Man gesond ná sepsis uit rug verwyder is

André Bezuidenhout is Donderdag ontslaan (Foto: Verskaf)

“Hy het weer kleur in sy gesig en sy gemoedstoestand is beter. Hy lyk weer soos sy ou self.”

Só vertel Madelaine Prinsloo nadat haar skoonpa, André Bezuidenhout (62), Donderdag uit die Mediclinic in Nelspruit ontslaan is nadat meer as drie liter sug uit sy liggaam dreineer is. Bezuidenhout leef al sedert 2017 met ʼn bakteriële infeksie in sy rug en het vergeefs by verskeie hospitale om hulp aangeklop.

Maroela Media het vroeër berig dokters het in 2012 skroewe in Bezuidenhout se rug gesit as behandeling vir ʼn werkbesering. Hy het vyf jaar ná die operasie sepsis ontwikkel en sy gesondheid het sedertdien agteruitgegaan. Hy was byna permanent bedlêend, kon nie meer self loop nie en het chronies pyn ervaar.

Verskeie staatshospitale in Gauteng het hom die rug gekeer en Bezuidenhout en sy familie was al raadop.

Dr. Adam Schoeman, ʼn ortopeed in Nelspruit, het ná Maroela Media se berig op 5 Junie aangebied om Bezuidenhout gratis in die Mediclinic in Nelspruit te laat opneem en ʼn operasie op hom uit te voer.

“Ek het die dag in my spreekkamer gesit en op die berig oor Bezuidenhout afgekom. Ek het dadelik geweet dit is my as dokter se plig om hom te help,” vertel Schoeman.

Dokters het aanvanklik gedink die skroewe in Bezuidenhout se rug moet uitgehaal word omdat dit nie met Bezuidenhout se liggaam akkordeer nie en die sepsis veroorsaak.

Schoeman kon egter vasgestel dat die skroewe nie die “sondebok” is nie, maar dat dit ʼn kiem in sy rug is wat dié infeksie veroorsaak het. Dié kiem het moontlik tydens Bezuidenhout se eerste rugoperasie in sy rug beland.

Bezuidenhout se gesondheid het in 2018 begin verswak [Foto: Verskaf]

Schoeman het op 7 Junie X-strale van Bezuidenhout se rug geneem en besef hoe gevorderd sy toestand reeds is.

“Hy het ʼn baie erge spinale abses gehad. Die sepsis was al in sy bloed, wat hom sistemies siek gemaak het. Hy was tegnies besig om dood te gaan en moes so gou moontlik opgeneem word sodat ons die sepsis uit sy lyf kon kry.”

Bezuidenhout is dae later in die hospitaal opgeneem. Hy was in die afgelope twee weke drie keer in die teater waar die sepsis gedreineer is en was Woensdag vir die laaste keer in die teater waar die dokter die skroewe skoongemaak het.

“Die sepsis het oor die skroewe gegroei en ʼn tipe slym om die skroewe gevorm wat my skoonpa baie siek gemaak het,” vertel Prinsloo.

Bezuidenhout gaan voorlopig in Nelspruit bly en oor ʼn tydperk van twee maande Schoeman gereeld besoek sodat hy seker kan maak die sepsis is heeltemal verwyder.

“Hy is reeds ʼn ander mens. Hy het 12 kg opgetel en hy loop weer normaal,” vertel Prinsloo.

Bezuidenhout se dogter, Zania Prinsloo, sê sy is baie opgewonde om haar pa weer te sien. Sy het ook haar dankbaarheid teenoor die dokter en almal betrokke betuig.

“Alle eer aan God wat ons pa nog ʼn rukkie langer vir ons gespaar het,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Harley Davidson ·

Die staatshospitale soos alle staats instellings het so verswak dat dit neerkom op ‘n mors van geld en infrastruktuur, ek dink jy is op hierdie stadium beter af om by ‘n sangoma aan te klop vir hulp.

JohanR ·

Nie lank nie Jasper dan maak dit nie saak na watter hospitaal ons na toe gaan nie…..hulle sal almal staatshospitale wees. Ek dink jy is reg….ons sal moer begin soek vir “alternatief medicine”, of maar deur ou boere raat boeke soek.

Drico ·

So gebruik ons Vader vir dr Adam Schoeman om genade en liefde aan n medemens te toon bo mamon. Baie dankie Dr Schoeman!

Elinette ·

Mens moenie alle staatshospitale oor dieselfde kam skeer nie. Hier in Worcester, Wes-Kaap, is ons provinsiale hospitaal UITMUNTEND. Skoon, netjies, vriendelike personeel, goeie diens. Ja, die wagtye is lank, maar dié hospitaal is ‘n streekshospitaal en bedien ‘n baie wye area. Ek is baie bly dat daar ‘n dokter was wat die Eed van Hippokrates, wat hy die dag afgelê het toe hy gekwalifiseer het, nog ernstig opneem en bereid was om dié persoon te help.

chrisjan024 ·

Ek kan dieselfde se van die staatshospitaal hier in die Weskus. Skoon, netjies met vriendelike en behulpsame diens.

Deon ·

Dankie dr Schoeman… Mag jou hande en hart vir ewig geseend wees

Toy ·

Dr Schoeman dankie vir jou wat nog ‘n mens mens is teenoor ander, mag die Here jou seen elke dag in jou beroep en as mens ook.

