Man geskiet tydens Centurion-rooftog

Die Mall@Reds in Centurion. Foto: http://www.mallatreds.co.za/

Die Mall@Reds in Centurion. Foto: http://www.mallatreds.co.za/

ʼn Man is Maandagaand geskiet toe gewapende rowers op ʼn winkelsentrum in Centurion toegesak het.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat vyf verdagtes omstreeks 18:30 ʼn juwelierswinkel in die Mall@Reds-winkelsentrum beroof het. “Die eienaar van die winkel is in sy voet geskiet,” het sy gesê.

“Sakeroof word ondersoek, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.” Huma kon nie onmiddellik die waarde van die juwele wat gesteel is, bevestig nie.

Hoewel die polisie nie die naam van die winkel wou bevestig nie, het sosialemedia-gebruikers die winkel as Heide-Marie Meier Jewellers geëien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Concerned Citizen ·

Hierdie is die tweede rooftog in een week by daardie sentrum. Verlede week was dit die Vodacom winkel die oggend vroeg. Sentrumbestuur sal die sekuriteitsmaatreels moet opskerp daar. Hoe kan daar twee rooftogte in een week wees en hulle kry nie eers een ou gevang nie? Hoe moet mense met ‘n geruste hart na daardie sentrum toe gaan as dit gebeur. Ten minste is niemand ernstig beseer nie, maar dit kon baie erger gewees het. Hulle sal moet sekuriteit opskerp!!

Karma ·

@Concerned Citizen – synde dat ek werk by ‘n winkelsentrum (nié dié een wat beroof is nie), kan ek vir jou sê die algemene geval is dat die sekuriteit óf self betrokke is by die roof-gevalle òf voordeel daaruit trek om swakpunte van ‘n sentrum se sekuriteit uit te wys aan die “would-be criminals”. Wie dan nou beter as iemand wat “inside insight” het en jou kan vertel hoeveel wagte daar wanneer is; die wagte kan selfs help tydens die insidente deur hul pêlle te laat weet wanneer ‘n wag gou op ‘n badkamer-breek is, of met ete is ens. ens. ens. “Sentrumbestuur” kan die beste sekuriteitsmaatskappy op kontrak aanstel en die kontrak na die beste van hul vermoë bestuur, maar die menslike faktor is altyd daar …

Jan ·

Winkel sentrums het nie juis motivering om hulle sekuriteit te verhoog nie – nie solank hulle sakke nie geraak word nie. Die versekering betaal en die publiek hou maar aan koop. Onthou verskerpte sekuriteit is beide duur en dikwels ongerieflik vd kliente. Maar stuur bietjie ‘n veldtog van stapel om ‘n sentrum te boikot vir ‘n maand – dan sal hulle vinning spring.

Adriana ·

Dit wil vir my voorkom of daar geen sekuriteit aksieplanne in plek is van sentrumbestuur se kant af nie. Ek was op die boonste verdieping en sekuriteit het eers na ‘n ruk kom seker maak of almal op die boonste vlak, by die gyms, veilig is. Niemand was tydens die gebeure op die betrokke valk in kennis gestel nie. Kan sentrumbestuur nie dalk ‘n aksieplan in plek bring nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.