Man gered uit gebou se kelder

Die man is met die hulp van paramedici van Tshwane-nooddienste, polisiebeamptes en lede van die publiek vanuit die kelder gehys (Foto: Verskaf)

ʼn 46-jarige man is Maandag uit ʼn gebou in Pretoria se kelder gered nadat hy van die trappe geval en in die kelder beland het.

Volgens Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, was die man op pad na die kelder van ʼn gebou in Hatfield toe hy op ʼn trap gegly en ongeveer drie meter ver geval het. Hy was op pad na die kelder om loodgieterswerk te verrig.

Die man het met die val ernstige kopbeserings opgedoen.

Die man is met die hulp van paramedici van Tshwane-nooddienste, polisiebeamptes en lede van die publiek vanuit die kelder gehys. Paramedici het hom daarna op die toneel behandel voordat hy per ambulans na die Mediclinic Medforum geneem is. Die man se toestand was in daardie stadium stabiel, maar tog steeds kritiek.

“Ons raai werkers aan om hul persoonlike veiligheid te verseker deur toepaslike persoonlike beskermende klere en valstopmeganismes te gebruik wanneer hulle vanaf hoogtes werk. Hulle moet ook veral versigtig wees wanneer hulle trappe klim.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bart-Man ·

Was jy al ooit by die departement waterwese se gebou in Pta. Daar is die moontlikheid groot dat jy ook in n kelder of n ou huisbak se skag sal beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.