Man geskiet tydens rooftog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Saterdag geskiet en gewond tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn juwelierswarewinkel in Kimberley in die Noord-Kaap.

Lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het die winkel op die hoek van Long- en Blackstraat binnegegaan en die eienaar met ʼn vuurwapen aangehou. Een van die mans het glo ʼn polisieuniform aangehad.

Volgens Cloete het die mans op al die juweliersware in die winkel aangedring. Die eienaar van die winkel het glo geweier waarna ʼn struweling uitgebreek het. “Die eienaar is in sy been geskiet waarna die verdagtes sy hande en voete vasgebind het en die winkel geplunder het. Hulle het in ʼn wit BMW gevlug.”

Cloete het gesê die polisie soek steeds na die verdagtes en het ʼn beroep gedoen op lede van die publiek om hul te kontak indien hulle enige inligting het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Babs ·

Winkeleienaars en personeel sal een van die dae almal gewapen moet wees. Deure sal gesluit moet bly en klante een-een ingelaat word. Verbby is die dae wat mense vroeg oggend voor toe winkeldeure gewag het vir die uitverkopings om te begin. Moordenaars kan dalk nou saam met jou staan en wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.