgery is.
“ʼn Verbyganger was besig om die gesin kolganse af te neem … toe die voorval gebeur wat tot die gansies se dood gelei het. Ons het ook ʼn werknemer na die toneel gestuur om die oorskot bymekaar te maak vir die doel van ʼn nadoodse ondersoek. Ongelukkig was dit reeds verwyder en kon nie opgespoor word nie.”
Die DBV sê hulle is dankbaar vir die ooggetuies wat na vore gekom en verklarings afgelê het, sowel as fotografiese en videobewyse.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
37 Kommentare
‘n Mooi foto sal ons pas van die vieslike mens
Ja, plaas sy foto sodat ons kan sien hoe lyk die idioot. Sou ook graag wou weet wat gaan in so ‘n twit se brein aan om sulke dinge te doen.
Stem saam – ons wil sien hoe iemand lyk wat so-iets doen. Wat doen hy met ander diere?
Die fotograaf kort n medalje. Pragtig.
..nadoodse ondersoek op n kuiken wat gesquash is…mooi man …:)
Sou seker die hele lykshuis tot stilstand bring vir oorle kuiken se disseksie ….
Maar daar is kwalik tyd en finansies om na die MENS om te sien …