Man geskiet toe hy gaan fietsry

Foto: Netcare 911

ʼn Fietsryer moes Saterdagoggend per helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem word nadat hy verskeie kere langs die pad geskiet is.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het naby die Letamo-landgoed in die Kromdraai-gebied in Krugersdorp plaasgevind.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied. Daar het hulle die man, vermoedelik in sy 50’s, met verskeie skietwonde aangetref. Hy is op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is.

Herbst het gesê die man is vermoedelik beroof toe hy geskiet is. Ernst wou egter nie oor die motief vir die skietery bespiegel nie en het gesê die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jaco ·

In SA, kan jy nie fiets gaan ry nie. Dis werk dan huis toe ry. Alles sluit en dag herhaal. Niks van uit gaan of fiets ry nie.

Ou Toervark ·

Ek het vanjaar in New Zeeland vele mense gesien wat op hul fietse alleen toer. Maar in Nieu Seeland heers wet en orde en hul polisie vat nie twak (of omkoopgeld) van kriminele nie.

Hier word jy as fietsryer of stapper verkrag, gesteek of geskiet en daarna nog beroof. ‘n Siek leierlose land. Hiervoor gaan ons nog duur skoolgelde betaal.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar is ‘n spreekwoord wat lui: “That which you allow, will continue”. Hoeveel sulke voorvalle was daar VOOR 1994? Hoeveel plaasmoorde VOOR 1994? Hoeveel moorde per dag VOOR 1994? Vra dan jouself af….Hoekom was daar nie sulke gedrag nie?

bollie ·

Ons het ook nie geweet van Vlakplaas voor 1994 nie, ook nie van dokter dood nie en ook nie van sekere leiers wat ‘n voorkeur aan jong seuns se geselskap gehad het nie. Ons weet ook nie wat van mense gedurende daai tyd geword het wat net verdwyn het nie. Voorwaar ‘n voortreflike tyd gewees.

Pieter ·

Bollie,
Dit lyk of jy nogal daarvan hou om te ‘stir’. Indien daar enige (lw. ENIGE) getuienis teen dr Basson ingebring kon word sou hy lankal toegesluit gewees het. In al die pogings van die huidige regering het hulle nie daarin geslaag om selfs net een keer egte getuienis teen hom in te bring nie. Glo my hulle was besonder vasberade om die kwaadwillige ‘doctor death’ storie te bewys en het niks reggekry nie al het hulle ons belastinggeld vermors in hul pogings en raai wat: NIKS.
Vlakplaas is alles op julle held fw se opdrag gedoen en Eugene moes alleen al die blaam vat.

Jean ·

Sopbeen……almal ken daardie antwoord. Dis asof daar genot geput word uit die sinnelose boosheid..

Anoniem ·

Die mensdom het skielik geen respek vir ‘n lewe nie ! Waarheen is SA oppad, ‘n Ramp

Leeutjie ·

IK…geen wonder jou naam is ik nie…ek het nou so gelag!!!

Quo Vadis Getroue Suid-Afrikaanse Burger Wildevark ·

Waarom doen die SA Polisie nie elke dag behoorlike ewekansige steekproef-soektogte en deursoek mense vir onwettige wapens?
Die kriminale het die indruk dat hulle geredelik maklik kan wegkom met hul kriminele dade omrede ‘n ondoeltreffende en oneffektiewe en deels korrupte SA Polisiemag.
Die ellende wys vingers na ‘n ondoeltreffende en oneffektiewe regerende partyleierskap. Die rede vir hierdie vrotsige leierskap is dat vele van die stemvee polities oningelig of gierig is of deel is van ‘n manipulasienetwerk om mag. Suid-Afrikaners wat werklik omgee vir Suid-Afrika en mede-Suid-Afrikaners is in ‘n skaak situasie, vasgevang as slawe in ‘n “winner takes all” grondwet. Tragies.

lewies ·

Het, “ek het nie geweet nie enige bestaansreg vandag? Die waarheid is dat dit politieke kortsigtigheid was.

