Man geskors ná uitlating oor Spur-voorval

Kruger se beweerde inskrywing.

ʼn Werknemer van die Mangaung-metro in Bloemfontein is geskors weens uitlatings wat hy glo op sosiale media gemaak het in verband met die onlangse voorval by ʼn Spur-restaurant in Johannesburg.

Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, het gesê Chris Kruger, ʼn werknemer in die departement van maatskaplike dienste, het na aanleiding van die Spur-voorval op Facebook geskryf: “All the blacks are bast***s in my eyes. She should be bleeding if I was that man … for sure. Blacks belong in the locations and not in public places in town.”

Volgens Mlamleli is Kruger met onmiddellike inwerkingstelling geskors hangende verdere ondersoek na sy uitlatings en tugstappe teen hom. Mlamleli het gesê as uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro en voorsitter van die ANC-vroueliga sal sy nie die tipe gedrag van haar werknemers duld nie.

“Ons leef in ʼn demokratiese land wat nierassig en nieseksisties is nie. Suid-Afrika behoort aan almal wat hier woon, swart en wit,” het sy gesê.
Die voorval waarna Kruger verwys het, het verlede Sondag by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind.

Selfoonbeeldmateriaal is op sosiale media versprei van ʼn man en ʼn vrou wat met mekaar baklei nadat die man die vrou se seun glo daarvan beskuldig het dat hy sy kind geboelie het. Die vrou het egter aangevoer dit was die man se kind wat haar seun geboelie het.

Lees alle vorige berigte oor die Spur-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

118 Kommentare

Sanet Engelbrecht ·

Ons het nie sulke mense nodig in ons samelewing nie, uiters swak en onnodig… Maak my moedeloos oor ons toekoms…

Absoluut ·

Absoluut Sanet, ek stem 100% saam met jou. Ek is regtig moeg vir mense met sulke eng lewens, gedagtes en uitsprake. Ek ken mense van alle rasse groepe wat op my vlak is en assosieer met hulle, ek meng nie met mense wat nie op my vlak is, maw rassiste, onopgevoede en kriminele nie. Kan mens regtig soveel haat hê teenoor iemand wat se velkleur van joune verskil net oor die verskil. Daar is die Zuma’s en Malema’s, maar hul gaan hul beurt ook kry, ek hou my nie op met sulke mense en as ons almal ‘n voorbeeld is, sal die goeie die kwaad oorwin.

Jaco ·

Wat vir een geld moet vir die ander ook geld. Wat word nou aan die swart man gedoen wat uitlatings gemaak het rakende wit vrouens, kinders en ou mense wat vermoor en verkrag moet word???? Maar nou ja, hier in Suid-Afrika geld sekere dinge net vir sekere groepe mense.

Catryn ·

Watter toekoms SANET, die een met SWART bemagtiging en as jou bates, grond en huis onteien is ?? lekker vooruitsig as jy ook op straat gaan sit soos hierdie man

Freek ·

Ongeag die optrede van enigeen van die twee, ongeag kleur, herkoms of wat ook al, sal ek graag wil sien hoe die Spur franchises die man landswyd toegang gaan weerhou.. Mag die Eienaar van Spur, aan die houer van ‘n franchise opdrag gee om ‘n bepaalde persoon te verbied? Ek glo die besluit is onreëlmatig.

Ebie Swart ·

Nee ons het nie sulke mense nodig nie, maar ook nie die wat betrokke was in die voorval nie – nie die spur bestuur of personeel van daai Spur nie, nie die ouers betrokke, of opmerkings soos dit nie.

Dit gese, hopenlik word ELKEEN deur dieselfde kam geskeur wat rasse haat op Social Media sit – soos al die ander posts wat sirkuleer van swart mans wat op Facebook vertel hoe hulle wit vrouens wil verkrag en torture en doodmaak of met HIV los en hoe hulle al die wit mense wil uitmoor en verdryf van hulle land af wat wit mense gesteel het.

T ·

Dit is uiters swak smaak om sulke vieslike aanmerkings te maak. Gaan die mense nooit leer nie. Dis reg straf en skors sulke mense.

goga ·

Jammer maar daar is baie nie blanke mense wat erger goed as die man gese het (ek se nie dis reg van hom om so naar te wees nie..) maar is hulle geskors ..nee hulle mag se wat hulle wil maar laat enige iemand anders iets se wat vir hulle nie reg is nie dan gons die media .. ek is nie beter as ander nie maar mense maak julle oë oop ons leef in n tyd dat ons altyd verkeerd is ..

