Man gesoek na baba se wrede moord

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn man wat glo sy vriendin se sewe maande oue babadogtertjie vermoor het, deur haar herhaaldelik teen hul huis se mure en plafon te gooi.

Dan Plato, LUR van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met enige inligting oor waar die man homself bevind.

Volgens Plato het die man vroeër die week sy vriendin se baba, Inganathi Mnandi, in Philippi vermoor. “Hy het na bewering die baba herhaaldelik teen die mure en die plafon van hul huis gegooi terwyl hy en die ma rusie gemaak het,” het hy gesê. Die baba is op die toneel dood.

Die man het daarna glo op die vlug geslaan.

“Hierdie wrede moord van ʼn onskuldige baba vra van ons almal om seker te maak die persoon wat hiervoor verantwoordelik is, staan tereg voor die owerhede,” het Plato gesê. “Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap van Philippi om die bedroefde ma by te staan en inligting aan die polisie te gee wat hulle kan help om die skuldige in hegtenis te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DPJ ·

Hier is nou ‘n geval dat die man geweld wat hy moontlik teen die vrou gehad het op ‘n onskuldig baba uitgehaal het. Hy hou geen goed vir die gemeentskap in nie. Moet permanent uit gemeenstap verwyder word. Sterkte aan die vrou.

Lieks ·

Dis siek verby!!!! Daai arme arme klein dogtertjie… Ek is sommer naar as ek net dink waardeur sy moes gegaan! Ek stem Irah… ‘n Oog vir ‘n oog in die geval!

alida ·

Hoop die gemeenskap kry hom sommer gou-gou in die hande !!!!Die res is geskiedenis.

reinette rautenbach ·

Ek hoop die gemeenskap kry hom in die hande voor die polisie. Watter soort mens doen so iets?

annette duvenhage ·

En dan gaan sit hy in die tronk met 3 maaltye en ‘n dak oor sy kop en die belasting betaler moet maar hoes om die gemors agter tralies te hou. So wie word eintlik gestraf vir sy misdaad…..Jan Publiek.

Loon ·

Almal soek…of probeer soek na die man, kan ons dalk n naam kry en n foto?
Jy moet soek maar jy weet nie na wie soek jy nie.
Hy word mog net gesoek, dit is mos nie teen die wet om dan sy naam bekend te maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.