Man geskiet tydens winkelrooftog

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man van Westonaria in Gauteng is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy Sondagoggend talle kere geskiet is tydens ʼn rooftog by ʼn plaaslike winkel.

Russel Meiring, ER24 woordvoerder, sê die slagoffer is deur lede van die publiek te hulp gesnel en na ʼn huis naby die winkel geneem.

“Die paramedici het onmiddellik met die behandeling begin en kon daarin slaag om die man se toestand stabiel te kry,” sê Meiring.

Die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal in Carletonville, Westonaria se buurdorp, vervoer.

Meiring sê niemand anders is in die voorval beseer nie. Dit is ook onduidelik wat in die voorval gesteel is.

Die misdadiger het van die toneel gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.