Man gesoek vir moord op polisielid

Sthembiso Chiliza (27) (Foto: Verskaf)

Die polisie in Hibberdene in KwaZulu-Natal het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn man wat glo ʼn oudpolisielid vermoor het.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, sê nuwe inligting oor die moord op Johannes Petrus Kleynhans (71) het die polisie nou genoop om ʼn soektog na Sthembiso Chiliza (27) te begin.

Gwala sê Kleynhans is in Julie vanjaar tydens ʼn huisroof in dié provinsie vermoor.

“ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Ons doen ʼn beroep op enigeen met meer inligting oor waar hy hom bevind vorendag te kom en sodoende die polisie te help om die verdagte op te spoor,” sê Gwala.

Mense met meer inligting kan ao. Pienaar bel by 083 588 1438 of die polisie in Hibberdene by 039 699 9801/06.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.