KP ·

Bollie jy doen jou naam gestand dit is presies wat ek dink jy beweer, BOLLIE.

Skyspy007 ·

Bollie, jy moet uiters versigtig wees wat jy sê, van wie, en waarvan jy duidelik GEEN kennis het of dra nie!! Wees gewaarsku!!!!

Andre ·

As jy Wit is, bewapen en verdedig jou SELF selfs as jy gaan draf of fietsry.

Hier is oorlog in die land!

Veg vir jou lewe … !

Anoniem ·

Dit is baie hartseer, sterkte aan hom en sy familie. Het vanoggend ook n plek gaan soek waar ek en my vrou met ons hond kan gaan stap, maar mens kan nerens meer ontspan, moet heeltyd oor joubskouer loer vir kriminele. Niks van ontspan nie. Ek het nou die dag n ou tannie gesien wat rose op haar sypaadjie snoei, en ek dink toe, mens waag deesdae jou lewe as jy iets so eenvoudig doen.

Groothondhater Ystervark ·

@marco polo.
Groot honde is net ‘n valse virtuele sekerheid of veiligheidsgevoel in die koppe van hul eienaars. Soos om dagga te rook. In die koppe van die medemens is hulle net ‘n euwel wat oormatig en hard blaf of mense byt en selfs dood. En kriminele vergiftig hulle maklik voor ontbyt. So, ek stel voor: raak ontslae van daardie groothond drogbeeld.

Mickey ·

Besef nou die dag van ons skole het nie meer n fiets loots nie. Baie min kindertjies het vandag die voorreg om fiets te ry. Ek onthou nog jare terug het so baie van ons fiets skool toe gery nie altyd omdat ons moes nie maar omdat dit so lekker was. My oudste het seker in haar hele lewe nog nie meer as 3km op n fiets gery nie omdat dit net te gevaarlik is. Daar is te veel mense wat nie pad wette gehoorsaam nie of jy word dalk geskiet. As ek ooit na n wets gehoorsame land toe gaan sal fietse vir almal in die gesin heel eerste op my lysie wees.

Koperkappêl ·

Goed gestel Bollie. Ook ouderlinge soos Gert van Rooyen. Die feit dat so baie mense hier jou waarsku om nie oor die ‘wit ‘ era te praat nie wys maar net weer ons groepie-mentaliteit. Of jy stem saam met ons en sê wat one sê, of jy is ‘n hensopper. . .

Yankee ·

Koperkappel, wat jou naam ookal se. Stem met jou, behalwe, die hensopper ding!! Komaan!! Lewe jy nog werklik in n ossewa??

Yolanda Benade ·

Nee kyk, mens weet nie meer nie. Dank die Vader die man het oorleef, ek bid dat hy spoedig herstel.

Ver weg is die dae toe mense van alle ouderdomme nog vrylik buite beweeg het, jy kan vandag net mooi nerens waag stap, draf of fietsry nie of jy word aangerand, verkrag, geskiet en/vermoor vir ‘n selfoon, beursie of die fiets self(!) Siek!

My kleinkinders het glad nie die voorreg om soos ons almal destyds buite te speel, park toe te gaan, fiets te ry en ‘n sorgevrye kinderlewe te he soos ‘n kind hoort te he nie. Deesdae hou pappa en mamma hul eerder binnenshuis besig met tv, rekenaarspeletjies, selfone en wat nog uit vrees dat hul iets sal oorkom buite die erf – heeltemal te verstane in ons siek wettelose land.

Genadiglik is my seun en skoondogter in die proses om te emigreer na Australie. Hierdie ouma se hart gaan vreeslik verlang, maar gun hulle die geluk en veiligheid van ‘n land waar daar nog wet en orde is en hul nie in vrees hoef te leef.

