Man geskiet tydens Centurion-kaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Pretoria is in ʼn ernstige toestand nadat hy by ʼn winkelsentrum in Centurion deur rowers geskiet en erg aangerand is.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 28-jarige man het omstreeks 07:30 by die Olievenhoutbosch Plaza stilgehou om geld in te betaal toe hy deur twee gewapende rowers genader is. Een van die rowers het hom in sy regterarm geskiet voordat hulle hom aangerand het. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant en die man se wit Nissan Almera gevlug.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was in ʼn ernstige toestand toe paramedici op die toneel aangekom het. Hy is na ʼn Johannesburgse hospitaal gehaas.

Moloto het gesê ʼn saak van poging tot moord en kaping word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willlie ·

Weereens, te maklik om te roof as om op eerlikke wyse geld te verdien! Mos lekker om onskuldige niks vermoede mense te teiken!

Tiger ·

Uit die berig lees ek weereens dit was ‘n “inside job” .Daai rowers het geweet hy kom met ‘n groot klomp geld daar aan op daai tyd.Die dat hy sumier gewond is om hom dadelik en vinnig buite aksie te stel.Hulle was nie per ongeluk of toevallig daar toe hy daar stilhou nie!Hy is ingewag.

Philip Jordaan ·

Wat is n “Hi-Jack hotspot.
As die polisie weet van so iets hoekom bestaan dit nog ?

Otter ·

Die teenwoordigheid van sulke waarskuwingstekens beteken die staat het die vermoë om burgers te beskerm nie. Plan B help ‘n bietjie om dit te ondervang, maar ‘n Plan C is nodig vir meer selfbeskikking!

E ·

Hi jacking hotspot bord! is dit nou net vir die foto of is daar plekke met sulke borde?
(enter at own risk) of dalk (rape hotspot) Wêreld maar dis erg.
Laat mens dink né. Nou kan die polissie hulself vrywaar deur net borde oral op te sit.
Jammer vir die jong man.

Jakes ·

Dan moet hulle voor die parlement in die Kaap en voor die uniegebou in Pretoria ook borde oprig: ‘CORRUPTION HOT SPOT’ .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.