Man geskop toe hy betogers met verfbalgeweer ‘skiet’

’n Man is in Seepunt geskop dat hy bly lê het nadat hy ’n skare betogers kwansuis met ’n verfbalgeweer geskiet het.

Waarskuwing: Die klankbaan van die video bevat godslasterlike taal. Lesers wat aanstoot kan neem, word gevra om die klank af te skakel.

Die eienaar van ʼn Kaapse sekerheidsmaatskappy is uit die hospitaal ontslaan nadat ʼn skare betogers hom Vrydag op straat aangerand het.

Die man het blykbaar met ʼn verfbalgeweer geskiet op ʼn groep mense in Regentweg, Seepunt, maar hulle het hom te lyf gegaan en so erg aangerand dat hy op sy rug op die sypaadjie bly lê het, berig Cape Town Express.

Die video wat van die voorval geneem is, het ʼn beroering in die sosiale media veroorsaak, maar die man se naam is nie bekendgemaak nie omdat vir sy gesin se veiligheid gevrees word.

In die video kan gesien word hoe ʼn man iets wat na ʼn geweer lyk op die skare mense in die besige hoofstraat van die kusvoorstad rig. Eers loop ʼn man met ʼn wit banier na hom en dan volg nog mense.

Terwyl die man met die verfbalgeweer terugtree in die rigting van die motorhek van ʼn woonstelblok, skop ʼn man in ʼn rooi T-hemp hom. Hy word in ʼn hoek vasgedruk terwyl nog mense hom skop. Nadat hy blykbaar geval het, hou hulle aan om hom toe te takel.

ʼn Rukkie later daag ʼn polisiebeampte op en dan nog een, wat die skare laat spaander.

Die aanval hou blykbaar verband met die Dis-Chem-staking, want kort tevore het ʼn groep werkers en hul ondersteuners amok gemaak voor die winkel in die Point-sentrum oorkant die straat.

Sea Point : Cape Town members of EFF beating up a man.

Posted by Zain Soosiwala on Friday, November 30, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Katerina ·

Ai waarvoor moes hy nou gaan moeilikheid soek? So dom en onnodig. As hy nou dood was, wat van sy gesin? Totaal onnodig.

Koos de Meyer. ·

Verbal geweer. Neewat ‘n regte pistool sal beter werk. Ek sal my self verdedig. Dis al taal wat ‘n krimineel verstaan.

Sê maar net ·

Hy is met ‘n hammer ook oor die kop geslaan deur ‘n man met ‘n wit en swart hemp.

Jerry ·

Absoluut belaglik, n mens sou dink hierdie ou vat die koek, maar toe nou nie. AfriForum vat nog steeds die koek met die studente wat hulle na n baksteengeveg gestuur het met pepersproei!

Snowball ·

Regtig!! Hoe sleep jy Afriforum hier in? Jou onderrok hang uit!

Linda ·

Dis duidelik dat die aanvaller nie hul man kan staan nie, en een vir een kom, hul kom in n groep !!! sissy boys !!! shame !!!!

Nel ·

Wat kan ‘n mens anders verwag van die Mickey Mouse-brigade.

Johan H. ·

Nee Katerina,,, Dis nie moeilikheid soek nie,,,, Lees tussen die lyne ,,Die damwal begin bars,,, Ons kan nie meer die skuim hanteer nie,, Die sogenaamde polisie doen niks,,,Die glasie is besig om te kraak,,, Ek ondersteun die man tenvolle,,, Maar ongelukkig het ek n gesin,,, of sal ek se Gelukkig het e kn gesin!!!Binne kort is dit nie meer verfballetjies nie!!

Tik tok tik tok ·

Dink nie soseer gaan moeilikheid soek nie
Meer n kwessie van GATVOL

Ja nee ·

GATVOL? Nee wat, ek dink hy is onnosel. Ek is ook GATVOL, maar ek gaan verseker nie in die wind staan en pie-pie met so geweertjie nie – selfs nie eers met 9mm nie. Een persoon kan nie 40 aanvat nie, as jy ‘n revolusie wil begin, hoort jy meer as een te wees. Ek is seker hy het nie net begin lostrek nie, hy het sekerlik reageer op iets wat nie op video vasgevang is nie.

DS ·

Dis barbaars en klomp “cowards” om een man in ‘n groep so aan te val en aan te rand. Ja hy was stupid maar steeds hulle optrede onaanvaarbaar. Geen gevoel vir niemand nie maar nou ja as jy jou eie met motorbande kan doodbrand kan jy seker enige iets doen.

IK ·

Of jy dit wil weet of nie, jy is in Afrika . . . en jy het met donderweer te doene teenoor jou ‘ligte windjie’.

Nasionale Privaat Speurder ·

Vir ‘n Sekerheids Maatskappy eienaar behoort hy van beter te weet mits hy opgelei en gerigestreer is.
Dan aan die ander kant:
1. Hulle moes net omgedraai het en ‘n saak teen hom open van rig van vuurwapen.
2. Dit was verkeerd van hulle om so op te tree, maar albei partye was verkeerd.
Ek vat nie kant nie.
REALITY

Cherokee ·

So die ‘Nasionale Privaat Speurder’ dog toe ‘n verfbalgeweer is ‘n vuurwapen.

