Man gesoek oor kamma-beleggingskema

Moeketsi Ntshasa (Foto verskaf deur die Valke)

Die Valke in Bethlehem versoek die publiek om hulle te help om Moeketsi Ntshasa op te spoor wat hulle moontlik kan bystaan in ʼn ondersoek na ʼn bedrieglike beleggingskema.

“Slagoffers het na bewering tussen 2018 en 2021 hul geld in ʼn maatskappy genaamd Integrated Investment Inn belê met die belofte om rente van tot 10% te ontvang,” sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Die slagoffers het egter nie hul geld ontvang soos beloof is nie en die maatskappy is ook nie meer beskikbaar by hul adres in Ladybrand nie.”

Die slagoffers het gesamentlik verliese van R15 miljoen gely.

“Enigiemand met inligting oor waar Ntshasa hom bevind word versoek om ao Sidwell Mpholo te kontak by 082 372 0386. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swerwer ·

Daar is soveel waarskuwings teen hierdie soort swendelaars vir jare nou al, hoe kan mense nog steeds gevang word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.