Man gered ná hy 200 m val

Paramedici staan die man by. Foto: Verslaf

ʼn Man, vermoedelik 42-jaar oud, is beseer toe hy sowat 200 m van ʼn wal in Knysna geval het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die voorval het Dinsdag in die Elandskraal-omgewing in Karatara plaasgevind.

“Paramedici het omstreeks 14:00 by die toneel opgedaag en het die man aan die onderkant van die wal gevind. Hy het vermoedelik 200 m ver geval.”

Die man was matig beseer en het beserings aan sy been opgedoen.

Hy is op die toneel gestabiliseer waarna hy in ʼn Skymed-helikopter opgehys is. Hy is met die helikopter na die Mediclinic George geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Die woord ‘wal’ is seker die trick. Waarskynlik van die wal afgerol… en selfs dan is 200m ver.

Eps ·

Ek het gesien hoe iemand lyk na ‘n val van die 4dd verdieping. Die man het sowat 15m geval en was op slag dood. Ek wil graag weet presies wat in die geval gebeur het wat die persoon se lewe gespaar het. Twee honder meter is hoër as die Charlton Hotel se 50 verdiepings en ek weet nie van iemand wat so val kan oorleef nie. Miskien is daar ‘n helling waarteen die persoon afgerol het. Dit kan onmoolik ‘n direkte val wees. Bloukrans is so bietjie hoër.

Joe Hall ·

Lees asb weer.
Elandskraal waar die 7 Junie brand begin het en soos dit in die berig verskyn, is minstens 20 km (soos die kraai vlieg) van Knysna af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.