Man geskiet, gesin in kluis toegesluit tydens plaasaanval

Willem en Nicoleen van der Merwe. Foto: Facebook.

ʼn Man, sy vrou en hul dogter is in hul inloopkluis toegesluit nadat hy in die been geskiet is tydens ʼn plaasaanval.

Die aanval het op die plaas Driehoek tussen Secunda en Bethal in Mpumalanga plaasgevind. Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, het aan Maroela Media gesê daar was glo vyf verdagtes betrokke by die voorval.

Die groep verdagtes het die gesin vermoedelik Dinsdag kort voor middernag aangeval. “Die mans het toegang tot die huis verkry deur ʼn kombuisventer en die gesin wakker gemaak,” het Geldenhuys gesê.

Hul het geld geëis en Willem van der Merwe (56) in sy been geskiet en met ʼn byl se agterkant aangerand. “Die koeël is nou uit sy been verwyder, die projektiel het been getref en dit het ʼn kraak veroorsaak,” het Geldenhuys gesê.

Volgens Geldenhuys het die aanvallers ook gedreig om hul 19-jarige dogter, Zelmarie, met ʼn strykyster te brand. “Hul het Willem, Nicoleen en Zelmarie in die instapkluis toegesluit en met Willem se Ford-bakkie van die toneel gevlug,” het Geldenhuys gesê.

Zelmarie van der Merwe.

Benewens die bakkie het die aanvallers met vyf vuurwapens en selfone gevlug.

“Hulle kon eers ná ʼn uur daarin slaag om hulself uit die kluis te bevry en Willem het na ʼn naburige plaas gejaag en hulp ontbied. Willem is daarna hospitaal toe geneem,” het Geldenhuys gesê. “Plaasaanvalle is besig om hand uit te ruk.”

Annetjie Steyn, lid van die boeregemeenskap het Willem in Trichardt Mediclinic besoek en gesê dit gaan onder omstandighede goed met hom. “Hy het ʼn wond aan sy been, ʼn sny op sy hand en ʼn klomp kneusplekke. Hy is geboelie,” het Steyn gesê.

Die polisie was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar op die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

mel ·

Baie sterkte aan hierdie familie, daar is ni meer woorde ni!!!!!

Worry ·

Die polisie het nie ‘n clue meer wat aangaan nie en is ook nie juis bekommerd oor die aanvalle op boere nie . hulle het heeltemal beheer verloor en worry regtig nie oor NET NOG ‘n boer en sy gesin wat aangeval is nie . Vuurwapenwette maak dit moeilik vir wetsgehoorsame burgers om wapens te besit terwyl ELKE plaasmoordenaar en aanvaller met wapens wegkom wat IN KLUISE toegesluit was …. Hoekom wil hulle ‘n 19 jarige met ‘n strykyster brand? Omdat hulle honger is ..? WAAR IS DIE LIBTARDS NOU ???

Johan Pretorius ·

Ja nee kyk. Die vlaag van plaasaanvalle het begin. Hierdie is uitwissing van ons boervolk. Ek het nie meer woorde nie. Eerlik waar. Ek wens net ons mense kan opstaan teen die bose elemente. Ons is besig om uit te sterf, word voor die voet soos diere geslag, gebrand, gemartel en verkrag.
Wens al die mense kan inskakel by organisasies soos kommandokorps, sodat ons saam die ding kan veg, want die regering en polisie gaan niks vir ons doen nie. Hulle ondersoek die sake en dis waar dit bly. Verder lag hulle in hul mou vir hoe ons uitgemoor word.

Amanda ·

Ek huil elke keer as ek hoor n wit boer is aangerand of vermoor. ELKE dag is daar aangeval en gemoor maar ou zuma eet hom elke dag vet aan die belastingbetaler se geld en bly in weelde. Maak asof niks fout is nie, hy is n lafhard. Ek weet nie meer wat om te se nie, ons blankes se dae is getel in hierdie land.

