Man geskiet ná hy kinders by skool aflaai

Argieffoto

ʼn Man in sy 60’s is Woensdag doodgeskiet kort nadat hy kinders by ʼn laerskool in die Oos-Kaap afgelaai het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die Durban-nedersetting naby Peddie plaasgevind.

“Die slagoffer het die kinders by ʼn skool in die gebied afgelaai toe hy deur ʼn verdagte of verdagtes noodlottig gewond is. Die voorval het ʼn entjie van die skool af plaasgevind. Die kinders was al in die skool en geen kind het die skietery gesien nie,” het Govender aan Maroela Media gesê.

Sy het gesê die motief vir die skietery is nie in dié stadium bekend nie en word ondersoek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan help. Bel 08600 10111 of besoek jou naaste polisiestasie. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael ·

Die saak ondersoek??het gehoor die toilet sitplekke is gesteel nou het die polisie niks om op te gaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.