Die polisie in die Noord-Kaap het Dinsdag ʼn identikit van ʼn man uitgereik wat na bewering ʼn 21-jarige vrou van Kimberley in ʼn park verkrag het.
Lt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het op 23 Desember 2015 in ʼn park in Galeshewe plaasgevind.
“Die vrou is deur die onbekende man aangeval en oorweldig toe sy laataand alleen geloop het. Hy het haar aan haar nek gegryp en in ʼn bos ingesleep waar hy haar verkrag het,” het Tawana gesê.
Die man het die slagoffer glo met ʼn mes gedreig en gesê hy sal haar doodmaak as sy sou skreeu. Hy het ná die voorval van die toneel gevlug.
Die man het ʼn snor, is gemiddeld gebou en is sowat 28 jaar oud.
Mense wat die polisie kan bystaan in hul ondersoek word versoek om sers. Daniel Satisfied by 082 495 4725 te bel.
Ek wonder net hoekom leer die mense nie. Dit is so gevaarlik snags alleen en dan loop hulle nog. Ek weet soms het mens seker nie ‘n keuse nie, maar magtig man.
‘Die man het ‘n snor, is gemiddeld gebou en is sowat 28 jaar oud.’ Miljoene van hulle. Waarom is julle te bang om ‘n velkleur te noem? Die skets neig om ‘n Europese profiel te hê. Dink julle werklik dat die beskrywing is enige iets werd? Of is julle bang om ook deur ‘n kommissie ondersoek te word? Miskien maar ‘n regter vra om ‘n beter beskrywing te verskaf.
Cherokee, nie ” ‘n regter” maar “Diė regter” behoort te weet.
Maar natuurlik is jy reg W.e.l. :-)
Waarvoor raai? Natuurlik sal jy graag wil help maar as onvolledige inligting deurgegee word, ignoreer dit.