Man geloof vir ‘heldedaad’ ná fietsryer geskiet word

Die gewonde fietsryer word in die ambulans gelaai. Foto: Facebook via Jon-Jon Pietersen

ʼn Barmhartige verbyganger se dapper en vinnige optrede is waarskynlik die rede dat ʼn fietsryer Saterdag ʼn gewapende rooftog, waartydens hy twee keer geskiet is, oorleef het.

Jon-Jon Pietersen (40) is egter nederig oor mense wat hom as ʼn “held” bestempel. “Mense sê ek is ʼn held, maar ek is net iemand wat iemand anders gehelp het wat in die moeilikheid was. Indien so iets met my gebeur, sal ek wil hê iemand moet my help, daarom is daar geen manier op aarde dat ek net sou wegry nie,” sê hy.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 51-jarige man moes Saterdag per helikopter na ʼn hospitaal geneem word nadat hy naby die Letamo-landgoed in die Kromdraai-gebied in Krugersdorp deur drie rowers oorval is.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het bevestig drie mans het die fietsryer voorgekeer, hom van sy fiets en skoene beroof en hom geskiet.

Pietersen vertel hy en ʼn vriendin het in die Kromdraai-gebied gery, op soek na nuwe staproetes. Pietersen bedryf ʼn stapklub. “Ons het stadig oor ʼn spoedhobbel gery en my venster was oop, toe ek hoor hoe iemand roep: ‘Help my!’”

Volgens Pietersen het hy uitgeklim en rondgekyk om seker te maak hulle word nie dalk in ʼn lokval gelei nie. Dit is toe dat hy die gewonde fietsryer langs die pad naby bosse sien lê. In hierdie tyd het nog ʼn voertuig agter hulle stilgehou en Pietersen het dadelik by die gewonde man gekniel.

“Ek kon sien daar spuit bloed agter by sy been uit. Ek het nog nooit in my lewe voorheen ʼn koeëlwond gesien nie, maar kon duidelik sien dat dit ʼn koeëlwond was. Die man het vir my gesê hy is geskiet, maar was in te ʼn ernstige toestand om die presiese gebeure weer te gee.”

Foto: Facebook via Jon-Jon Pietersen

Pietersen vertel vanuit sy betrokkenheid by die stapklub het hy basiese noodhulpopleiding, maar hy het geen noodhulptoerusting by hom gehad nie. Die motoris wat agter hulle stilgehou het, het net twee rubberhandskoene byderhand gehad waarvan een geskeur was.

“Ek het een van die handskoene aangetrek en my vinger in die koeëlwond in sy been gedruk om die bloeding te stop. Dit is toe dat ek sien hoe bloed uit nog ʼn koeëlwond in sy rug stroom. Ek het my vinger in dié koeëlwond gedruk en met ʼn handdoek druk op die wond in sy been toegepas.”

Pietersen sê die man het bevestig hy kan sy bene beweeg en dat hy daarom geweet het die koeël het nie die man se ruggraat getref nie. Hy het hom daarna versigtig in die herstelposisie gedraai en tot sy skok gesien dat nog bloed by die man se maag uit stroom.

“Die koeël in sy rug het regdeur sy lyf gegaan en daar was nog ʼn koeëlgat in sy maag wat erg gebloei het. Ek het net twee handskoene, ʼn handdoek en kleefband gehad en moes vinnig ʼn plan maak om die bloeding te stop. Ek het daarna die geskeurde handskoen in ʼn balletjie opgerol, in die gat in sy maag geplaas en met die kleefband vasgebind. Daarna het ek langs hom gelê, met my vinger in die koeëlwond in sy rug en die handdoek op die wond op sy been.”

Foto: Facebook via Jon-Jon Pietersen

Daar het intussen nog mense op die toneel stilgehou en hulle het gaas, verbande en ontsmettingsmiddel aangebied wat alles gebruik kon word om die man se wonde te behandel en die bloeding te stop. “Hy het met tye sy bewussyn verloor en dan weer bygekom, maar ek het net heeltyd met hom gepraat, hom verseker dat alles oukei gaan wees en net probeer om hom wakker en rustig te hou,” sê Pietersen.

