Man gesoek oor verkragting op minderjarige

Die verdagte Mark Paul (Foto verskaf deur die SAPD Oos-Kaap)

Die polisie in Port Alfred in die Oos-Kaap versoek die gemeenskap om hulle te help om ʼn verdagte, die 41-jairge Mark Paul, op te spoor.

Paul word gesoek in verband met ondervraging oor die verkragting van ʼn minderjarige, ʼn saak wat in Desember 2019 aanhangig gemaak is, het kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, gesê. Kort ná die saak aanhangig gemaak is, het die verdagte na Alexandria gevlug waar hy op ʼn plaas gewerk het.

“Pogings om hom deur sy familie en vriende te kontak, was tot dusver onsuksesvol,” het Govender bygevoeg. “Hy is nie as vermis aangemeld nie. Kort ná hy uit Alexandria gevlug het, is inligting ontvang dat die verdagte in Port Elizabeth en daarna Uitenhage tuisgegaan het.”

Paul het ʼn kenmerkende tatoeëermerk op een van sy bo-arms. Enigiemand met inligting waar die verdagte hom bevind word versoek om die ondersoekbeampte, speurdersersant Yapi te kontak by 071 475 2361, die Crime Stop-nommer te skakel by 08600 10111 of jou naaste polisiestasie.

Die verdagte Mark Paul (Foto verskaf deur die SAPD Oos-Kaap)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanniepetoors ·

Die polisie moet baie seker wees van hul saak as hul op so ‘n groot skaal na die vent soek. Hoop hy word baie vinnig aangekeer en dat die saak teen hom vinnig in baie lang tronkstraf eindig.

Onnie ·

Dit sal help as hulle sê wat die tatoeëermerk is, dan weet mense waarvoor om uit te kyk

Johan ·

Dit sal help as mens weet hoe lyk sy kenmerkende tatoeëermerk.

Cherokee ·

Jy kan vir mense vra waarom hulle lang moue dra, maar dan kan dit in ‘n probleem ontaard as hulle moue oprol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.