Alida ·

Is daar a tugstappe teen Julius Malema en Jacob Zuma geneem wat op openbare TV skreeu “kill the boer kill the farmer”

Catryn ·

nee – want die liberales en verligtes stem saam hulle, daarom sal hulle nie uitgehaal of vervolg word nie ……. is net sekere blankes wat rassisties is

Anel ·

Ek is noy al so moeg vir dubbele standaarde. Wat van al die uitlatings van MOORD teenoor al die blankes? Maar dis niks! Gelukkig glo ek die wiel sal draai. Ek vertrou dit. Ons sal weer opstaan!

Wim ·

Anel die wiel sal nooit draai nie kyk al die liberales se skrywes hier,maar hulle is doodstil oor al die uitsprake teen witmense. Bly kruip nes asof dit hulle gaan bevoordeel eendag. Ek is net so moeg oor dubbels standarde

Hester Weyers ·

Ja Anel, die wiel het gedraai, en dit is hoekom die blanke minderheid nou aan die ontvangkant is. Daar is vir jare baie erger teen mense van kleur opgetree, die oorblyfsels wat nou nog gesien kan word in die gedrag en opmerkings van die twee manne.

Brenda ·

As jy enige orige aanmerkings sien, meld dit aan. Ek vermoed al lank DIS “die volk” se grootste probleem. Hulle sit agteroor en wag dat iemand anders hulle red. Afriform/Solidariteit vat die sake verder soos ek dit verstaan. As jy een sien, moet dit nie aan facebook aanmeld nie, vat screengrabs en stuur dit aan and sol/afri. As dit nie by die regte owerhede offisieel aangemeld word nie, sal dit beslis nie verder gevat word nie.

Die man se uitlatings word nie deur ander mense se uitlating geregverdig nie.

T ·

Dit is baie swak smaak om sulke vieslike aanmerkings te maak. Gaan die mense nooit leer nie. Goed so straf en skors hom.

Kosie ·

Alweer ‘n wit Afrikaner man. Hy maak ons almal se naam sleg en versterk net ons alreeds swak reputasie.

Jo ·

Dit is ontstellend hoe agresief en onbeheersd sommige MANS optree.

dirk ·

ja. die ou is regtig dom en onopgevoed om sulke uitlatings te maak

Frik ·

As jy sulke uitlatings maak moet jy maar die gevolge dra, hoe onnosel kan mens wees. Gegewe die pos wat jy dien in jou huidige werk posisie. Nee allemagtig man trek jy n Zille op jouself.

Magda ·

As jy nie ore het nie dan moet jy maar voel. Geen simpatie met jou nie.

Humpty Dumpty ·

Dit was pleinweg stupid, ons weet mos nou die anderskleuriges word nie vervolg vir blatante haatspraak en rassisme nie, maar die wittes doen? Waar is die Maasdorp ou en al die ander swartes wat die wittes wil doodmaak en hulle kinders verkrag ? Waar is die polisieman wat rassistiese aanmerkings teenoor ‘n wit vrou gemaak het en ander wit mans aangerand het wat gewaag het om hulle name en range te vra? Hoekom is nie een van hulle geskors nie? Die witman word HEEL EERSTE geskors en daarna is die MRK en die EFF en almal op sy case .. ASOF die SPUR sage nie nou al genoeg LYKE agtergelos het nie, is jy ook nou een .. HOU TOG OP OM simpel uitsprake te maak op Sosiale media, ons weet oms nou net blankes word vervolg, HOEKOM doen julle dit nogsteeds?

Lynette ·

Ek stem saam met wat sy werkgewer se, maar betwyfel of sy dieselfde sou se as die skoen aan die ander voet was. Kom ons kyk in die toekoms.

Frik ·

Anel solank huidige regering aan bewind is sal die dubbel standaarde daar wees. Praat nie eers van wat Julius alles kwytraak nie. Maar is dit nodig dat ons na hulle vlak toe daal met die uitlatings van Kruger?

m ·

Ai ai sit tog n wag voor jou mond. Jy kan nie sulke goed kwytraak en dink jy gaan een of ander hero wees nie. My oom jy is oppad om jou werk te verloor. Hierdie outjies is mal oor sulke goed. Kyk tog wat jy kwytraak in die vervolg moenie jouself in die voet skiet nie….

E.K. ·

Les: Bly WEG van alle sosiale media as jy nie jouself in toom kan hou nie.

Joe ·

Dink wat jy wil, maar oooo asseblief tog moet nie se wat jy wil. (Menseregte en vryheid van spraak ???) !!!!!

Rene ·

Daar dan so baie rasistiese uitlaatings oor wit mense en niks word ooit gedoen aan hulle nie… hoekom hy….

Eugene ·

Niks minder as reg nie. Ongelukkig is daar n Groot persentasie afrikaners wat soos Kruger dink! Daar is nie plek vir sulke mense in ons samelewing nie.

