Man geskiet tydens hoewe-aanval in Muldersdrift

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is op die spoor van verdagtes nadat ’n man Vrydagaand in die been tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe in die omgewing van Muldersdrift geskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het Saterdagoggend aan Maroela Media gesê die man het omstreeks 20:00 ’n geluid by die voordeur in die sitkamer gehoor waarna hy skielik vier gewapende verdagtes opgemerk het.

Volgens Masondo is die man in sy been onder die knie geskiet waarna die verdagtes die huis ingestorm en geplunder het.

Twee selfone, ’n televisie, ’n DVD-speler en ’n beursie is gebuit voordat die verdagtes op die vlug geslaan het.

Die slagoffer is ná die voorval na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling, het Masondo gesê.

Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes by die naaste polisiestasie of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

’n Saak van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Werner ·

Maar het die DA dan nou nie die ANC en EFF tot stilswye gepraat in die parlement nie . Hulle het ook nou n klomp debatte gevoer dog nou al wat n aanvaller is is land uit . Wens ons ou mensies wil besef dat ons heil nie meer by n politieke party le nie ons moet na onsself kyk niemand gaan dit vir jou doen nie . Plaaswagte met oordentlik opgeleide reaksiemagte wat binne die wet opereer sal n afname in aanvalle mee bring . Maar o wee dis baie lekkerder by die braaivleis vuur en mamma se geselskap as om bietjie patrollie te ry of te reageer en paaie toe te maak in noodgeval .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.