Johan Pretorius ·

Kom mense, sluit aan by kommandokorps. Sodat ons almal met mekaar kan kommunikeer, en sodoende die ding try hokslaan. Asb mense, ons kan nie meer stil sit en niks doen en toekyk hoe ons volk vertrap en uitgewis word nie.

Gerhardt ·

So hy mag seker nie teruggeskiet het nie anders was hy aangekla vir moord. Waarom is Gerrie Nel so stil.Kan hy nie op n manier ingryp nie?

al ·

Gerrie Nel sal alles op ñ stil manier doen. Het jul gedink dat indien hy elke stap wat hy gee, dit aan die media uitbasuin – gaan News 24 en hul liberale maaitjies om vir ontbyt vir die leeus gooi.

Adam ·

Gerrie Nel kan nie die Nasionale Vervolgingsgesag vervang nie. Hy is nie die eerste instansie vervolging nie en ook nie ‘n “Messias”nie.

Johan Pretorius ·

Kom mense sluit aan by organisasies, laat ons die ding beveg. Kan nie meer terug sit nie. Saam en kommunikeer met mekaar is beste ding, sodat ons soveel oe op situasie kry as wat ons kan. Wees weerbaar en parraat. Aan hoe meer mense ons n verdagte situasie, of elemente wat op jou eiendom rond wandel, of in omgewing gesien kan word kan raporteer, hoe beter is ons kanse om die ding hok te slaan.

Renier ·

Vyf verdomde vuurwapens weg, hoekom sit die mense nie waarsku toestelle op rondom die huis wat jou wakker maak deur n alarmpie langs jou bed, dan het jy tyd om hulp te ontbied en ook jou vuurwapen reg te hou, by Builders Warehouse verkoop hulle goeie kwaliteit waarsku toestelle as jy dan nie van honde gebruik maak nie, kom plaas boere en dorpsmense jou families en eiendom is meer werd as die paar rand wat jy gaan spandeer om veiliger en meer gerus te gaan slaap, span selfs booby-traps as jy finansieel nie toestelle kan koop nie, maak plan vir julle veiligheid man

Francois le Cochon ·

Stem saam. “Infra red beams” doen die ding. Hoekom mense wat afgesonderd woon dit nie installeer nie, kan ek nie verstaan nie!!!!!!!

marous ·

Die feite is jy kan nie meer uit die slaapkamer veg nie. Enige iemand wat sy voet oor ‘n draad of heining sit of selfs net te naby verby loop moet maar weet … die mense is gatvol . Die polisie moet ook weet dat hul onvermoee om mense te beskerm teen die eensydige aanvalle teen hulle gaan draai …groter as dit wat hulle ooit kon dink.

Nita ·

Vind niemand dit eienaardig dat die meeste rooftogte plaasvind waar kluise is nie. Vra julleself wie het elke adres en beskrywing van die kluis by die adres????En presies watter wapens daar gebere word??? Reg geraai die polisie self. Ek sweer hulle verskaf inligting teen vergoeding aan kriminele.

Johan ·

Nita ek dink jy is 100% reg. As jy vat hoeveel wapens word ook my misdadigers gekry wat by polisie ingegee is vir vernietiging. Wie stook volksmoord op teen ons blankes en wie het dubbele standaarde wanneer dit by wetgewing kom. Mens met een breinsel kan sien wat aangaan in die land.

Ystervuis ·

Lees: The Farmer at War by Trevor Grundy and Bernard Miller. Dit is gratis in pdf formaat beskikbaar op die internet, gaan oor plaas aanvalle in die destydse Rhodesia.

tom ·

Mense dummy julle kluise laat alarm afgaan as skelm dit oop maak en haal julle gewere se slotte uit

al ·

Boere moet innoverend begin dink anders het hul nie ñ kans nie.

Anoniem ·

Die polisie sal natuurlik nie onmiddellik beskikbaar wees vir kommentaar nie want hulle keur die moorde op boere goed. Wat word gedoen om hierdie terrorisme te stop net mooi NIKS.!!!!