Nadat paramedici by die toneel aangekom het, het Pietersen hulle ingelig wat gebeur het en wat hy tot dusver kon doen om die slagoffer te help. Die man is daarna op ʼn draagbaar geplaas en per ambulans ʼn kort afstand na ʼn plek vervoer waar ʼn helikopter gewag het om hom na ʼn hospitaal te neem.

Pietersen is vol lof vir die paramedici, asook die polisiebeamptes en gemeenskapspolisiëringforum (GPF) wat op die voorval gereageer het. “Die polisie en GPF was binne ʼn halfuur op die toneel en het onmiddellik begin om die toneel vir leidrade te fynkam en beeldmateriaal vir leidrade na te gaan. Hulle was regtig net ongelooflik professioneel en bekwaam,” sê hy.

Foto: Facebook via Jon-Jon Pietersen

Hy sê hy was intussen met die man se familie in verbinding wat hul geweldige dankbaarheid teenoor hom uitgespreek het. Die man is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem, maar gaan volgens Pietersen na verwagting ten volle herstel.

Pietersen het Saterdag in ʼn inskrywing op sy Facebook-profiel vertel wat gebeur het en dié inskrywing is teen Sondagoggend meer as 2 000 keer gedeel. Byna 3 000 mense het ook op die inskrywing kommentaar gelewer en Pietersen geloof vir sy optrede om ʼn vreemdeling in nood te help.

“Al wat ek voel is dankbaar dat ek op die regte tyd op die regte plek was en dat ek hom kon help. Die gebeurtenis het nie net sy lewe verander nie, maar myne ook.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Siek en sat ·

Mnr Ramaposa doen asseblief iets aan die misdaad in hierdie land.

LB ·

As ek jou president hopelik reg aanhaal het hy gesê misdaad raak hom nie, die ekonomie is sy fokus punt. In elke toespraak praat hy ook slegs van “his people” dus roep jy tevergeefs na sy hulp en bystand.

Gaan nie ·

Hy en die hele ANC baat by misdaad en sal niks daaran doen nie. Selfbeskikking is die manier om misdaad te stop.

Etienne Prinsloo ·

Dit is interessant hoe die skim van “Ramaphoria” nog steeds aanklank in die blanke bevolking vind. Ons is tans in ‘n globale anti blanke tsunami wat grootendeels deur blanke vrouens gedryf word. “White males not wanted, toxic white masculinity, immigrants welcome, ens”. Blankes in SA is nou sekondêre burgers met geen regte nie. Selfs die swart “cheerleaders” soos Basson, Verwoerd, du Preez ens begin besef dat hul net “useful idiots” was. Ramaphosa is ‘n kommunis en ‘n ideologue wat die ANC se radikale ekonomiese sprinkaan beleid sal implementeer. Deur te verwag dat hy nou skielik teen misdaad gaan optree en die risiko loop om miljoene swart kiesers te vervreem is wensdenkery. Net die “hard left” blanke selfhaters en delusionele blanke vrouens gaan vir hom stem, ‘n baie klein en onbenullige groep getalsgewys. After all, it’s only a numbers game baby.

Cherokee ·

Jy sal moet verduidelik van watter Verwoerd jy praat wanneer jy die naam in dieselfde asem as jou ‘cheerleaders’ gebruik. Indien jy nie in detail hierop reageer nie, maak dit jou one of the cheering massas.

Awie Opperman ·

Cherokee, ek vermoed Etienne verwys na Melanie Verwoerd.

Anner Anton ·

Sterte aan die slagoffer en sy familie. Welgedaan aan die Samaritaan, jy is n yster!
Om n volledige eerstehulp tassie wat fokus op skiet en snywonde in jou voertuig en n fanny pack met dieselfde om jou lyf as jy fiets ry is dalk n goeie idee.