Kosie ·

Dit is so. Ergste van alles is, is dat die rassiste trots is om so op te tree. Ek was in die verlede nogal geskok om sommige kommentare hier te lees. Hier is mense wat vir jou prontuit sal se hulle is trotse rassiste en dan uitdagend verklaar “wat gaan jy daaromtrent doen.” Red nou ‘n nasie met so ‘n volk.

Scalla ·

Die uitlatings kan nie goedgekeur en gepraat word nie, al word n mens hoe kwaad en gefrustreerd, tree asb konsekwent teen almal, let wel nie net n sekere groep nie, op. Dit raak by die dag erger.

Pop ·

Nou kan ek nie meer tel boeveel mense op sosiale media hulle hele lewe verwoes nie. Ek is nie op een nie!!! Loop kuier vir iemand as jy behoefde het om sosiaal te wees.

AL ·

Ek stem Pop. Mense leer eenvoudig nie! Sosiale media maak mens in elk geval net negatief en kwaad.
Baie van hul probeer mens uittart, en dan is daar mense wat stupid genoeg is om in daardie lokval te trap.

BEN ·

Die man is seker maar, soos baie van ons, frustreerd met die huidige situasie in die land. Ons moet maar waak teen wie, waaroor en waar ons uitlatings maak. In hierdie land is dit ‘n baie gevaarlike en duur speletjie. Raak rustig !

Sêmaarnet ·

Stem saam Ben. Blankes in die land moet besef ons is in ‘n ‘koue oorlog’ gewikkel en dat dubbel standaarde aan die orde van die dag is. Jou spore op sosiale media kan nie uitgevee word nie.

Lollie ·

Hy moet maar net om verskoning vra soos wat die ander gedoen het. Hulle het daarmee weggekom maar glo nie hy sal nie want hy is ongelukkig wit. Hy het duidelik nie gedink nie. Dit sal nooit end kry nie.

Marius ·

Maroela media ek wens ek kan vir julle en die ander mense ‘n facebook inskrywing stuur waar ‘n Ntuthuko M Simelane se hy gaan ons dood maak en die jong verkrag en brand.Dit was ‘n uitlating oor die spur voorval.

Hoekom word hy nie vervolg???????

Rox ·

Ja asb stuur aan na Afriform sodat hy ook aangekla word want dit klink vir my dit geld net vir wittes. So keelvol.

Nicolene Boshoff ·

Ek wil net her inner DAT ons tot op uiterste getart word in ons werksplekke ennwaar ons beweeg. Hou jouself eerder still want alees wat jy se kan teen jou gebruik word. Norm dit smeek, wat ook al jy wil, ASB my mense bly weg van die versoeking om kwaad te word die wereld soek om ons te “vervolg”

Lynni ·

Miskien is hy moeg vir sy werk. Hy moes geweet het daai inskrywing gaan die einde van sy loopbaan wees. Dink wat jy wil maar ASB moet dit nie hardop verkondig nie.

Demokrasie ·

“Demokrasie” is die kans wat die minderheid gegun word om aan sy eie ondergang deel te neem.

VanAfrika ·

Hierdie is n geval wat jy aan ander doen kom terug na jou. Mense moet ophou gal braak op social media. Hoeveel keer word hulle gewaarsku dat jou werknemer kan jou afdank oor sulke uitlatings en dit maak dit soveel moeiliker vir jou om weer ander werk te kry want nou weet almal wie jy is.

Koos1 ·

Stop die lorrie. Hier in die berig staan iets geskrywe wat vir my veel belangriker is en wat maklik mis gelees kan word. Die burgermeester sê sy is die burgermeester en voorsitter van die ANC vroue liga en sal nie toelaat dat haar werknemers sulke gedrag openbaar nie.
Die man werk vir die stadsraad en seer sekerlik nie die ANC nie.
Is ons nou al so ver dat staat en politiek nie meer geskei word nie? Wat het dit te doen dat sy haar ANC “credentials” moet ingooi? Is dit nie maar net nog olie op die vuur gooi nie?

Catryn ·

ANC beheer meeste stadsrade, en die politieke party in meerderheid maak die “reels” ongelukkig … al is die munisipaliteit nie ‘n instelling van die ANC nie …… hoe ironies, meeste munisipaliteite het die lig gesien onder kolonialisme ….. dws die ANC lid wat haar uitspreek werk ook vir ‘n kolonialistiese instelling, sy sit ook in die Stadsraad, wat ‘n munisipale gebou is, wat deur “kolonialisme” bewerkstellig is – dis nou as mens vir zuma moet glo oor “kolonialisme”… :) :)

Asjas ·

Wat my nou weer gegrief het was haar stelling dag sy nie sulke gedrag van HAAR werknemers sal duld nie. Van wanneer af behoort ons aan iemand? My werkgewer besit my beslis nie! Ek is nie ‘n slaaf nie. Werkgewers betaal jou ‘n salaris om ‘n taak of sekere take uit te voer … punt. Net GOD kan my besit.
Ek kry daagliks te doen met juis sulke dames wat dink hulle is nou my baas, ek help hulle gou reg.
Die man wil seker ook maar so bietjie met lang, betaalde verlof by die huis sit en voel hoe dit voel om geld te verdien terwyl jy op vakansie is, dis immers die Afrika manier?

