Man geïdentifiseer wat glo gansies doodry

Die gesin Egiptiese ganse steek Adderleystraat by die Groote Kerk (agtergrond) oor, oomblikke voor die bestuurder van die motor regs van hulle na bewering voet neergesit en twee van die babaganse doodgery het. Foto: DBV Kaap die Goeie Hoop via Facebook

Klagte is aanhangig gemaak teen die motoris wat blykbaar doelbewus oor ʼn gesin kolganse gejaag en twee van die babagansies doodgery het in die Kaapse middestad.

Belinda Abrahams, woordvoerder van die Kaap die Goede Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV), het bevestig die motoris is geïdentifiseer en dat die DBV klagte ingevolge die Dierebeskermingswet by die Kaapstad-polisiestasie aanhangig gemaak het.

“Ons wag nou om van die polisie te hoor of die motoris al in hegtenis geneem is. Ons glo daar is genoegsame bewyse om voort te gaan met die saak.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig klagte is aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Kapenaars het ontstoke gereageer op die voorval Vrydag op die hoek van Spin- en Adderleystraat. Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, was een van die verbygangers wat dit sien gebeur het.

Die DBV het vroeër gesê hulle is in kennis gestel van die “hartelose” daad waarin die babaganse blykbaar met opset doodgery is.

“ʼn Verbyganger was besig om die gesin kolganse af te neem … toe die voorval gebeur wat tot die gansies se dood gelei het. Ons het ook ʼn werknemer na die toneel gestuur om die oorskot bymekaar te maak vir die doel van ʼn nadoodse ondersoek. Ongelukkig was dit reeds verwyder en kon nie opgespoor word nie.”

Die DBV sê hulle is dankbaar vir die ooggetuies wat na vore gekom en verklarings afgelê het, sowel as fotografiese en videobewyse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Neels ·

Ja, plaas sy foto sodat ons kan sien hoe lyk die idioot. Sou ook graag wou weet wat gaan in so ‘n twit se brein aan om sulke dinge te doen.

Waarheid ·

Stem saam – ons wil sien hoe iemand lyk wat so-iets doen. Wat doen hy met ander diere?

Spur ·

Hoe lyk iemand wat vleis eet? Solank iemand anders die bees slag. Hy weet nie eers watter tipe ras bees dit is nie. Dalk ‘n os, of koei. Dalk nog jonk sodat dit nie taai is nie. Lekker sappige vleis. Hoe lyk so iemand? Al in die oë van ‘n skaap gekyk wanneer sy keel oopgesny word? Hoe slag mens ‘n skaap? Maklik! Dis net ‘n dier en ons moet eet.

Absolute Waarheid ·

Wat doen hy met ander diere? Eet hulle! Slag hulle. Noem dit steak en wors en biltong en tjoppies. Heen respek vir die skepping van God nie.

Oop oge ·

..nadoodse ondersoek op n kuiken wat gesquash is…mooi man …:)
Sou seker die hele lykshuis tot stilstand bring vir oorle kuiken se disseksie ….
Maar daar is kwalik tyd en finansies om na die MENS om te sien …

Johann cb ·

Ai “Oop oge”, hoe lekker lag ek vir jou bekkige kommentaar!
Gaan die arme bestuurder nou régtig vervolg word oor uitheemse diere wat indringers is? Dit is wragggies vlak! Wat as dit ‘n ongeluk was? Geen menselewens was betrokke nie! Ai tog…

#?? ·

Lykskouing, wat nie plaasgevind het nie, sou deur die DBV gedoen word. DBV doen nie lykskouings op mense nie.

Griet ·

@oop oge. As oop oge soo lyk, verkies ons wat respek het v ALLE lewe, liewer om toe oge t wees. Daai persoon het saam met jou Geen maar Geen respek v lewe ni. Hetsy dier of mens.

Helene ·

Goed gestel Griet!! As jy geen respek vir ‘n dierelewe toon nie, het jy ook nie respek vir die mens nie.

Grote Griet ·

Grote Griet! Respek vir alle dierelewe! Hoe aaklig was dit nie om daardie muis te vergiftig nie? Wreed! Maar daar is nie ‘n video nie en dis ‘n verdomde plaag. Maak dood die muise!

m ·

met selfies, fotos en videos oral deesdae word sulke dinge gelukkig vasgepen en uitgeroei

Koggelmander ·

Die bloukopkoggelmander lê in die pad en en kar kom en ry hom plat. Wreed!

Slagplaas ·

Met video sal ons alle biltongeters afneem – geen respek vir lewe deur God geskape nie.

Blommie ·

AI ou GROTE GRIET, jou redinasie maak mos nou glad nie sin nie.
As jy alle diere dan nou wil vergelyk met mekaar dan kan mense mos honde ook dood ry DOELBEWUS of hoe se jy dan nou.
Dis belaglik man, hy moet kry wat hom toekom en die diere dring nie in ons habitat in nie.
Ons het in hulle habitat in gedring, julle logieka laat my stom
Wat hy gedoen het is wreed en hy moet BETAAL DOELBEWUS vir wat hy gedoen het en asb NAME EN SHAME hom!

