Man geskiet, vrouens vasgebind tydens aanval op kleinhoewe

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy helder oordag op ʼn kleinhoewe in Elandshoek naby Cullinan deur gewapende rowers in die bors geskiet is.

Johannes Jasper, woordvoerder van die polisie, het gesê die 55-jarige man was in sy agterplaas besig toe twee mans met vuurwapens hom oorval het. ʼn Struweling het ontstaan en skote is afgevuur. Die man is in die hand en bolyf gewond.

Volgens Jasper het twee vrouens wat in die huis was, vermoedelik die man se dogter en skoondogter, uit die huis gehardloop gekom toe hulle die skote hoor. “Die rowers het hulle terug in die huis in gesleep en vasgebind. Hulle het die huis omgekeer en selfone, elektriese ware en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel. Hulle het ook ʼn vuurwapen uit die kluis gevat.”

Die rowers het ʼn Corsa-motor wat op die erf was, gesteel en daarmee weggejaag. Die motor is later ʼn ent weg van die huis af gekry waar dit omgeslaan het.

“Die man is na die Steve Biko-hospitaal gehaas. Hy is in ʼn kritieke toestand,” het Jasper gesê. Die vrouens het ligte beserings opgedoen, maar is nie gehospitaliseer nie.

ʼn Saak van poging tot moord en roof word ondersoek. Geen verdagtes is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media kan ter wille van die slagoffers se veiligheid nie hul name bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Liefdeskind ·

tsk, tsk…. “….die wapens uit die KLUIS..”
Wat soek dit in die kluis mense?

pop ·

En dan se mense nog dis nie gemik op witmense nie. En weereens kom die gemors weg met n wapen, want hy is nie waar hy hoort nie. Hy hoort aan jou gedra te word sodat jy darem n redelike kans tot selfverdediging het. Ai tog.

Debs ·

Die gemors weet mos daar is altyd geld en vuurwapens op kleinhoewe. My hart gaan uit na julle almal.

Waar en wanneer gaan dit ooit end kry….. die gemors is mos almal bang vir slange….. dalk moet mense speelgoed slange by hulle hou…… en wanneer hulle oorompel word, moet dit slang na hulle toe gegooi word …. DAN moet jy sien hoe hardloop die suurstof diewe ……

eddie ·

Dit gaan nie end kry nie. Ons mense op kleinhoewes en plase sal een of ander tyd moet wakker skrik en gereed wees vir sulke gevalle,wapen aan die sy,familie gereed om hulp aan te vra of alarm te maak en besef n mens staan nie n kans kaalhande teen n gewapende nie.Uitoorle hom op ander manier.n Dooie held beteken niks.

Winston ·

Speelgoed slange? Nee wat. Ek hou lewende pofadders en kobras van tyd tot tyd in my huis waarna hulle vrygelaat word. Al my werkers weet dit. Wapen is ook nie in my kluis nie. Dra altyd een by my en ry nêrens absoluut nêrens, sonder my wapen nie. Sterkte aan die slagoffers. Dis met afkeur en skok dat ek feitlik elke dag n nuwe berig oor aanvalle moet lees. Dankie Maroela. Ek sien dit glad nie elders nie.

Christine ·

En almal wat ‘n vuurwapen besit se besonderhede is mos veilig in SAPD se stelsel! Kom ons ruil, kontant vir inligting, is mos aan die orde van die dag.

Christine ·

Ai tog. Almal se besonderhede wat wapens besit is mos op die SAPD se stelsel. Wat is dan makliker te bekom: jou inligting vir my kontant.

Sonja ·

Dis tragies hoeveel mense deesdae aan geval en gedood word. Wanneer is genoeg genoeg?

Johannes Meintjes ·

‘n Gewapende burgery wat ‘n onteenseglike reputasie vir zero verdraagsaamheid vir ongeregtigheid, aanvalle, diefstal en boewery opbou is die antwoord. Daar sal vir ‘n wyle politieke, linkse, liberale en SAPD histerie wees, en dan sal die boodskap tot in die hoogste kantore insink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.