Man geskiet toe hy hom tydens kaping teësit

Die rooi Kia Rio waarmee die kapers vort is. (Foto: Rusa/Facebook)

’n Man is die afgelope naweek twee keer in die maag geskiet toe hy hom teen drie kapers teëgesit het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die man het Sondagaand ’n huispartytjie in Buffelsdraai in KwaZulu-Natal bygewoon. Die man het gedurende die partytjie in sy vriend se motor gaan sit sodat hy sy selfoon kon laai.

Drie onbekende mans het die rooi Kia Rio genader en die slagoffer beveel om uit die motor te klim. Hy het geweier en een van die verdagtes het ’n vuurwapen te voorskyn gebring en ’n waarskuwingskoot geskiet.

Die slagoffer het steeds geweier om gehoor te gee aan die kapers se bevele en hy is twee keer in die maag geskiet voordat die kapers in die motor op die vlug geslaan het.

Die gewonde man is ná die voorval na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die publiek word intussen versoek om enige inligting rakende die gekaapte rooi Kia Rio (registrasienommer NJ 34545) by Rusa by 086 123 4333 aan te meld.

Maroela Media het ’n navraag aan die provinsiale polisie gestuur en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

koos10 ·

Geen kommentaar op hierdie berig nie.

Ek wonder net hoekom Maroela Media begin om sensuur toe te pas. Beide artikels oor COVID hierbo is GESLUIT vir kommentaar. Hoekom MM???
Onthou dat dit op Facebook gedeel kan word? Wil julle werklik julle reputasie op die spel plaas?

Suzette ·

Al n geruime tyd Koos10. Op alle berigte van covid asook inentings word sensuur toegepas. My kommentaar gister op bus van DA wat gebrand is, is nie eers geplaas en al wat ek gevra het is hoe VRY, REGVERDIG EN VEILIG gaan die verkiesing wees. So ja wonder ook maar net

Misky ·

Ek het self ook opgemerk. Ek dink daar is moontlik te veel opinies rondom die onderwerp en die mense begin al baklei onder mekaar

Persheks Adri ·

Hierdie verdomde misdadigers wat nie vir hulle eie goed kan werk nie! Jou lewe is dit nie werd nie ek hoop maar die ou gaan dit maak… Waar is hoed se mense wat ons moet beskerm? Ag toemaar ons doen dit self!!!

Cherokee ·

Hy’t êrens gelees hy moet ‘n waarskuwingskoot skiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.