Piet Pompies ·

Hemelse vader, help my om nie net myself te respekteer nie, maar ook elke ander persoon wat my pad kruis. Ek besef dat ander mense ook gerespekteer moet word.

Arme pop ·

Pop. Jy het so pas jou kommentaar op “sosiale media” gecomment….maar jy “is nie op” sosiale media nie volgens jou.

Penelope ·

Alida ek stem saam met jou….Waar is daar stappe geneem teen daai 2 opstokers???
Ai tog, mens mag dink wat jy wil, maar nie se wat jy wil nie. Ons land is in groot moeilikheid!!

Susan ·

Wat as daar gesê word dat wittes lewend begrawe moet word en hulle kinders met Vigs besmet word?

Marius ·

HI Susan nie as dit gese word dit word op facebook gese en niks gebeur kyk my kommentaar hoer op.

AL ·

Ons wag nog vir die skorsing van minister van sport se woordvoerder.
Bly weg van sosiale media, dit kan jou duur te staan kom.

Bitter ·

Ok, en al die uitlatings en dreigement wat ons nie-blanke medemense gemaak het oor die einste video – gaan hulle ook geskors en stappe teen hulle geneem word??????
Dis belaglik!!!!!

Dee ·

Dit was n onnodige aanmerking en moes nooit gebeur het nie, maar het enige iemand die wrede en beledigende aanmerkings op FB gesien wat deur swart mense gemaak is? Sommige van daardie mense het dinge gese wat baie erger is as wat die man gese het en daar het niks van gekom nie. Die dame wat van HAAR werknemers praat moet asb besef sy werk vir die belastingbetaler.

Sw ·

Hulle tart jou uit, en wag dat jy iets verkeerd iets sê wat teen jou gebruik word.
Ek het hul altyd koel en kalm iets gesê van sies skaam jy jou nie dat jy sulke goed kwytraak nie. Dadelik stop hul of van hul probeer jou verder uittart WEER moet jy koel en kalm optree.
As jy jou cool nie kan hou nie, onttrek jouself vir jou EIE beswil.

Erick ·

Sjoe. Hierdie artikel het nou omtrent ‘n klomp wurms uit die houtwerk laat kop uitsteek.

cor ·

Kan n mens so dof wees en jou hele toekoms op die spel plaas werk en alles. Uit die mond van’n dwaas kom sy eie ondergang. As jy nie sosiale mediaen jou naaste kan respekteer nie bly weg daar want jy gaan jou gat sien finish en klaar.

Kabous ·

Idioot!

Tong in kies: Miskien moet hy net om verskoning vra.

#VelhapiKhumalo wat vir die Gauteng regering werk en getweet het alle witmense en hulle kinders moet Nazi-styl uitgewis het, is gelukkig net ‘n skriftelike waarskuwing gegee.

Hy het om verskoning gevra.

Nic ·

Mense my beginsel is altyd , Dink nou maar skryf eers môre veral op sosiale media

Louis ·

Sy onverantwoordelikheid SAL die rede wees dat hy as broodwinner afgedank gaan word.
Ek wens die mense wat so behep is oor die kleur kwessie, net vrede in hul harte sal vind.
My beleid was en is nog altyd, dat kleur nie vir my saak maak nie, maar wel die standaard van die persoon. Ek kommunikeer liewer met ‘n ander kleurige wat ‘n hoë standard handhaaf, as om met die wit gomtorre wat geen standard het nie en net ‘n verleentheid vir ons is en moeilikheid maak. Dis omdat hulle geen selfbeeld het nie en sotlik optree.

Rupert Ashford ·

Ai my Omie, nou is jy jou werk kwyt omdat jy in die hitte van die oomblik jou selfbeheer verloor het. Wag voor die mond mense… Probleem is hy kan om verskoning vra soveel hy wil, maar selfs al kan hy met skriftelike waarskuwing wegkom (na baie geld bestee aan verhore en verdediging) sal sy lewe hel gemaak word by die werk totdat hy maar uiteindelik sal loop.

Op ‘n ander noot sien ek hier is ‘n FIGJAM ook tussen die kommentare. :-)

erica ·

ja as eers verkrag word met n ak in di mond en jou pa word gesteek orals op sy lyf en in n deepfreeze gegooi glo my dan sal jy n ander deuntjie sing.dis my pa en my suster en God se genade het ek n plaasaanval oorleef.so julle klomp rugstekers hou julle monde .ons almal het die reg om iets te se net soos die ander rasse.