Se maar net ·

Wat die media nie sê nie is dat hul sy voertuie wou beskadig

Blommie ·

Ek stem saam met jou spuerder!
Jy kan nie n geweer rug op iemand en dink niks gaan gebeur nie…
Dis onverantwoordelik wat hy gedoen het en dit kon sy lewe gekos het.
In ons land probeer jy nie braaf wees nie. veral eenman teen n groep mense, geen wit mens sal hom bystaan nie.
Ongelukkig bly ons in die land en ons moet leer hoe om ons koppe te gebruik!

James ·

Los nou maar die verfballetjies, pepersproei, skokstokke ensomeer. 5,56mm NATO, of .223, as jy ou skool is. Werk oor ‘n verskeidenheid wapens. Die uitkoms, sou beslis anders gewees het.

Bess ·

Ek sien al meer gevalle waar wit en swart mekaar helder oordag in die strate aanval. Julle weet seker dat dit een van die tekens is dat anargie baie naby is?
En ag die paintball guns. Het julle die episode van Dark Tourist gesien waar hulle die Suidlanders besoek het en dié met paintball guns rondgehardloop het? Die wêreld het vir ons gelag en hierdie video versterk net weer ons bespotlikheid. Ek is moedeloos.

leser ·

pleks die persoon wat heeltyd skre” oh m……….. ,liewers kerk toe gaan, of die bybel lees en haar bekeer en die ander wat so slanerig is gekeer het en hulle tot bedaring / bekering gebring het

Poot ·

@Sputnik
‘n Verfbal geweer is miskien nie ‘n “vuurwapen” nie. Maar dit bly ‘n wapen (net soos ‘n besestok). en ja….. ek kan ‘n saak maak vir rig van ‘n vuurwapen (al is dit ‘n plastiek speelgeweer).
Dink voor jy iets sê. Onkunde is gevaarlik.

Chris ·

Onnodig, hkm n paintball gun, sekerlik sal die skare dit sien as negatief!!!!

John ·

Boikot Dischem. Besighede IS hul mense. Mense sal moet leer om so aan tegaan verrorsaak boikot en so ook personeel vermindering. Hierdie betogers sal moet leer so ook hul werkgewers.

Gerhard ·

Dit was nie juis slim van hom nie, tog moet ek wonder wat sou gebeur het as dit swart persoon was so deur n groep blankes geskop was.

Docpietza ·

Man met “hammer”is een met strepies hemp en bruin hoedjie. Kan sien hoe hy iets uit sak haal en begin slaan. Aanranding met doel om ernstig te beseer terwyl die man klaar op grond lê en geskop word. Gaan daar iets van kom? O Nee.

Hans, ·

What happend to him is Totaly Unaceptable! This attempted Murder by a Mob Must Not go unpunished! Cops and whoever is going to investigate this have enough evidence and must act! We as Nation must Not Condone it ! Lets See… Watch out! Its a slow build up to hell and its started long ago already….Awake!

Margaret ·

I agree with you! Sure, charge him too should he be found to be acting illegally but we cannot allow this type of thing to be acceptable. As long as you are part of a mob, you are untouchable.

Oop ·

Ongelukkig ‘n middel klas Batman. Sterk mooi aan, jy het gedoen wat jy kon in die situasie. Niemand het jou rug gedek nie en dit is die hartseer gedeelte van hierdie verhaal.

Penellope Jones ·

Baie dankie dat hy probeer het om te help en baie jammer om te hoor dat hy toe aangeval is.
Alle sterkte vorentoe.

Dit is bewys dat die unies die land “”regeer”” en sal doen net wat hulle wil, waar hulle wil, aan wie hulle wil en hoe hulle wil.
Hier is nie veel oor in SA nie – net frustrasie, disrespek, nyd ens.
Mafialand.

Raymond ·

By die hek staan 2 groot en sterk blanke mans. Niemand help nie julle is slapgat!!

Sputnik ·

….en jy sou oor die hek gespring het en hom tussen die aanvallers gaan red het, Raymond? Eish!

Obserweer ·

Wat ek obserweer is n klomp lafaards niemand tree tussen beide nie behalwe die polisieman almal maak videos enkele meter ver dus nou wit en swart. Dus hoe wetteloos ons land is die sekuriteits ou was verkeerd want hyt duidelik op hul geskied. Dus n klasieke geval van elke aksie het n reaksie.

Net ek ·

Obserweer of is dit waarneem?
Ek kan giggel oor taal gebruik en sien dit oral.
Dus beteken eintlik: met ander woorde.
Dus moet in hierdie sin lees DIS wat beteken dit is.

Willehond ·

Met n paintball geweer!!!! Hahahaha! Kom by my mater! Jy is in donker afrika. Gooi my met tennisballe en ek skiet met rubber patrone! Ek glo vas jou denkwyse het drasties verander. Sterkte.

