Man geskiet ná amok in drankwinkel

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 39-jarige man word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Port Elizabeth behandel ná ʼn voorval in ʼn drankwinkel waartydens hy deur ʼn vrouepolisiekonstabel geskiet is.

Konst. Mncedi Mbombo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte was Vrydag in ʼn drankwinkel in Motherwell. Hy het glo ʼn bottel brandewyn van die rak af gevat, die bottel gebreek en gedreig om ʼn 32-jarige polisiebeampte wat ook in die winkel was daarmee te steek.

“Die konstabel het haar vuurwapen uitgepluk en die man beveel om die bottel neer te sit. Die man het glo op die beampte afgestorm waarna sy hom in die bolyf geskiet het.” Volgens Mbombo was die man glo in die winkel om dit te beroof.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kobus van den Berg ·

Jan gee haar gelyk sy het ten minste raak geskiet ! He he !

François ·

Poging tot moord teen die polisie vrou? Vra maar net…. Of sy is dalk ‘pers’?

Koos ·

Mooi Will i am. Weereens eie afleidings. Ek kon geen aanduiding in die berig kry dat die polisie vrou aan diens was nie. Het jy geweet polisie beamptes kan hulle vuurwapens huis toe neem? Sy kon van diens gewees het of ‘n saak ondersoek het.

Dee ·

Maroela, so dikwels sensor julle sinvolle kommentare maar plaas drek soos die spul. Dankie vir jou plasing, Koos. Hulle verstaan dit nie.

Freud ·

Ek stem saam dat baie sinvolle kommentare verwyder word, terwyl die wat haat en rassisme aanblaas geplaas word. Ek stem ook met jou siening saam oor hierdie kommentare.

Welldone ·

Welldone Polisie vrou, regte tyd,regte plek & regte optrede! Mag dit almeer en meer gebeur teen kriminaliteit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.