Man gestenig, aan die brand gesteek

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man wat daarvan beskuldig is dat hy geld gesteel het, is deur ʼn woedende skare gestenig en aan die brand gesteek in Phokeng in Noordwes.

Volgens brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het die voorval Saterdag plaasgevind. Die man is op die toneel dood.

Ngubane het gesê die man se beweerde makker kon daarin slaag om van die skare te ontsnap en is met ʼn kopwond na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. “Die oorledene en sy makker was glo deel van ʼn sindikaat wat mense van hul bankkaarte beroof het en dit gekloon het.”

Volgens Ngubane het ʼn groep mense Saterdag ʼn winkel in die gebied geplunder voor hulle die oorledene en sy makker voorgekeer het. Hy het gesê 24 mense is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, die besit van gesteelde goedere en openbare geweld.

Die verdagtes, tussen 23 en 60 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Bafokeng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nina ·

Eers ‘n winkel geplunder (besteel) en toe ander aangeval wat OOK steel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.