Dom ·

Mense staan op en maak oe oop is tyd om die onkruid te begin uitroei. Ons is min maar ons is slim. Dis hoekom ons altyd sal wen

Manie ·

Daardie mense pak hom soos n klomp wilde honde. Hoe is baie braaf as húlle in sulke groepies beweeg maar kry hom alleen dan is hy so mak soos n lam

Gemaskerde Sopbeen ·

Dude, jy bring nie ‘n paintball toy na ‘n gun-fight toe nie? Wat het jy gedink gaan die uitkoms wees? Het jy regtig gedink almal gaan begin weghardloop as jy jou verfballetjies begin skiet? Gelukkig kan jy nou NOG bietjie tyd op jou rug deurbring en dink aan jou strategie……Sterkte.

anton ·

Waar kom jy aan die simpel woord nl. ”Dude”???
Nee regtig maar ons mense se manier van praat laat darm veel te wense oor!!!

Colette ·

Amazing hoe die ander ruggraat lose wittes staan en fotos /videos neem en nie sal help nie. Rather die as a Hero, just saying. Wite people need to catch a wake up and start standing together.

Dirk Breytenbach ·

Die videos wat geneem was is goeie getuienis om die aanvallers mee te identifiseer.

Komentaar ·

Witmense doen niks, hulle praat net en lewer komentaar, kan nie saamstaan nie…

Ek wonder.. ·

Nou wonder ek so.. Al die heroes hier wat sou inspring en help. Kom ons veronderstel al 5 het saam gestaan teen 40.. wat was hulle kanse? Ook dan dink julle nie daar sou n mes of 2 ook uit gehaal word as dit n ernstige geveg was nie? Hy het n dom ding gedoen, sou jy regtig jou lewe gewaag het om by hom te staan? Moenie so maklik oordeel as jy nie daar was nie, so groot skare is baie intimederend.

Binx ·

Adrenalien….dit sal maak dat ek saam daai ou sal fight. Het jy al gesien hoe spat so groep uitmekaar as adrenalien inskop en jy kop verloor en doodsgille gee. Blikemmer…hulle skrik hulle sommer in n ander DNA in.

LHS ·

Enige opgeleide sekuriteitsman behoort van heelwat beter te weet. Het hy gedink hulle gaan dink sy speelding is n regte wapen? Die klomp wat so baie te sê het oor die woonstelbewoners wat bo staan, eerstens sou hulle moes afspring om onder die muur te kom en dan was hulle reeds oorval. Enige oud soldaat of polisieman sal vir jou sê daar is n tyd om dapper te wees maar jy stap ook nie blindelings sommer net in n doodsakker in nie. Ek veroordeel ook die trop wilde honde maar ek sal eers graag meer inligting wil kry hoe hy daarin beland het, indien buite sy beheer kan ek verstaan maar indien doelbewus sou ek sê uiters dom.

Avra ·

Persoonlike dink ek die opskrif van die artikel gee nie weer wat gebeur het nie. Wat van “Man geskop en met hammer geslaan toe hy betogers met verfbalgeweer skiet”?

Net ek ·

Obserweer of is dit waarneem?
Ek kan giggel oor taal gebruik en sien dit oral.
Dus beteken eintlik: met ander woorde.
Dus moet in hierdie sin lees DIS wat beteken dit is.

LC ·

Cherokee moet iets negatiefs sê oor ander se kommentaar. Elkeen is geregtig op sy eie mening.

Dina ·

Almal staan en video’s neem met hulle fone en niemand veroer n vinger om die man te help nie. Hoe siek het die mensdom geword.

Anoniem ·

Die ou kyk seker dog the bounty hunter hulle gebruik verfbal gewere. Ek sal nie skroom om te skiet as hulle met hul oproerigheid my aanval. Die wet se wanneer jou lewe bedreig worden jy jouself nie kan beskerm teen die aanvaller mag jy tot die uiterste oorgaan en jou vuurwapen gebruik. Dus as n skare op jou toesak en jou motor met klippe bestook dan word jou lewe bedreig en ek het my voorgeneem ry ek weer die R59 en hulle gooi my met klippe dan skiet ek.

Jane ·

Nee hy is nie net geskop nie, HY IS OOK MET ‘N HAMER GESLAAN> hy het probeer om sy KIND te beskerm en dit met ‘n verfbalgeweer wat nie veel skade doen nie. Die KIND WAS nog IN DIE KAR wat die betogers aangeval het . so as julle nie die storie REG vertel nie … kom laat ek julle REGHELP>!~~!

Susan oosthuizen ·

Sekuriteit wagte gebruik amper almal paintball guns ten minste is daar een man wat nie staan en toe kyk hoe hul als vewoes ek kry skaam vir die drie wat saam gestaan en niks gedoen het om te help eerder fotos geneem watter tipe mense het ons Dan geword wat net toe kyk as iemand so aangerand word

Hein Strydom ·

My broer is verlede week deur stakende werkers by sy fabriek in Springs aangeval en was erg beseer en bewusteloos. Ander werkers ook erg beseer.
Polisie en media doen niks.
30 jaar se harde werk en werkverskaffing aan baie mense tot niet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.