Man geskiet terwyl hy bid

Argieffoto

ʼn Man van Maraisburg in Johannesburg is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn vermeende inbreker hom Saterdag twee keer geskiet het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die man, vermoedelik in sy 40’s, was besig om te bid toe hy geskiet is. Hy het glo die aanvaller probeer kalmeer terwyl dié ʼn vuurwapen op sy dogter gerig het.

Campbell het gesê toe paramedici kort voor 15:00 by die huis aangekom het, was hy ernstig beseer. Hy is in die arm en been gewond.

Die man is op die toneel gestabiliseer en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hy is steeds in ʼn ernstige toestand.

Campbell het gesê die polisie en beamptes van verskeie veiligheidsmaatskappye was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

???? leser ·

biddende mense word nie eers meer oorgesien nie, wat ‘n lae mentaliteit wat die massas nie meer het nie
volgens die Bybel is roof, moor, plunder, brandstigting, ens., die tekens wat in die wereld sal kom voor die oordeel, verstaan die Bybel deur tussen die lyne te lees, sien ook maar die vele waarse-ers wat ons al gehad het

nabetragting ·

Die enigste antwoord wat ek het ????leser is dat ons onsself in ‘n gebroke wereld bevind, waarin ons voorvaders Adam en Eva ons gedompel het.

Cherokee ·

nabetragting, dink jy op jou regtigste jou kommentaar beteken iets – sê iets?

chris ·

nabetragting
Ek dog dan nou Jesus het ons kom verlos? Het Jesus dan nie die bose oorwin en die mag om te heers aan die kinders van God gegee nie? Hoe wil jy nou vir Adam en Eva die skuld gee?

Celia Tjaden ·

Maroela, hoe kon julle Hierdie”people laaste kommentaar plaas!

Willie ·

Die regering moet hul vinger trek om orde in die land te kry, anders voorspel ek lelike dinge

Aster ·

Willie, die regering gaan absoluut niks doen behalwe om misdaad net verder aan te vuur nie. Leser, biddende mense word beslis nie meer oorgesien nie maar word inteendeel nou geteiken wereldwyd en dit gaan toeneem. Julle moet vir julle eie veiligheid sorg. Hoor mooi, julle EIE veligheid.

chris ·

Daar is ‘n tyd om te bid en daar is ‘n tyd om jou aanvaller se wapen te vat en jou self daarmee te verdedig. Hierdie was nie ‘n tyd om te bid of te leer bid nie.

Boertjie ·

Ek stem goeie antwoord, bid gaan nie help nie!!! Om al die probleme te stop sal daar moet iets fisies iets gedoen word!

Die Verlore Skaap ·

Chris jy is soooo reg !
Die beste is:
Bybel in linkerhand en Glock in die regterhand
En andersom as jy links is.
Dan is jy albei kante gedek

Wanda ·

Spook ek bid vir jou ook my vriend/vriendien. Geseënde dag vir jou. Jesus liefde

Darryl ·

Spook…ek kan aflei aan jou spelling dat jy nie die skerpste potlood in die klas was nie..

Jacques ·

Julle weet ons witmense sit op maroela en blaf soos foxterieers en die mense wat dit eindlik moet hoor lees dit nie eens nie. Ons het onself begrawe in die gemors van moorde, as ons maar net kon saam staan soos hulle sou dinge anders gewees het. Bloedrivier is gewen deur n handjie vol boere wat saam gestaan het met God aan hul kant.

Jacques die Goodwoodianer ·

Jacques, jy slaan hom op sy kop.

Ons wittes is só ver van God af, oor die algemeen, ek dink nie ons volk was al ooit so ver weg nie. Skynheiligheid tel nie. Daar is te veel blankes wat dink die son skyn agter hulle uit. Tyd om nederig te wees en saam te staan as ñ eenheid saam met God.

Boerboel ·

Mense vat jou gesin vir selfverdediging kursus. Jy word daar geleer hoe om te werk met veskillende aanvalle. Maak seker dat jy altyd n’ mes by jou het. Dis n ‘ stil dodelikke wapen. Toets jou Alarm en nood knoppies gereeld. Plaas ” beams ” op plekke wat jou al vooraf kan waarsku jy het besoekers. Doen ook die mes kursus. Jy sal verbaas wees hoe gevaarlik jy kan word met daai mes. Kry ook skok stokke. Dit geen jou daai paar sekondes kans om oor te gaan in aksie. As jy n’ vuurwapen besit maak net seker dat jy binne die wet optree. Jy kan groot probleme kry as jy net skiet en jou wapen gaan gevat word. As jou honde buite blaf kyk wat aangaan kyk deur die vensters moet nie buite gaan .n, klein hondjie in die huis is ook n’ goeie Alarm is gewoonlik baie wakker. Dis my beskeie raad. Jou sal jou self en gesin moet beskerm niemand sal dit vir jou doen nie.

Cobus ·

Veiligheids hekke binne jou huis ook werk BAiE goed maak jou ‘slaap area veilige

BlinkStephaans ·

En so word die land gevange gehou deur die misdadigers… letterlik niemand is nêrens veilig… en hulle sal voort ploeg sonder dat ñ wenkbrou lig… te besig om geld te tel en planne uit te dink hoe hulle nog meer geld die hande kan oplê.

KrokodilBotha ·

Helfte van die wereld se probleme is godsdiens. Julle moet harder bid , sover werk dit nie.

Attie. ·

Willem Botha, jy moet iemand ken by MM want sodra ek sal praat van FW en sy bendes dan sal MM dit nooit publiseer nie. Nou lewer ek maar nie meer kommentaar nie want MM hou nie van my nie. Nou voel ek jammer vir myself.

Leouisa ·

Toemaar ek lewer ook niks meer kommetaar nie want as jy TE reguit is dan plaas hul nie jou kommetaar nie ….. hul plaas net dieselfde mense se kommetaar oor en oor…

J ·

Moet nooit ophou bid nie nooit. Dir Here is n lewende God en sal ons help

Diefie ·

Ek bid dat jy heeltemal genees. Mag die Vader ons die wysheid en insig gee om staande te bly.

Francois ·

Chris en die “verlore skaap” slaan volgend my die spyker op die kop.
Ons is te geneig om ‘alles in God se hande’ te los en te bid en te hoop vir die beste.

RN ·

…en die een wat hom geskiet het? Nie ‘n dooie woord oor hom nie….??? Net nog een wat wegkom met (so te sê) moord….

RN ·

Vir satan is gebed ‘n euwel. Vir ‘n potensiële moordernaar is ‘n biddende man ‘n perfekte, sagte teiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.