Koos ·

Sjoe, hier word baie geteem oor wetsgehoorsaamheid. Wonder hoeveel van hierdie mense stop ooit by ‘n stopstraat? Skynheilige Afrikaners. Selfs fietsryers ry in bondels op besige paaie sonder om hulle aan die padreëls te steur.

Mickey ·

Koos, ek kan maar praat oor wets gehoorsaamheid ek is een van dai min gesaaide mense wat by n stop straat stop. Gebruik self my flikker in n parkeer area. Ek het nog NOOIT n boete gekry nie en bestuur al vir meer as 20 jaar. Raak nie eers kwaad vir mense wat voor my inry nie. En dan by gesê ek sukel ek tot om n spinnekop in my huis dood te maak. Maar as ek jou kommetaar lees glo ek dat jy die een is wat die stopstraat ‘skiep’. En so bietjie vinniger as wat jy moet in die straat afjaag. ..ek neem aan jy die skynheilige Suid Afrikaner waarvan jy praat.

Mrs H ·

Is jou van dalk “van der Merwe”? Is jy Skyn, en ek is Heilig? Sies Koos! Terug na die berig…. Ek glo nie die man is geskiet vir padreels nie, maar ek wil wel vir hom en sy famillie sterkte toe wens. Dis skokkend.

Oupa Vlakvark ·

Geagte (ouma) Yolanda, welkom in ons geledere wie se kinders en kleinkinders almal permanent oorsee woon. Die huidige wêreldwye mensemigrasie is die grootste migrasie in die geskiedenis van die mensdom. Maak vrede daarmee.
Ons wat in SA agterbly: kom ons strewe daarna om sout en ‘n lig te wees op die pad van geregtigheid en naasteliefde in hierdie sondige wêreldorde. Die menslike lewe is kortstondig. Benut, geniet en waardeer elke oomblik. Kyk hoe gesels die voëltjies met mekaar. Gaan maak vir jou ‘n lekker koppie boeretroos.

Charlie ·

Stem volkome saam Oupa Vlakvark, kom ons leer mekaar medemenslikheid, hou op gedurig kla, maak ‘n lekker koppie koffee, of tee, as jy verkies, en maak ‘n nuwe vriend, doen iets vir iemand anders , maak nie saak of jy hom of haar ken nie, wees dankbaar vir wat jy het, en geniet dit.

Geraamtes ·

Ons soek geraamtes van ouds terwyl die huidige Suid Afrika brand…

KP ·

Dit is hoekom SA in die toestand is die wit mense moet nie kla nie. Die fietsryer is nou die vark in die verhaal want daar word nou eerder gefokus op padreels en hensoppers asof hy die oorsaak is wat indie verlede gebeur het, as wat die onskuldige man op n afgelee plek sommer net geskiet is blykbaar om hom te beroof.EK IS SKAAM AS WIT SUIDAFRIKANER .

Robert ·

Hoe lyk dit vir my dat sekere bydraes/kommentaar word in die asblik gegooi? – Wat gaan aan Maroela?

Estelle Oelofsen ·

Hier rondom ons is baie fietsryerbane langs die paaie. Baie populêre fietsry area, Kromdraai, Elandsdrift, Swartkop, Nooigedagt en verder. Selfs deur Lammermoor plotte. Nie te veel verkeer nie. Het juis vanmôre op pad kerktoe verby ses van hulle gery. As ek na die foto kyk waar dit gebeur het, moes dit op so ‘n fietsrybaan gebeur het. Ek sou sê, moenie alleen ry nie. Ek sien die mense ry meestal in groepies.

JP 29 ·

Is hier dalk lesers wat by Kromdraai fiets ry? Ek stel voor ons begin groepies van vrywilligers as beamptes op strategiese plekke op die roete staan. Ek wil self nog daar fiets ry, maar ek het nou ‘n vrees, want ek wil nie met ‘n vuurwapen rond ry en myself verdedig nie, die etters het meer reg as ek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.