Rox ·

Erica jammer om te hoor van jou pa en suster. Ek stem saam hoe jy voel oor die rugstekers. Wag totdat dit met hulle gebeur dan sing hulle n ander deuntjie. Ek glo die man wat die dinge kwytgeraak het op sosiale media is ook keelvol vir dubbel standaarde. Daar word die heeltyd op wittes gepik punt.

Mariana ·

Goed so laat hy sy werk verloor, hy wil mos sulke nonsens praat.

Von ·

Nouja Mariana, laat jy inspring en hierdie lot ook laat afdank. 8ch.net/boerchan/res/162.html#390

Mariana ·

Von, ek het nie nodig om enige iemand af te dank nie, iemand wat sulke nonsens kwyt raak, ongeag kleur dra by tot verdere probleme in ons pragtige land en is verantwoordelik vir hulle eie hartseer. Jy kan so sarkasties daaroor wees soos jy wil, maar jy weet dit is die waarheid.

Pieter ·

Wanner gaan ons mense grootword? Verkeerde is verkeerde, ongeag wie (of hoeveel mense) daarmee wegkom! Integriteit is juis om die regte ding te doen – ORAL en ALTYD! Dit is nie net op sosiale media nie, maar ook om die braaivleisvuur. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moet ook nie ander se verkeerde optrede gebruik om jou verkeerde optrede te regverdig nie. Maar ai, ons sukkel maar daarmee…

Japie ·

As hy dit kwytgeraak het moet hy sy werk verloor en klaar. Maar ek wonder – hoekom sal ‘n Mnr Kruger iets op Facebook in Engels skryf, boonop so ‘n gruwelike sentiment, veral wanneer hy vir die staat werk! En dan nog vir Maatskaplike Ontwikkeling! Ek wonder of is sy facebook nie “gehack” nie. Sluit julle rekenaars wanneer julle nie daarop werk nie, mense! Ook julle fone, enigeiemand kan jou foon vat, op jou facebook ingaan en iets daar gaan skryf.

VirJapie ·

Japie, verstaan jy hoe hack werk? Jy kan dit sluit, jy kan dit afsit en verbrand, hulle kan nogsteeds hack. Toevallig dat mens altyd hackers blameer as iets doms gedoen word

Buitestander ·

Waarom moet nuusmedia so ‘n boodskap plaas en nog vir kometaar vra?

pieterdp ·

Ek hoop die redakteer lees dit. My mail adres is op en jy mag my kontak as jy nie gelukag is nie.

Die dat die blankis so tekere gaan is omdat daar n eensydige siening is oor rasisme.

Leer eerder ons blankis om toe te sien dat ons wat ook al nie af daal na die vlak van die wat ander oordeel. Blank of nie blak of wat ook al nie. Daar is wonderlike mense in alle rase laat die liewer hande vat en ons land bou.

Plaas liewer berigte in die media wat op bouend is soos. Slawerny. Dis verby nie een persoon vandag moet sê hul is nie as fry mense gebore nie. Jamer moet ek verklaar dat baie vroue nog as slawe verkoop word en die nogal deur hul eie ouers.

Dan ook dat die blankis van 94 die weg gebaan het vir n beter toekoms vir almal. Ons as blankis nie die die andere volke onder dwang wil hou nie. Dat elke persoon vandag sy eie toekoms bepaal.

Die belangrikste dat ons saam werk en moet leef in liefde soos ons self.

Irene ·

Is daar nie genoeg hartseer in SA om so tekere te gaan nie ons almal leef in vrees swart wit en bruin wonder net wat sal gebeur as daar iets hier gebeur wie help en wie hardloop weg Ons Vader gaan oordeel

Gerrit ·

Interessant hoe vinnig daar weereens teen ‘n wit persoon opgetree word, maar honderde swartes wat letterlik moord skree bly onaangeraak. Die dubbele standaarde in SA skree ten hemele. Ruggraatloosheid en rugstekery onder wittes speel ook so reg in die kraal van ander.

