Man gesoek oor Claremont nagklub-moord

Juan Jacobs. Foto: SAPD

Juane Jacobs. Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn 35-jarige man wat glo meer inligting kan verskaf oor ʼn voorval waartydens Carl Schoombie (27) dood is toe hy aangerand is kort nadat hy ʼn nagklub verlaat het.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoekspan het rede om te glo dat Juane Jacobs die polisie kan help met hul ondersoek na Schoombie se moord. “Jacobs se laaste bekende adres is Iron Wood Park 17, Flynnstraat in Honeydew in Johannesburg,” het sy gesê.

“Enige persoon met meer inligting oor waar Jacobs is, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Marlon Marais, by 060 7224 834 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.”

Maroela Media het vroeër berig Schoombie het op 21 November saam met vriende by ʼn nagklub in Claremont gekuier toe ʼn geveg uitgebreek het. Hy was egter nie daarby betrokke nie en het die klub in ʼn taxi verlaat. Die taxi is in die rigting van Rondebosch deur ʼn ander voertuig van die pad af gedruk, glo deur twee insittendes wat ook vroeër die aand by die nagklub was. Die twee het Schoombie en sy vriende glo daarvan beskuldig dat hulle die geveg begin het. Schoombie en sy vriende het glo herhaaldelik gesê hulle was nie betrokke nie, maar is nogtans erg aangerand.

Schoombie is met ernstige kopbeserings in ʼn hospitaal opgeneem waar hy ʼn paar dae later dood is.

Carl Schoombie. Foto: Facebook

Carl Schoombie. Foto: Facebook

Lee Schoombie, Carl se broer, het Vrydag aan Maroela Media gesê een verdagte is reeds vir die moord in hegtenis geneem en intussen op borgtog vrygelaat. “Die polisie is nou op soek na Juane Jacobs om hom te ondervra oor die saak,” het hy gesê.

Volgens Lee is Jacobs nie net op beeldmateriaal van veiligheidskameras by die klub gesien nie, maar sy naam is ook deur ooggetuies genoem.

“Jacobs word glo gesoek in verband met ander misdade in Lenasia, Sophiatown en Yeoville en hy was glo al voorheen in die tronk. Dit is vir my verbysterend dat iemand wat al voorheen in hegtenis geneem is en vir ʼn klomp ander misdade gesoek word, net so kan verdwyn,” het hy gesê.

“Daarom bied ons familie ʼn beloning van R25 000 aan vir inligting wat tot sy opsporing kan lei. Die besonderhede daarvan is op die Justice for Carl-blad op Facebook.”

Lee het gesê Jacobs het verskeie kenmerkende tatoeëermerke, onder andere ʼn leeu en wolf op sy regterarm, ʼn arend op sy bors en biddende hande en die woorde ‘J.S. Jacobs’ op sy nek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

N/A ·

Hi schoombie familly, My deepest sympothy, I last saw juane jacobs in East london in a bar in vincent area 1 day ago, I even spoke to him and he told me he lives in cambridge and just moved here from jhb, I will inform the cops if I see him, I dont want to be involved as I fear for my life, I hope that helps. Thankyou

Jade Schoombie ·

Hi,
Thank you for informing us.
Do you know Juane Jacobs personally or could it be someone that looks like him? Which bar did you see him in?
All information will be kept anonymous. If you could give anymore information that would be great.
Thanks again.

Hein ·

Dit is jammer om tesien dat mense sulke inligting gee en dan verskonings het. N/A JY dink net aan JOU self. Gaan raporteer dit by polisie en stap weg, jy het niks nodig gehad om dit tenoem op die net nie.

Schoombie familie jammer oor Carl se verlies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.