ʼn 35-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy aan ʼn boom gehang het in ʼn park in Highlands-Noord in Johannesburg.
“Paramedici het net voor 11:00 by die toneel opgedaag waar omstanders hulle na ʼn rivier geneem het wat deur die park vloei,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Die persone het verduidelik hulle het deur die park geloop toe hulle gesien het die man hang aan ʼn boom. Hy het steeds geleef, en hulle het hom van die boom gesny.”
Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy is op lewensondersteuning geplaas en na Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Vermaak gesê.
Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie en ʼn sekuriteitsdiens was ook op die toneel.
Ek stem saam. Dis sy besluit gewees. Respekteer dit.
Ek stem.
Dan moes hy mos maar n kennisgewing dra wat sê: ouens ek hang net lui lui rond. As ek huis toe gaan, gaan die landlord of vrou verwag dat ek gras sny
Hoop hy maak die beste van sy tweede kans. Dit was duidelik nog nie sy tyd nie.
Dit is as hy nie nou breinskade opgedoen het nie.
Genade maar die kommentaar is darem regtigwaar ongevoelig. Dis iemand wat MOONTLIK wou selfmoord pleeg. Wie sê dit was nie ‘n misdaad nie? Watookal, dis steeds ontstellend vir almal betrokke. Ai.
Genugtig mense, dink julle nie aan hierdie persoon se familie nie. Dat hy betyds gered is is vir my op sig self ‘n wonderwerk. Julle is darem maar gevoelloos.