Man gesoek oor Reigerpark-ontvoering

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

Die polisie is op soek na ‘n man wat glo die laaste keer saam met ‘n driejarige seuntjie gesien is voor hy glo in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand ontvoer is.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, sê Curburne van Wyk is glo die laaste keer saam met Katleho Phoku, ook bekend as ‘Chicken’, gesien.

“Die polisie is op soek na hom [Phoku]. Ons glo dat hy ons moontlik in die ondersoek kan bystaan.”

Cuburne is glo Woensdag ontvoer terwyl hy omstreeks 16:00 buite sy ouerhuis in die Ramaphosa-informele nedersetting gespeel het.

Sy ouers het hom Donderdag as vermis aangemeld. Die polisie vermoed dat hy steeds in die omgewing is.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Curburne ʼn blou sweetpakbroek met geel strepe op aangehad.

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

Mense met inligting oor waar hy hom moontlik bevind, kan sers. Phathela by 082 733 8481 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.