Man gesoek wat glo seuns by skool teister

Die polisie is op soek na Brent van Dam

Die polisie is op soek na die 38-jarige Brent van Dam in verband met ’n voorval by ’n Kaapse skool.

Die verdagte het na bewering na die badkamer van ’n plaaslike skool gegaan waar hy twee minderjarige seuns aangetref het,” het ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, gesê.

“Hy het een van die seuns glo versoek om die badkamer te verlaat waarna hy glo die ander seun wat in ’n hokkie in die badkamer was, gegryp het. Die seun wat die badkamer verlaat het, het teruggekom en die verdagte geskop. Hy het sy balans verloor en die seuns kon vlug.”

In nog ’n beweerde voorval het ’n minderjarige seun die badkamer op dieselfde perseel gebruik toe iemand toegang tot die badkamer probeer verkry het. “Die seun het met alle mag baklei om die deur toe te hou terwyl die verdagte dit probeer oopforseer het.” In die proses het die seun die verdagte se gesig gesien en hom as ’n werknemer van die skool herken.

Die polisie is na Van Dam se adres in Vermeulenstraat, Kaapstad, maar daar was geen teken van hom nie.

Die polisie se eenheid teen gesingsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het intussen ’n foto van die verdagte uitgereik en die publiek se hulp versoek om hom op te spoor.

Enigiemand met inligting wat tot die verdagte se inhegtenisneming kan lei, word versoek om sers. Themba Tobi by 082 522 1083 te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Miena ·

Hy sal wel met tyd erens opgemerk word. En DAN pappie…. gaan jy moet mooi verduidelik waarom jy dinge met skoolkinders wil doen eerder as met jou eie portuur…

Gaitsigubib ·

Die seun wat omgedraai het, om te gaan kyk waar sy vriend is en dan die man skop om sy vriend te bevry….Dis nou n jong man met karakter! Hy behoort vereer te word.

Elmarie ·

Gister kyk ek na ‘n epsiode van “Die Staat teen” wat spesifiek handel oor die pedofiel Biehl van Plett en word onder meer genoem in hofstukke deur mense wat met hom gewerk het dat pedofiele ongeneesbaar is (ek ys, want hy het nie vreeslike lang tronkstraf gekry nie) en dan lees mens van hierdie persoon en mens raak regtig beangs. Mooi aan die seun wat hom kon skop – jammer dis nie op ‘n ander plek gewees en dankie tog die ander kind het hom kon eien! Hopelik vind hulle hom baie gou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.