Nettie ·

Hierdie geval benadruk weer eens die noodsaaklikheid vir ALMAL om ten minste Vlak 1 Noodhulp aan te leer en ‘n uiters basiese noodhulpkissie (dit is baie goedkoop te kry by ‘n groot apteekgroep landswyd) asook ‘n brandblussertjie in hul voertuie saam te ry.

Mnr. Pietersen, ek haal my hoed af vir u – baie mense sal nie gedoen het wat u gedoen het nie, uit vrees dat hulle self dalk aangeval kan word.

Magaretha van heerden ·

Wat n wonderwerk van die Here dat die man stadig gery het en sy ruit afgedraai was. Anders sou niemand eens geweet het hy is daar nie! Die Here is duidelik in die gebeure. Ja ons is bang om te help want dit kon n lokval wees. Die man was soos die Bybelse Samaritaan nogtans bereid om wel sy lewe op die spel te plaas. Ek se dankie vir hom wat ons wys om te help.

Gemaskerde Sopbeen ·

My jong blanke spanleier is ook geskiet en beroof van die weeklikse lone wat hy moes gaan uitbetaal……Die Here het toe nie iemand wat stadig ry met ‘n oop venster by hom verby gestuur nie…..en partykeer wonder ek “Hoekom nie?”

Mickey ·

Wat n traumatiese belewenis vir Jon Jon en die fietsryer. Cyril hoekom gaan ry jy nie ook so n bietjie fiets nie maar doen dit asb soos die normale landsburger sonder lyfwagte…. komaan ek dare jou!

Jean ·

Mickey,net nog n statistiek. Mnr. Pietersen, jy is inderdaad die barmhartige samaritaan!

Susan ·

@ Gemaskerde Sopbeen – op hierdie oomblik word die aarde deur satan regeer. Satan is nou god van hierdie planeet. Waarom dink jy sê die Bybel jy moet huil as iemand gebore word en lag as iemand sterf. Jy moet huil want die baba word in ‘n sondige wêreld ingebring. Jy moet lag as jou geliefde sterf – wees bly as hul saak reg was met die Allerhoogste. Hulle is finally verlos van die sondige aarde. Food for thought

Adam ·

Susan, ek benodig jou hulp. Is satan werklik so almagtig dat hy, ten minste aldus jou, die aarde regeer? Dit is vir my so vreemd dat wanneer mense se wandade aan die kaak gestel word, hulle altyd deur satan verlei is. Is dit nie maar beter om te leef asof daar nie ‘n satan is nie en soos die jong ,man in die artikel, bereid wees om jou moue op te rol en jou buurman te help nie. Dit is immers die medemenslikheid wat almal van ons graag sal wil sien. Ek dink nie die aarde is per se so sondig nie; dit is die klomp rampokkers (ook mense genoem) wat al die gemors veroorsaak deur haat. nyd,gierigheid, meerderwaardigheid ens ens. Na jy hierdie “food for thought” deurdink het, hoor ek graag van jou.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee wat, dankie Susan….ek is versadig aan die “spookasem” mense wat onbewese stellings maak oor waar God kamstig wat doen…en dan loop hulle rond met ‘n “sugar rush”. En waarom almal my so aanval en teregwys weet ek ook nie….want nêrens in enige van my skrywes het ek God ONTKEN nie…..ek het net, heel menslik, gewonder hoekom HY by party misdaadtonele mense stuur om stadig te ry met oop vensters, sodat die slagoffer gehelp word………..en ander kere nie. En ek praat van ondervinding hier…..My argument het NIKS met God se almagtigheid of bestaan uit te waai nie…..maar oor SY motivering om betrokke raak in sekere gevalle en in sekere gevalle nie……dis al. En niemand het my nog geantwoord nie…..net sleg gesê.