Ronell ·

Huishulp gevang met elke deel van ons huis afgeneem. Inhoud in elke kas, alles wat kosbaar is afgeneem op haar cell foon. Hulle is die informate. Al jou sekuriteit word afgeneem en hulle weet presies wat aangaan in jou huis.

AL ·

Sjoe dis goed dat jy haar uitgevang het! Definitief in proses om ñ huisroof te beplan.
Mense ons moet wakkerder loop. Ons vertrou te maklik!

Marius ·

Hi Maroela media,

Dra julle kennis van die bejaarde mense wat gister aangeval was in Kempton Park die 82 jarige tannie is gister 14:00 oorlede aan haar kopbeserings na hulle aangeval was in hulle huis.

Julle het oor dit berig weet nie of julle weet sy gister oorlede?

Groete

Janie Monsieur ·

Dagsê Marius,
Dankie vir jou die inligting. Ek stuur dit na die betrokke nuusredakteur vir oorweging.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Chaparel ·

Wees paraat want met die plaas aanvalle wat nou so toeneem gaan die die aanvalle op blankes in dorpe en stede ook toeneem.
Ons kan onsself maar net verdedig ons is in die minderheid.
Sterkte aan die familie van der Merwe.

adriana ·

Moet nie die huishulpe of polisie of sekuriteit vertrou nie – dit is fataal.

Oompie ·

Lyk my oom Angus en sy skare se wonderwerke is nou n werklikheid

SNEL ·

Nee Oompie, jy vat God laag. Ken jy die werking van die geesteswêreld…dit wat ons toue trek? Wel die duiwel is nou los, want hy is juis nou baie bitter kwaad dat ons so saamgetrek het en in hordes en die Lewende God aangeroep het, dis nou n kwessie van staan in jou geloof of val. Gaan jy aan Kaleb en Josua se kant staan en op God vertrou al woed die storms om jou of gaan jy val en die vyand n kans gee. Punt is, van sit en staan en bid en vertrou het die Israeliete nie al die oorwinnings behaal nie, hulle moes met meeste van die kere self optrek en hul kant bring en dan het hul in hul minderheid groot oorwinnings behaal met God wat dit moontlik gemaak het. Groter is Hy wat in my is as hy wat in die wêreld is. Moet nie dat die storms in die gebroke lewe ons geloof steel nie, want dan het die vyand ons net waar hy ons wil hê. Staan vas in geloof, die Bybel sê in die laaste dae gaan ons dit swaar hê, STAAN VAS, moet nie die duiwel n titseltjie van n vatkans gee nie.

Oudste ·

Ek stem saam SNEL. GOD se tyd is nie ons tyd nie. Onthou, daar is Israeliete ook dood in hulle gevegte met die verskillende Filistynse stamme, maar GOD het hulle uitkoms gegee.

madels ·

N mens kan duidelik agterkom dat die vuurwapens wat gesteel word by elke plaas of stedelike areas gebruik gaan word om ander aan te val. Hoekom word vuurwapens gevat? Is dit omdat die boewe hulself wil bewapen? Ek het n gevoel dat die wapens word gevat sodat hulle gewapen is en die wit mense sonder wapens sit om hulself te beskerm. Ons moet wakker wees in hierdie land. Daar is n rede waarom daar op wapens veral gekonsentreer word wanneer daar huisbrake is.

anne ·

dankie Snel….my net weer herinner om te vertrou, word so maklik mislei in ons kommer oor wat met ons gaan gebeur dat ons vergeet om net te glo en vertrou. dankie Vader vir U krag.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense is moeg om te hoor dat godsdiens bygebring word om te GLO en te BID ten tye van realiteite soos roof en moor. Wat ek wel glo is dat mense wanneer hul in so ‘n geweldige krisis gedompel word dat hul die dood in die gesig staar wel sal SMEEK om hulp van Bo maar dan word hul lyke of gemartelde lywe maar net later gevind. Ek het nie raad nie maar mense moet liewer met idees kom om uit sulke krisisse te kan kom of dit te verhoed behalwe natuurlik dat jy gewapen moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.