Phillip ·

Nou praat jy die waarheid, ek het baie te se maar besef ek moet vir eers still wees…

kobus4e ·

Die grootste problem is dat ons eie mense nie genoeg kan kry om hule eie mense wat iets verkeerds gedoen het te stenig nie. Moet alewig hul eie volk self aan die boom hang en vir almal vertel, wat wil en wat nie wil hoor, hoe sleg is ons eie mense…” al weer ‘n wit Afrikaner man” of alweer ‘n so of so wit vrou, of soos Hester hier bo beweer daar is baie erger ding aan mense van kleur gedoen…. Waar slaap jy as jy moet oplet na die HELE land, nie net een insident. Wat jy en jou mense aan hulle gedoen het weet ek nie, maar as jy dit regverdig wat vandag in ons land gebeur met jou redenasie, kry ‘n lewe pop, dis verniet. Hoor julle dat die ander volke hulle eie mense so sleg maak, of beskuldig? Is dit ons politieke korrektheid wat maak dat mense wat sulke twak kwyt raak soos van die mense in die kommentaar op die berig? Kom ‘n slag saam en LEEF SAAM met jou eie mense, nie op jou eie heilige klein eilandtjie nie.

Dan ·

Kobus4e – Jy slaan die spyker op die kop. Die reaksie van die liberaliste op rassistiese uitlatings deur anderskleuriges teenoor blankes toon nie naastenby dieselfde venyn as teen hul blanke volksgenote nie. Die verraad in ons eie geledere is elke dag openlik te sien in forums soos hierdie en is die rede vir die ontsaglike verdeeldheid tussen ons. Die probleem is nie die mense van ander volksgroepe nie – die probleem is reg tussen ons en hulle is blank. Sogenaamde verligtes, polities-korrektes (twakpraters soos jy hul tereg noem), andersdenkes en dienooreenkomstiges, en hulle is presies die rede waarom ons volk hom in die grootste krisis van sy bestaan bevind en op die rand staan van ‘n enorme fiasko.

Piet Le Roux ·

Ons is baie gou om mense te veroordeel : daar is meer as een FB rekening vir “Chris Kruger”, die persoon wat na bewering die kommentaar gelewer het is “Chris Kruger snr” so dit is nog glad nie bewys dat dit dié Chris Kruger was. Verder maak Chris Kruger geen melding op sy FB rekening dat hy op enige manier aan die MMM verbind is, dit is MMM wat die inligting bekend gemaak het, as dit hulle in a verleentheid plaas is dit hulle eie skuld!

PJN ·

Tree respekvol op teenoor almal om respek in die lewe te verdien. Om te skree en te vloek voor ander mense in ‘n openbare plek verdien nie respek nie en is en laag en gemeen. Hoe dink julle…………. was die ander mense in die Spur se eetlus aangewakker of gedemp gewees deur die voorval. Ek sou opgestaan het, rekening betaal en uitgeloop het sonder om klaar te eet. Niemand is die held/heldin in die episode van die Spur nie …net een woord …..swak……. in ‘n beskaafde samelewing. As jy met haat in jou hart rondoop teenoor enige iemand anders in die land….. is dit allermins die platform om dit te bewys. Bid eerder dat die Here vir jou ‘n nuwe hart en nuwe gees in jou binneste sal gee en dat Hy jou hart van klip sal uithaal en vir jou ‘n hart van vlees sal gee.

CR ·

Demokratiese land! Nie waar nie. Suid Afrika behoort aan wit en swart! Ook n leun,die ANC sorg net vir hulself. Is net baie jammer van daai uitlating,maar,dit moet geld vir almal,nie net op wit konsentreer. Baie lief om die raskaart te speel.

Renier ·

Ek dink Afrikaners het ‘n invloei van nuwe genetiese materiaal nodig, al die inteling wat daar in Afrika plaasgevind het is duidelik die oorsaak van toenemende gebrekkige intelligensie.

Riana71 ·

As die kop dom is, moet die lyf ly. – Net rondom die Spur-debakel. My persoonlike opinie is dat Spur die hele situasie verkeerd hanteer het. ‘n Vraag: Daar moet altyd ‘n werknemer van Spur by die speelplek wees wat ‘n oog kan hou oor die kinders. Was daar so ‘n persoon teenwoordig? Indien wel, hoekom het hy/sy nie die situasie hanteer toe dit plaasgevind het nie? Of moet ek eerder vra of die persoon wat wel ‘n ogie oor die kinders moes hou dalk eerder besig was met sy/haar foon, dalk op FB in plaas daarvan om sy/haar werk te doen? Het Spur die “werknemer” aangespreek? Die kinders en hulle ouers moes dadelik, voor die situasie onsmaaklik geword het, deur die bestuurder aan diens aangespreek gewees het en kon die situasie heel waarskynlik ontlont gewees het. Gaan Spur vir al die kinders wat in die speelarea was, wie se gesigte gewys word en wat ook nou kan beweer dat hulle emosionele skade gely het as gevolg van die feit dat hulle in die video was, betaal vir berading? Ek wonder maar net!

