Man gered tydens selfmoordpoging

Die man word van die spantoring gered (25 Februarie 2016) Foto: ER24

Die man word van die spantoring gered (25 Februarie 2016) Foto: ER24

ʼn Man is Donderdagoggend in Bloemfontein gered nadat hy by ʼn elektriese spantoring opgeklim het.

“Plaaslike owerhede het paramedici na die toneel ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het ‘n paar meter teen die spantoring opgeklim.” Die voorval het in Ryk Tulbachweg plaasgevind.

Volgens Meiring moes paramedici van ER24 en die Vrystaatse noodhulpkollege gespesialiseerde toerusting gebruik om die man te bereik. “Hy is in ʼn harnas geplaas en veilig na die grond gebring,” het Meiring bygevoeg. “Hy is op die toneel behandel en na ʼn Mediclinic geneem vir ʼn ondersoek.”

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dit was ʼn selfmoordpoging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wouter ·

As hy wou selfmoord pleeg sou hy aan die eerste kragkabel gevat het. Hoekom verby klim? Ek dink hy is n kabel dief.

jemma ·

Hi Wouter neeee jong.Volgens Beeld is dit al die 3de keer in n kort rukkie dat hy probeer selfmoord pleeg….

Mike ·

In my dae,het hulle jou aangekla vir poging tot moord, as jy wil selfmoord pleeg,wonder of dit nog so is.

Petro ·

Soms druk die lewe so n mens voel dis jou enigste uitweg ek bid dat die persoon die nodige hulp sal kry om hom te help met sy probleem..Niemand weet wat in sy lewe aangaan nie.Ek se altyd everyone of us is a survivor of our own battle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.