Man geopereer ná seekoei-aanval

Terence Downes. Foto: Facebook

Terence Downes. Foto: Facebook

Die man wat Sondag in die Pilanesberg Nasionale Park deur ʼn seekoei aangeval is, sal ten minste nog ʼn week in die hospitaal moet deurbring.

Dinah Rangaka, woordvoerder van die park, het Vrydag aan Maroela Media gesê Terence Downes (53) het diep wonde aan albei bene opgedoen en infeksie ontwikkel weens die seekoei se vuil bek. Hy moet ʼn operasie ondergaan om die beskadigde weefsel te heg.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“Terence is ʼn lid van die Wilderness Leadership-skool wat die uitgebreide voetpatrollie-program lei,” het sy gesê. “Hierdie vrywilligers doen een naweek elke maand intensiewe patrolliewerk in die park om ondersteuning aan ons gereelde patrollies te bied. Sedert stropings in 2010 begin het, word hierdie patrolliesoektogte meer in gebiede gebruik om vir weggesteekte karkasse en spore te soek, asook vir gewone waarnemings soos oor neste, renosterwatergate, en so meer.”

Downes het patrolliewerk in die park gedoen toe die seekoei hom bestorm het. Die patrolliegroep het aanvanklik gedink die seekoei is ʼn rots omdat dit baie stil in ruigtes gelê en slaap het, ver weg van die water af. Die seekoei het slegs vir Downes bestorm en karnuffel voordat hy weggehardloop het.

Downes is per helikopter na Sun City gevlieg van waar hy per ambulans na die Ferncrest-hospitaal in Rustenburg vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.