Man geskiet tydens rooftog

Foto: @EmergencySSS/Twitter

Foto: @EmergencySSS/Twitter

‘n Man is Maandag geskiet en gewond tydens ‘n rooftog in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die man was saam met ‘n vrou op pad om geld by ‘n bank in te betaal toe hulle in Mainweg deur twee gewapende mans voorgekeer is.

Traut sê die twee verdagtes het die man geskiet en met die onbekende bedrag geld gevlug.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die man, in sy 20’s, is in die maag geskiet. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Traut sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.