Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 28-jarige man het omstreeks 07:30 by die Olievenhoutbosch Plaza stilgehou om geld in te betaal toe hy deur twee gewapende rowers genader is. Een van die rowers het hom in sy regterarm geskiet voordat hulle hom aangerand het. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant en die man se wit Nissan Almera gevlug.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was in ʼn ernstige toestand toe paramedici op die toneel aangekom het. Hy is na ʼn Johannesburgse hospitaal gehaas.
Moloto het gesê ʼn saak van poging tot moord en kaping word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Weereens, te maklik om te roof as om op eerlikke wyse geld te verdien! Mos lekker om onskuldige niks vermoede mense te teiken!
Weereens gaan dit weer n statestiek wees!
Uit die berig lees ek weereens dit was ‘n “inside job” .Daai rowers het geweet hy kom met ‘n groot klomp geld daar aan op daai tyd.Die dat hy sumier gewond is om hom dadelik en vinnig buite aksie te stel.Hulle was nie per ongeluk of toevallig daar toe hy daar stilhou nie!Hy is ingewag.
Wat is n “Hi-Jack hotspot.
As die polisie weet van so iets hoekom bestaan dit nog ?
Hi jacking hotspot bord! is dit nou net vir die foto of is daar plekke met sulke borde?
(enter at own risk) of dalk (rape hotspot) Wêreld maar dis erg.
Laat mens dink né. Nou kan die polissie hulself vrywaar deur net borde oral op te sit.
Jammer vir die jong man.