$killiekindNL ·

Die ou is gek. Vir so n daad moet hy n groot boete betaal in my opinion. :-{

Sakkie die Sielkundige ·

My vrou kry ‘n miernes in die kombuis. Sê die miere is die jaar erg. Ek haal my blikkie Doom van die rak af en mik!namdie miere. Met voor ek spuit dink ek: Maar dis lewe! Dis lewe deur God geskape. Ek kyk na die miere. Een vir een hoe hulle krummels dra. Van die lekker tjoppie wat ons gister-aand geëet het. Ek kom nader met die Doom. Maar daardie miertjies werk al vroeg. Hulle is nie lui nie. Ek dink aan: Gaan na die miere luiaard en word wys. Hierdie miere leer my ‘n les. Ek kyk skuldig na die blikkie Doom in my hand. Hoe kán ek? Hoe kan ek die lewe vat van God se skepping. Wreedaardige massamoord.

HPV ·

Dalk weet die persoon nie eers hy het van hulle raak gery, hy sou hulle nie reg voor sy motor kon raaksien en het dalk gedink almal is reeds verby die motor. Persoonlik dink ek mens moet eers sy kant van die storie hoor voor mens hom allerhande name noem.

Rabes ·

Dis nog die beste kommetaar wat gelewer is dankie HPV die ander veroordeel en indien hulle verkeerd is word daar nie verskoning gevra nie.

Judge Dredd ·

Dit is wat ek ook se.
Meeste mense het nie eers die video besigtig nie.
Die halwe video wat ek gesien het, was al die ganse behalwe 3 kleintjies reeds aan die kant van voertuig, so dit kon moontlik wees dat die drywer gedink het dis veilig om te ry.

Duisendpoot ·

Al daardie duisendpote wat in die Karoo doogery is terwyl hulle die pad kruis, was so wreed gewees om te sien hoe vragmotors oor hulle ry.

My Trots ·

Wisconsin man bags 19-point buck after hunting animal for years: ‘I cannot believe this’

Dawie ·

Ok mense, dit was wreed om die gansies dood te ry. Het iemand die res alweer gesien of het die straatkatte en rotte dit opgevreet? Hoeveel geld en energie word hier gebruik wat eerder op bende geweld en plaas moorde aangewend kon word.

Johnnie ·

Dankie Sune dat julle ons as lesers op hoogte hou met saak ons wag om te hoor wat die gemors se naam is seening vir julle.

Wonder net ·

Ek wonder net of dit regtig nodig is dat die man in hegtenis geneem moet word????? Geen publikasie van sy weergawe is geplaas nie. Waarom is die eende nie in n park waar hul veilig kan wees en hoort nie? Dis nie hulle plek in die strate waar voertuie ry nie. Die DBV moet die skuld dra hiervoor. Hul moes lankal hul werk gedoen het en die eende gedin verwyder het. Die arme motoris.

Miekie ·

Ekskuus tog WONDER NET. Die arme kolganse se gebied is deur die mens oorgeneem.
Voels hoort nie in ‘n hok nie, In baie Europese lande is daar padtekens hier kruis Kiwi’s (Die voeltjie natuurlik) hier kruis ganse in Australie hier kruis Kangoroes, Is dit regtig nodig om enige dier maak nie saak of dit ‘n Olifant of ‘n slang is dood te ry. Gelukkig het die meeste slange die vermoee iewers in die motor se enjin vas te vang en dan om die enjin te draai. Ongelukkig is die eerste een wat die engin kap oopmaak nie die een wat oor hom gery het nie

jakes ·

Laat Mike Bolhuis die saak ondersoek. Of die gespesialiseerde eenheid vir georganiseerde misdaad.

Sies ·

Ag hy gaan NIKS oorkom nie .. net ‘waarsku’ en laat gaan .. net om die PUBLIEK te troos . ons is nie MORONE nie.

miekie ·

Sarkasme is die eerste tekens van ‘n verotte brein Jakes

Padtekens ·

Die gansies het duidelik die padtekens verontagsaam volgens die foto. Die ouer gaanse moes van beter geweet het. Die persoon kon nogsteeds gewag het tot die gaanse veilig was.

brens ·

Dink jyl regtig nie dalk het die man gedink die gansies is klaar verby nie? dis gruwelik indien nie. Dis omdat mense niks respek vir die natuur en diere etc het nie, en dat hul sulke vieslike kommentaar lewer en aaklig raak met mekaar. Ons kan nie eers meer ordentlik kommunikeer nie, dit gaan oor RESPEK!

liz ·

Dit gaan my verstand tebowe dat sommige wat hier kommentaar lewer dit as ‘n grap beskou geen wonder hierdie land is so siek nie, as jy nie eers respek het vir daardie klein skeppinkie het wat homself nie kan verdedig nie hoe het jy respek vir jouself en medemens, REGTIG?

AH ·

Liz, ek stem 100 persent saam met jou! Dit is die onderliggende probleem met die hedendaagse samelewing: geen respek nie!! Alles wat verkeerd gaan kan daarmee verbind word: Geen respek vir lewe, besittings, waardes ens. ens. ens. Baie siek inderdaad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.