Sandra ·

Ja, alle eer aan God en Dr Adam Schoeman. Dr Schoeman, jy is ‘n ware Godskind, dat jy jou oor die man ontferm het, en geweet het dat dit in jou vermoe is om hom te help. Ek hoop jou praktyk en jou lewe bereik nuwe hoogtes. Dit is nie alle Dokters wat dieselfde as jy voel oor hierdie soort ding nie. Hulle sal eerstens die geld sien voor hulle die pasient sien. Gods rykste seen oor jou.

Hennie ·

En hierdie spul ANC swape wil ons NHI bedryf! Kan jy jou nou net indink? Maar ek wed jou, as hulle ‘n ou spiertjie in die pinkie getrek het, dan sal hulle oorsee gaan vir behandeling! Tyd vir aggressie kom nader!

Oujongvrou ·

Dr Schoeman jy is n groot man. Ons weet jy het dit nie gedoen vir eer nie, maar omdat jy n sagte hart het. God gaan jou nog ongelooflik seen en jy sal nog groot hoogtes bereik. Mens kan niks ontvang in n toe hand nie.

Vanessa ·

Mag God Adam Schoeman ryklik seën. As daar net meer dokters was soos hy. Daar is soveel mense wat swaar kry maar die rug word op hulle gedraai. God se oë is nie toe nie.

Jr ·

Wel wat kan een sê sonder dat jy ‘n rassis genoem word. Maar party dokters is BUGATTI’ s en our ander is tricycles

Ian ·

Laekker om goeie nuus te lees. So bou God sy kerk. Die een maak die ander een gesond.

Ansie ·

Dr Schoeman, daar is ‘n spesiale plekkie in die hemel vir jou en mense soos jy wat harte van suiwer goud het. Die Here seën jou omdat jy die talente wat Hy aan jou gegee het, tot Sy kinders se voordeel gebruik.

Johan ·

Dankbaar dat daar ten minste een dokter is wat nog vir mense omgee.

Jerry ·

Dr Adam Schoeman, jys n gentleman. Ek haal my hoed af vir jou!

LANA is ELANè ·

Fantastiese gebaar van ‘n dr wat nog menslikheid in hom het.
My hart was so seer vir die man toe ek die 1ste artikel gelees het. Ek is so opewonde vir hierdie man wat ek nie eers ken nie se vooruitsigte tov sy gesondheid verder.
Heerlike atikel tussen al die verdoemenis en somberheid.

Jan de Bruin ·

So mooi om dit te lees Dr. Adam Schoeman man alleen het jy ‘n mede mens gehelp waar hierdie mooie nuwe Suid-Afrika die man in die steek gelaat het. Ek hoop Ramaphosa sak sy kop in SKAAMTE, om aan die stuur te staan van so ‘n nutelost gesondheid stelsel en nog voort ploeg vir die NGV met ministers wat oneties is gaan my verstand tebowe. Dr Schoeman in my opinie moet dit eerder mense soos jy wees wat onselfsugtige liefde vir mense het wat die gesondheid stelsels moet ly. Ek en baie Suid-Afrikaners eer jou.

Elmarie ·

Dankie Dr Schoeman! Iemand vir wie die Eed van Hippokrates betekenis het. Jy is ‘n dr uit ‘n duisend, nee, ‘n miljoen! Sterkte mnr Bezuidenhout!

Petrus Stephanus ·

Dit is regtig so lekker om te hoor van dokters wat soveel omgee vir sy medemens welgedaan dokter

Daniël Jacobus ·

Die gevolge van die sepsis sal verminder; onwaarskynlik dat die sepsis totaal sal opklaar voor die metaal verwyder is..
Nietemin welgedaan Adam…. bakgat dat jy die pasient help!

melaney ·

Baie Baie dankie Dr Schoeman. Die Vader bo weet ons het dringend sulke mense soos U nodig. U hart is absoluut op die regte plek. En kyk net hoe goed lyk die pasient nou!!

KB ·

Neem kennis medici…HIERDIE is ‘n dokter, ‘n omgee-mens. Ek het respek vir hierdie dokter.
Ek is bly vir mnr. Bezuidenhout en sy familie!

melW ·

God is groot en leef deur mense soos Dr Schoeman. Soveel genade en hoop. God se seen Dr Schoeman en ons bid dat André ten volle sal genees. Amen

Blomme ·

Wat ń wonderlike mens. Nog van die geroepe Dokters wat daar is vir iemand in nood. Welgedaan Dr Schoeman.

Phixie10 ·

Dankie dr Schoeman. Dit is so lekker om goeie nuus te lees. So sal ons na ons medemens omsien.

Elisabeth ·

Dr Schoeman Dankie dat U God se oproep gehoorsaam het. +.

Mr Bezuidenhout sterkte vir herstel periode.

Yvonne ·

Dankie Dr Schoeman baie dankie vir jou omgee…hoe wonderlik is dit nie om van iets so kosbaar te lees nie…sterkte aan die pasient wat n 2 de kans gekry het

Agge nee ·

Baie dankie dokter, jy is ‘n man onder die manne, dokter onder dokters. Jy verdien ‘n medalje vir hierdie gebaar, ek wens jy was nader, dan sou jy nou ‘n nuwe pasiënt bygekry het.

Theo ·

Baie dankie Dr Schoeman dat jy bereid was om n mens se lewe te red sonder om geld te vra. Ons spreek die Here se seeninge oor jou en jou familie.

Winnie ·

Die mooiste storie in jare om van so engel Dokter te hoor. God sal hom seën in oorvloed en sy mediese praktyk sal so uitbrei met nuwe pasiente. Baie dankie dokter jy is opregte Christen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.