Theresa ·

Wil graag aan Erica hierbo en ander wat al deur ‘n martelsessie en moord-/verkragtingverwante gevalle blootgestel was sê : Hoe moeilik moet dit nie wees om dit te verwerk nie!! Hoe ontstuimig voel mens nie vir dae, weke, maande selfs jare daaroor nie!! Self geen voorstaander van FB of enige ander metode van kommunikasie waar beledigende woorde gespreek word nie – maar dis haas onmoontlik om regverdig te dink as soveel onregverdige ongeregtighede misgekyk word wat deur andere gepleeg word en meeste kom skotvry daarvan af, terwyl daar deeglik toegesien word dat ‘n ander groep hewig gestraf word. Waar is die weegskaal van geregtigheid???

Christel ·

Laat ons maar dink wat ons wil maar mag nie se wat ons wil….ne !!!!

*M* ·

Ek stem, mens is moeg vir al hierdie rasisme maar jitte tog……hoekom word net wit mense vervolg oor goed wat gese word? Hoekom word net dit wat die witmense sê op voorblad nuus gesit? **MOEG vir hierdie land**

SARIE VAN HEERDEN ·

Die Spurperdprobleem is nou al holrug gery. Almal se dieselfde en niemand het ‘n oplossing nie. Rassisme is oor die wereld heen hier om te bly, so ignoreer dit eenvoudig . Daar is GEEN land wat kan spog dat hul nie rassisme ervaar nie. Eintlik kry ek die aan die ontvangkant jammer want hulle kan tog nie help vir die velkleur waarteen gediskrimineer word nie.

Adam ·

Toegegee dat ons ‘n vrotsige regering het, dat die opposisie partye ook grotendeels maar min om die lyf het, dat rassisme hoogty vier ens. , maar kom ons dink vir ‘n oomblik hoeveel beter verhoudinge tussen mense sou wees as ons bloot net goeie maniere teenoor mekaar openbaar het. Beide die twee voorvalle waarna in sommige kommentare na verwys is, toon blote onbeskofte optrede van die betrokkenes (die twee mans sowel as die vrou) As ek dogters gehad het sou ek waaragtig nie sulke mans as skoonseuns wou gehad het nie.

antonie ·

wel, hy moet geweet het hoe die politiek waai, hy het dit te ver gevat, die mense is sensitief en sal soek vir n rede om ons in die sop te laat beland

Gatvol ·

Elkeen moet boet vir sy dade, maar ek soek regverdigheid, waarom moet net sekeres gestraf word??

Franz ·

Die vrou in die Spur debakel moet dan nou toegang he na die veiligheidsvideo wat die “Spur” weier om bekend te stel aangesien sy duidelik nie gesien het wat gebeur het nie. (So, wie lieg nou). Ek hoop die eerwaarde uitvoerende burgermeester het onthou dat skorsing ingevolge die wet in afwagting op verhoor, met betaling is. As Spur se dat hulle “grates” burgers nou tot nuut is om die publiek te straf moet hulle ook weer dink aangesien Spur besig is om te vergeet waar hulle vandaan kom. Die eienaars van die “spurs” gaan die Hoof SPUR opvoeter aangesien die Hoof mos dink dat hy ‘god’ is. Vat hulle Garrye en Pieter ens

Rln ·

My oorlede ma het altyd gese…”moenie jou hand op papier sit nie” wel..moenie jou hand op enige instrument op internet plaas nie! Wat geskryf is, is geskryf… Wyse woorde van haar.

Johanna Botha ·

Hoe dom van Chris om dit te wil se …so daar het jy dit nou Chris …sonder jou werk presies wat jy kon verwag met sulke woorde ….dink voor jy skryf man !

snoepie ·

Wanneer gaan die mense leer. Sê eerder hoe jy voel aan jou familie of vriende. Moenie dit op media deel nie. Daar is mense daar buite; wie se werk dit is; om die soort ding dop te hou. En dan is jy in die moeilikheid. Ai ai….

Zelda Boshoff ·

As ek die man is kry ek n bitter goeie advokaat en nail die swart politici wat Kill a boer kill a farmer aanmoedig of One settler one bullet. En ek onthou Nr 1 het dit n paar jaar terug aangemoedig. Hoekom is die blankes sulke papbroeke om saam te staan en terug te baklei met die reg in hul hand. Solidariteit en Agri-Forum het al heelwat sake gewen. Die man moet slim wees en vir hom n goeie regspan kry. Wat goed is vir die ene, is goed vir die ander!

C ·

Die moderne tegnologie…….as dit nie so maklik was om jou se te se nie, was minder mense in die sop. Mense, weerhou jul tong van kwaadpraat……daars n rede waarom dit in die Bybel geskrywe staan.

