ʼn Man word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel nadat hy Sondagoggend geskiet is toe hy glo by die SAUK se kantoor in Bloemfontein ingebreek het.
Brig. Thandi Mbambo, Valke-woordvoerder, het gesê ʼn veiligheidsbeampte het omstreeks 04:30 ʼn vermeende betreder in die kantoor opgemerk en bystand ontbied.
“Die man het glo die veiligheidswagte aangeval waarna een van die beamptes sy vuurwapen uitgepluk en die verdagte geskiet het.”
Die Parkweg-polisie en nooddienste is na die toneel ontbied waarna die verdagte na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling.
Mbambo het gesê die Valke ondersoek klagte van sakeroof, betreding, kwaadwillige saakbeskadiging en intimidasie.
ʼn Aparte klag van poging tot moord word deur die polisie ondersoek. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn en die ondersoek na die voorval duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Mooi so
Poging tot moord regtig, selfverdediging hoop gereg sal geskied vir di betrokke persoon.
Ek wonder wat het hy daar gaan soek?
Die veiligheidswag kort beter opleiding
Moontlik nog n brandstigter.