Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die man was saam met ‘n vrou op pad om geld by ‘n bank in te betaal toe hulle in Mainweg deur twee gewapende mans voorgekeer is.
Traut sê die twee verdagtes het die man geskiet en met die onbekende bedrag geld gevlug.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die man, in sy 20’s, is in die maag geskiet. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Traut sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en roof.