Rubber ·

LEER ONS MENSE DAN NIE….BLY EERDER STIL .. JULLE TONG IS DIE KLEINSTE DEEL IN JOU LIGGAAM MAAR VEROORSAAK JOU EIE ONDERGANG…….ASB LEER JOU LES….JY SELF TREK AAN DIE KORTSTE END

Francie ·

Ek stem saam, Rubber. Kan mense nie maar hulle kommentaar vir hulself hou nie? Dis beter om jou sê te sê waar dit nie skade en skande vir ander beteken nie. Jy speel so reg in die kraal van kritici, en skep ‘n verleentheid vir die res van die wit mans wat nie met hom saamstem nie. Dis nou die hoeveelste geval in die onlangse verlede – dink maar aan die doodskis voorval. Dis nie nodig om mense nog van gratis skietgoed te voorsien nie!

Lourens ·

Hy loop nie in die straat en skree maak hulle almal dood nie, doen hy?

Bella ·

As jy blank is in hierdie land: hou jou mond! Gaan praat in jou binnekamer met God. Vertel Hom oor al die onreg. Hy kan beter wraak neem as jy.

Bella ·

Die Vader weet alles. Hy weet wat in ons omgaan. Laat Hy wraak neem. As jy blank is bly stil en Gaan kla by Hom.

Willie E ·

Dit is hoog tyd dat alle balnke afrikaners van verdomde sosiale medie,facebook.twitter,whatsapp en wat ookal afklim,dit is ons grootste doodsteek…ons gaan ons self vernietig daarmee…LEER ASB NOU EENMAAL JUL BLEDDIE LES!!!!!!!

Helizna ·

As ‘n mens na die oom se FB profiel kyk, is dit baie privaat. Net sy FB vriende kan sien waar hy werk en wat hy post. Dus was een van sy FB vriende sy verraaier.

Aan Helizna ·

Soos ek nog altyd se, ons grootste vyande IS ons eie vriende, ons EIE blankes, ek argumenteer nogsteeds dat al die videos en al die fotos en screenshots wat geneem word wat die grootste bohaai veroorsaak, ALTYD uit die wit geledere self kom.(Doodskisvideo, pers gesig studente, Spur video). Die wittes verraai ander wittes, die boere verraai ander boere wat wapens versteek het om hulleself mee te beskerm die wittes verraai hulle mede-kollegas .. dit is SO tipies.

frikkie ·

Hy kan bly wees die doodstraf is weg anders sou hy die doodstraf gekry het, SA het nou soos islam geword. Praat teen hulle en jy moet dood

Gert ·

Mense….. Ware Christenskap en redding beteken dat ons navolgers van Christus sal wees….. Die antwoord lê tussen die blaaie van Bybel vir almal om te lees…. Christus Jesus se lewe en sterwe was spesifiek en Sy nalatenskap baie duidelik…. Dat ons mekaar sal liefhe en sal verdra… ALMAL…. En dit sluit alle nasies en tale in…. Doen ons dit nie, maak ons die Evangelie van Jesus kragteloos en word ons soos kurkproppe wat rond dobber op die see…. Ons leef in baie onstuimige en onseker tye en het nodig dat ons die Liefde wat Jesus aan ons voorhou sal uitdra na ander… Vennyn teenoor enigiemand is totaal onvanpas en onsmaaklik en hou net nadeel in… As ons almal in vrede wil leef, moet dit die een ding wees waarheen ons beweeg en dit is eenheid in Liefde. God is Liefde… So kom ons vat hande en pak net positiewe boustene om ons land en sy mense te stig en nie af te breek nie… Dit is geen maklike taak nie ek weet…. Kom ons bid tot die Vader vir ons regering en leiers vir leiding en verandering waar nodig sodat al die sinnelose haat, moord, korrupsie ens tot ‘n einde kan kom…. Onthou die 22ste April lei oom Angus ons in gebed na die troon van die Vader vir genesing van ons land… Ons kan nou al ernstig saam bid vir die saak en mekaar en ander positief bemoedig en benader….

Woordeloos ·

Gert dit is nie so duidelik.Almal lees uit die bybel maar verskil. It is all in the head!

Hilda ·

Wat van die swartes wat op sosial media se hulle wil die wittes uit rooi hoekom word daar niks aan hulle gedoen nie maar omdat dit n wit persoon is word hy geskoks die land het dubbel standarde

Hans ·

Dis hierdie tipe mense wat die oorsaak is van plaasmoorde.Ek dink n rassis veroorsaak hel in hierdie land.

Dirwou ·

Ons as blanke gemeenskappe hoef nie alles te aanvaar nie Ons raak net gewoond daaraan Maar om dom goed te se en doen en dit op die internet te plaas geniet dan maar jou pakslae As jy iets doen of n opinie lewer ALLE MEDIA AF

Amelia Louw ·

Maroela – Publiseer asseblief nou al die # Black Twitter kommentaar oor die voorval ook, en kontak daardie werkgewers en kyk of dieselfde reaksie verkry word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.