Man gesoek oor tiener se ontvoering, verkragting

'n Foto van die verdagte. Foto: Verskaf

‘n Foto van die verdagte. Foto: Verskaf

Die Cradock-polisie in die Oos-Kaap het Dinsdag die publiek versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn 52-jarige verdagte wat moontlik verbind kan word met die vermeende ontvoering en verkragting van ʼn 13-jarige meisie.

Kapt. Stefanie Smith, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die beweerde ontvoering en verkragting het op 26 Augustus in die dorpie plaasgevind. Die man is ná die voorval in hegtenis geneem en moes op 20 Oktober weer in die hof te verskyn, maar hy het nie opgedaag nie.

ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

Die man het kort, donker hare.

Mense wat weet waar die man hom mag bevind, word versoek om konst. Sibongile Ngesi by 079 414 5565 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Drieks ·

Soms wens mens jy het nie die opskrif gelees nie. Kan jy op 52 regtig nie weet wat is dogtertjies en wat is tannies nie. Jy hoort nou in die ouma groep man!!!! Doodstraf….

snel ·

Stem saam Drieks, hoe het iemand nou die dag gesê…. sny sy water af. Dis siek, kinders moet beskerm word deur volwassenes, nie so beskadig en verniel word en hul hele toekoms opgeneuk nie. Hy het sy hele lewe gelewe, nou kom steel hy n gelukkige lewe van n weerlose jong meisie. Mag die publiek hom in die hande kry sodat niemand hom daarna ooit weer te siene kry nie…ruk hom uitmekaar.

Wonder-net ·

“Die man is ná die voorval in hegtenis geneem en moes op 20 Oktober WEER in die hof verskyn, maar hy het nie opgedaag nie.” HOEKOM is hy in die eerste plek, na sy eerste verskyning, nie in aanhouding gehou nie??????????????

Elizabeth ·

@Wonder net – stem SO saam, hierdie tipe misdadegers mag NOOIT op borg utikom nie. Hoe dink hulle – gaan hy REGTIG sit en wag vir sy hofsaak? Wie weet wat se geod het hy nei intussen weer aangevang nie? Net die ffeit dat hy nie opgedaag het laat mens mos dadelik dink hy is skuldig. Amebe! Hoop mense herken hom van sy foto en sorg dat hy gevang word!

Elizabeth ·

@Wonder net – stem SO saam, hierdie tipe misdadegers mag NOOIT op borg utikom nie. Hoe dink hulle – gaan hy REGTIG sit en wag vir sy hofsaak? Wie weet wat se geod het hy nei intussen weer aangevang nie? Net die feit dat hy nie opgedaag het laat mens mos dadelik dink hy is skuldig. Amebe! Hoop mense herken hom van sy foto en sorg dat hy gevang word!

Maritsa ·

Ek het hierdie ding gesien op facebook. As jy op die ou se profile ingaan, dan lyk dit meer asof hy en die meisiekind in n verhouding was, as wat hy ontvoer het. Die kind se ma was ook in n verhouding met hom gewees. Dit is nogal erg as jy die fotos sien wat hy gepost het van haar. Dit lyk werklik asof hulle in n verhouding was, En as jy die meisiekind se kommentaar ook gaan lees, dan lyk dit of sy totaal versot is op hom.

Elizabeth ·

Maritsa, dis nog ERGER! Kinders is baie ontvanklik op daardie ouderdom en die feit dat hy haar vertroue misbruik het vir sy eie wellus is net SIEK!

Wonder net ·

Hy is die volwassene, hy het GEWEET wat hy doen is verkeerd, dis mos vanselfsprekend dat dit nie normaal – of wettig – is nie. Hy’t haar “onkunde” misbruik ongeag van haar gevoelens vir hom. Wat egter vir my dwars in die krop steek is dat hy vrygelaat is en net kon aangaan. Sy is ‘n kind, en sal dalk eers eendag as ‘n meer volwasse mens besef dit was verkeerd, dan is die skade klaar gedoen. Dis hartseer dat die “wet” nie die kind se belange eerste gestel het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.