Mads ·

Gaan kyk bietjie op YouTube. ‘Is God in control of everything? Deur Dan Mohler. Sal bietjie help met die verstaan en wonder van Hoekom of Hoekom nie! Welgedaan aan enigiemand wat nog in vandag se samelewe iets goeds vir iemand anders kan doen!

Reaksie ·

Oop oge en Susan, hoekom kom daar nou nie n reaksie na Adam se skrywe nie?

Cherokee ·

Reaksie, jy daag hulle uit maar het Adam werklik ‘n onaanvegbare kommentaar gelewer?
Het hy eerlikwaar gronde gehad om Oop oge uit te daag nadat sy(?) ‘n pragtige terugvoering op die Sopbeen se mening gehandhaaf het? Daar is nie werklik ‘n debat te voer nie want die Oge, Sopbeen èn Adam basies dieselfde gesê en almal het dit gedoen met respek aan die Koning van die konings, maar net in verskillende woorde.
Dit is ook so dat ons ons ‘n gebrekkige terugvoering van kommentare het op MM se forums.

Adam ·

Cherokee, ek sal dit waardeer as jy my kan wys waar ek Oop Oge uitgedaag het?

Die Verlore Skaap ·

Jammer…..ek is verlore in julle kommentaar. Julle weerspreek mekaar die heeltyd. Julle is duidelik deurmekaar oor die hoekoms en waaroms.
Meskien kan die redakteurs van Maroela vir ons die g wys ?

Catherine ·

Wat n wonderlike barmhartige Samaritaan. Maar min van hulle in hierdie land

Koos de Meyer. ·

Mm plaas nie alle kommentaar nie. Een ding is ‘n fyt soos ‘n koei. Jy is nêrens meer veilig nie.

Lizette Uys ·

Adam, net in antwoord op jou vraag.
1. satan is magtig. Slegs God is almagtig
2. Lees gerus: ‘naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie’.
II KORINTHIËRS 4:4 AFR53

‘die god van hierdie wêreld’ – dit is satan. Hy’s tans los op d aarde. Mens wonder waarom God hom nie onmiddelik in d hel gegooi het nie. Maar d Here het n groter plan. Nà Armageddon gaan d satan einde ten laaste saam met d valse profeet, elke demoon, die antichris, d dood en d doderyk in die hel gegooi gegooi word. Daardeur gaan God vir eens en vir altyd Sy sowereiniteit toon as enigste en almagtige God oor alles. What a day that will be! Intussen is Sy kinders ongelukkig nie gevrywaar v swaarkry nie. Maar wie volhard tot d einde toe sal gered word.

Etienne Prinsloo ·

Asn Cherokee
Somewhat sensitive hey? Melanie Verwoerd the erstwhile Zuma and now Ramaphosa shill. One of the masses you say, feel included and chided? Seems that way.

#sêmaarnet ·

Al die ogies, maskers en kie: almal wil so graag reg wees. Joyce Meyer het n ware ding gesê. In kort: almal van ons gaan eendag uitvind of God en satan bestaan aldan nie. Wanneer jy aan die ander kant van die dood kom, is dit egter óf te laat vir jou (indien jy sien Hy bestaan), óf jy het dan nie jou tyd op aarde gemors met iets “onsinnig” soos lofprysing nie en kon dus met smaak kritiseer en redeneer en “reg” wees. Maar jong, ek persoonlik is nie bereid om so n kans te vat nie. N ewigheid op die verkeerde plek sal nogal lank raak….. #sêmaarnet

777 ·

RAMP-MAPHOSA en sy comrades stuur hierdie land af op n’ onvermydelike bloedbad, met hulle belaglike uitsprake teen blankes begin die ongeletterde massas dit nou toepas teen die “blanke grond diewe”

Daan ·

Hulle wag vir fietsryers by spoedhobbels om hulle te oorval.Gelukkig ry motors ook stadig daar en kon mnr Pietersen hom hoor om hulp roep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.